Na aanleiding van herhaalde versoeke deur lede dat volumes wat lank reeds uit druk is weer beskikbaar gemaak word, het die VRV in 2006 besluit om sekere uitgesoekte volumes uit die eerste en tweede reekse te laat herdruk

Om die herdrukke van die oorspronlike volumes te onderskei, is die voorkoms van eersgenoemde drasties verander – A5-grootte sagteband met blou omslae. In geen manier is hulle bedoel om te kompeteer met die oorspronklikes. Hul hoofwaarde lê in hul inhoud, wat weer tot baie dekades aan die publiek beskikbaar gestel word. Kopieë kan bestel word van HiPSA. (Aflewering sal dalk nie onmiddellik moontlik wees nie, aangesien die herdruk net tien op ‘n slag gedoen word.)

HERDRUKKE BESKIKBAAR

PRYSE

Die pryse van herdrukte volumes vir lede in Suider-Afrika en lede in die Buiteland verskyn in die tabel hieronder. Posgeld en verpakkingskoste moet bygevoeg word.

Herdruk Kort titel Plaaslike Lid Plaaslike Nie-Lid Buitelandse Lid Buitelandse Nie-Lid
I – Vol 12,15,18, 24 & 25 titel R 235 R 285 R 395 R 515
II – Vol 6 & 7 titel R 235 R 285 R 395 R 515
I – Vol 16 & 17 titel R 215 R 265 R 350 R 460
I – Vol 3,5 & 9 titel R 190 R 230 R 320 R 410
I – Vol 7 & 8 titel R 165 R 200 R 265 R 340
Alle ander Herdrukke titel R 155 R 185 R 260 R 330

Pryse vir boekwinkels is beskikbaar op aanvraag.

 

Versoek asseblief ‘n kwotasie indien u meer as een boek bestel aangesien die posgeld baseer word op die gewig van die pakkie.

Neem asseblief kennis dat die volle bedrag betaalbaar is voordat enige items verskaf word. Besonderhede i.v.m. betaling verskyn onder aan die bestelvorm. Ons sal egter u moet kontak nadat ons die posgeld bereken het.

HOE OM TE BESTEL

Om ‘n publikasie te bestel is die eenvoudigste manier om ‘n e-pos te stuur aan office@hipsa.org.za of skakel ons by (021) 423 8424 en ons sal ‘n kwotasie aan u stuur. Of u kan ons gedurende kantoor ure besoek.

Kantoorure Woensdae en Vrydae 10h00 tot 13h00. Buite kantoorure, los asseblief ‘n telefoonboodskap of, indien baie dringend, bel vir Rolf Proske by (071) 077-1672. Ons kantoor is geleë in die ‘Centre for the Book’, Koningin Victoriastraat, Tuine, Kaapstad.

Indien u dit sou verkies, maak asseblief gebruik van die vorm hieronder en stuur u opmerkings of vrae na die adminstratiewe beampte.I Verskaf asseblief u besonderhede in die toepaslike blokkies en, die belangrikste is u e-pos adres of telefoonnommer sodat ons met u kontak kan maak.

 

BESONDERHEDE VIR BETALING

Betalings moet gemaak word deur elektroniese oordrag (EFT) na ons bankrekening:

Rekening: Historiese Publikasies Suider-Afrika
Bank: Standard Bank van Suid-Afrika
Tak: Thibaultstraat Square, Kaapstad
Takkode: 02 090 9
Rekeningnommer: 07 051 2035
Rekeningtipe: Lopende rekening
SWIFT kode (vir internasionale oordragte): SBZAZAJJ

Oorsese kliënte word versoek om PayPal te gebruik – die e-pos adres om te gebruik is vanriebk@mweb.co.za