Skip to content
  • English
  • Afrikaans
HIPSA Logo
  • Tuis
  • Oor ons
  • Publikasies
    • Alle Publikasies
    • Bestel ‘n Publikasie
    • Bestel ‘n Herdruk
    • Bestel ‘n eBoek
    • Tweedehandse Volumes
    • Indiening van Navorsingsvoorstelle
    • Riglyne vir Redakteurs
  • Nuus
    • Eeufees
    • Onlangse Aktiwiteite
    • Nuusbriewe
    • Jaarverslae
  • Lidmaatskap
    • Word ‘n Lid
    • Lys van Lede
    • Spesiale aanbiedings
    • Grondwet
    • Skakels
  • Kontak Ons

Publications

Publicationsadmin2019-08-20T09:23:10+00:00
  • Pepysian Perceptions of the Cape 1798–1828; Selections from the Western Cape Diaries of Samuel Eusebius Hudson
    Geredigeer deur Edward Hudson
    Volume:
    III - 6 (2024)
    Print Status:
    In Druk - eBoek binnekort beskikbaar
    Samuel Eusebius Hudson : skets deur Lady Anne Barnard in 1797 Hierdie publikasie bevat vir die eerste keer wesenlike uittreksels uit Hudson se uitgebreide dagboeke. Hy was ’n vroeë Britse setlaar van nederige sosiale herkomste, maar was goed opgevoed, en sy Pepysiaanse dagboeke — groot in omvang en ryk aan besonderhede — is waardevol juis omdat dit ongeredigeerd is. Die geskrifte...
    Read More
  • Pepysian Perceptions of the Cape 1798–1828; Selections from the Western Cape Diaries of Samuel Eusebius Hudson
    Edited by Edward Hudson
    Volume:
    III - 6 (2024)
    Print Status:
    In Print and eBook is available
    Samuel Eusebius Hudson : portrait sketched by Lady Anne Barnard in 1797 This is the first time that substantial selections from the voluminous diaries of Samuel Eusebius Hudson (1764–1828) have been published. Written by an early British settler of humble social origin but of uncommon education, they are Pepysian in quantity and quality, rich in perceptions, and the more valuable for...
    Read More
  • F.S. Malan - 'n Oud Joernalis Kyk Terug - A Former Jounalist Looks Back
    Editors: F.A. Mouton and Elizabeth van Heyningen
    Volume:
    III-5 (2023)
    Print Status:
    In Print and eBook available
    Francois Stephanus Malan, editor of Ons Land, leader of the Afrikaner Bond, twice-acting prime minister of South Africa, minister of education, of mines and industry and various other portfolios in the early Union government, is largely forgotten now. Yet he has been described as the last Cape liberal, the man who fought longest in parliament to retain the Cape’s race-free...
    Read More
  • ‘I See You’: The Industrial and Commercial Workers Union of Africa, 1919-1930
    Editors: David Johnson and Henry Dee
    Volume:
    III-4 (2022)
    Print Status:
    In Print and eBook available
    The Industrial and Commercial Workers’ Union of Africa (ICU) and its charismatic leader, Clements Kadalie, dominated the southern African political landscape of the 1920s. The movement demonstrated a wide spectrum of opposition to the established order. From humble beginnings in Cape Town in 1919, the ICU...
    Read More
  • ‘I See You’: The Industrial and Commercial Workers Union of Africa, 1919-1930
    Editors: David Johnson and Henry Dee
    Volume:
    III-4 (2022)
    Print Status:
    In Druk en eBook beskikbaar
    Die Industrial and Commercial Workers’ Union of Africa (ICU) en sy charismatiese leier, Clements Kadalie, het die Suider-Afrikaanse politieke landskap van die 1920’s oorheers. Die beweging het ‘n wye spektrum van opposisie teen die gevestigde orde getoon. Vanaf ‘n nederige begin in Kaapstad in 1919 het die ICU gedurende die daaropvolgende tien jaar ongekende getalle swart werkers gewerf. Die beweging...
    Read More
  • Francois le Vaillant: Travels into the interior of Africa via the Cape of Good Hope. Vol II
    Edited by Edward Hudson
    Volume:
    III-6 (2024)
    Print Status:
    In Druk (eBoek beskikbaar)
    Hierdie bundel van Le Vaillant se 'Travels' gaan voort met die vertelling van sy reis wat in Volume 1 begin is. Dit strek vanaf sy aankoms by Kok se Kraal op die oewer van die Groot Visrivier, waar hy kamp opgeslaan het en van 12 Oktober tot 4 Desember 1782 gebly het. Hierdie verblyf van twee maande was die langste...
    Read More
  • Francois le Vaillant: Travels into the interior of Africa via the Cape of Good Hope. Vol II
    Translated with an Introduction and Notes by D.J. Culpin
    Volume:
    III-3 (2023)
    Print Status:
    In Print (eBook available)
    In 1780 the young Francois Vaillant set out from Holland for the Cape to collect specimens of birds and animals. His account of his travels, which was published widely during the revolutionary period, became an influential piece of writing about South Africa, popular throughout Europe and reflected many Enlightenment attitudes.I t was the first highly critical account of Dutch colonialism...
    Read More
  • Sol T Plaatje - A life in letters
    Edited by Brian Willan and Sabata-mpho Mokae
    Volume:
    III-2 (2020)
    Print Status:
    In Druk (eBoek ook beskikbaar)
    Sol Plaatje (1876-1932) was een van die belangrikste politiese en literêre figure van sy generasie – as joernalis, skrywer en woordvoerder van sy mense wat opkom teen die onderdrukende beleid van die Suid-Afrikaanse regering van die tyd. Hy word ook onthou vir ‘n aantal boeke onder andere, Native Life in South Africa (1916).
    Read More
  • Indoda Ebisithanda ("The Man Who Loved Us") - The Reverend James Laing among the amaXhosa, 1831-1836
    Edited by Sandra Rowoldt Shell
    Volume:
    III-1 (2019)
    Print Status:
    In Druk (eBoek beskikbaar)
    The Reverend James Laing was one of the earliest missionaries of the Glasgow Missionary Society to arrive on the eastern frontier of South Africa in 1831. Like many other missionaries, he kept a daily journal until his death in 1872. This volume consists of the first six years of his journal, a tumultuous period on the Eastern Cape frontier. Laing...
    Read More
  • Vol II-50
    In a Time of Plague. Memories of the 'Spanish' Flu Epidemic of 1918 In South Africa
    Collected and Edited by Howard Phillips
    Volume:
    II-50 (2018)
    Print Status:
    In Druk
    The so-called 'Spanish' influenza epidemic of 1918 (tellingly dubbed 'Black October' by contemporaries in South Africa) was the worst disease episode ever to hit the country. Part of a global pandemic which killed about 3% of the world's inhabitants in little over a year, in hard-hit South Africa it claimed some 350,000 lives (or 5% of the population) in six...
    Read More
  • Hendrik Swellengrebel in Afrika: Journalen van Drie Reizen in 1776-1777
    Onder redaksie van Gerrit Schutte
    Volume:
    II-49 (2018)
    Print Status:
    In Druk (eBoek beskikbaar)
    In het laatste kwart van de Achttiende eeuw verkenden verscheidene reizigers het binnenland van zuideljjk Afrika en zij schreven over de mensen daar en het beleid van de VOC. Hendrik Swellengrebel Jr, zoon van een voormalige Gouverneur, die in studeerde en leefde in Nederland, bezocht in 1776-1777 verschillende delen van de Kaapkolonie en het land van de Xhosa. Zijn reisverslagen...
    Read More
  • Seleksies van die Briewe van President M. T. Steyn, 1904-1910
    Geredigeer deur Con de Wet, Elizabeth van Heyningen, Chris van der Merwe
    Volume:
    II-48 (2017)
    Print Status:
    In Druk (eBoek beskikbaar)
    President M.T. Steyn is een van die groot helde van die geskiedenis van die Afrikaner. Hy was 'n leier in die guerrilla-oorlog van 1899-1902 teen Brittanje en was heftig teen oorgawe gekant. ln 1902 is hy deur 'n neuromuskulêre siekte getref, waardeur hy nie aan die onderhandelinge wat die oorlog beëindig het, kon deelneem nie. In 1902 het hy na...
    Read More
  • From Cattle-herding to Editor’s Chair: The Unfinished Autobiography of Richard Victor Selope Thema
    Geredigeer en ingelei deur Alan Cobley
    Volume:
    II-47 (2016)
    Print Status:
    In Druk
    Richard Victor Selope Thema (1886-1955) was een van die invloedrykste swart mense in Suid-Afrika in die twintigste eeu – en tog is hy vandag grootliks vergete. Die geredigeerde en geannoteerde uitgawe van sy ongepubliseerde outobiografie en van ander geselekteerde geskrifte bevestig sy plek in die panteon van helde in die swart vryheidstryd in Suid-Afrika. Hy was vanaf 1912 vir byna...
    Read More
  • 'An Entirely Different World': Russian Visitors to the Cape 1797-1870
    Geredigeer deur Boris Gorelik
    Volume:
    II-46 (2015)
    Print Status:
    In Druk (eBoek beskikbaar)
    Gedurende die tydperk wat ter sprake is, het Rusland geen kulturele, politieke of ekonomiese bande met Suid-Afrika gehad nie. Die Russe het die Kaap bloot beskou as ʼn gerieflike plek om oor te bly op pad na die Verre Ooste, na die verre domeine van hul vaderland wat nie langs ʼn ander weg per see bereik kon word nie. Die...
    Read More
  • The World's Great Question. Olive Schreiner's South African Letters 1889-1920
    Geredigeer deur Liz Stanley en Andrea Salter
    Volume:
    II-45 (2014)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie volume bevat meer as 300 van Olive Schreiner se belangrikste briewe oor Suid-Afrikaanse mense, politiek en rasseverhoudinge. Hulle is dikwels profeties en kan nog steeds koue rillings by jou ruggraat laat afgaan. Uiters leesbaar en insigryk, openbaar haar briewe onderandere haar belangrikheid as een van die wêreld se beroemdste vroue, iemand van fundamentele belang in die Suid-Afrikaanse letterkunde en...
    Read More
  • Into the hitherto Unknown. Ensign Beutler's Expedition to the Eastern Cape, 1752
    Vertaal deur Thea Toussaint van Hove en Michael Wilson. Redigering en voorwoord deur Hazel Crampton, Jeff Peires en Carl Vernon.
    Volume:
    II-44 (2013)
    Print Status:
    In Druk
    Teen 1752 het die Nederlandse kolonie aan die Kaap nie verder as Mosselbaai gestrek nie. Die Beutler-ekspedisie beplan en toegerus is deur goewerneur Rijk Tulbagh en het opdrag gekry om ‘n deeglike kennis op te doen van die onbekende binneland. Die leser word nie alleen ingelig oor die flora en fauna van die gebied nie, maar ook oor die mense...
    Read More
  • A B Xuma. Autobiography and Selected Works
    Geredigeer deur Peter Limb
    Volume:
    II-43 (2012)
    Print Status:
    Uit Druk (eBoek beskikbaar)
    Xuma is veral bekend as die president wat die ANC in die 1940’s laat herleef het en wat uit die pos gewerk is deur die organisasie se Jeugliga. Minder bekend is sy invloedryke openbare loopbaan as mediese dokter en sosiale hervormer, of sy prikkelende gedagtes geformuleer in drie dekades van toesprake en geskrifte, waarin hy konsekwent kritiek gelewer het op...
    Read More
  • The South African Letters of Thomas Pringle
    Redigering en voorwoord deur Randolph Vigne
    Volume:
    II-42 (2011)
    Print Status:
    In Druk
    Thomas Pringle (1789–1834) word in hierdie land onthou as die ‘vader van die Engelse poësie’, as leier van die enigste Skotse Setlaarsparty in 1820, en as ‘n kampvergter vir die vryheid van die pers. In Kaapstad was hy onder andere, saam met sy vriend John Fairbairn, redakteur van die Kaap se eerste onafhanklike nuusblad, en het ‘n suksesvolle ‘klassieke...
    Read More
  • Friendship and Union. The South African Letters of Patrick Duncan and Maud Selborne 1907–1943
    Onder Redaksie van, en Inleiding deur Deborah Lavin
    Volume:
    II-41 (2010)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie volume, wat ‘n eeu na Uniewording in 1910 verskyn, vertel die verhaal van die eerste paar dekades van die nuwe staat. Die verhaal ontvou deur briewe wat weekliks uitgeruil word deur twee belangstellende kommentators: Patrick Duncan, gebore in Skotland, oorspronklik ‘n lid van Milner se ‘Kindergarten’ van jong Britse staatsamptenare wat ‘n gerespekteerde politikus in die nuwe Unie geword...
    Read More
  • Alan Paton Selected Letters
    Geredigeer en met 'n Inleiding deur Peter Alexander
    Volume:
    II-40 (2009)
    Print Status:
    In Druk
    Alan Paton was 'n geesdriftige briefskrywer wie se briewe byna soos 'n reeks vurige gesprekke is. Die briewe laat blyk sy talent vir vriendskap, sy lewendige persoonlikheid en sy prinsipiële betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse samelewing. Hierdie versameling van 350 briewe wat nie voorheen gepubliseer is nie, maak 'n belangrike deel van sy geskrifte uit.
    Read More
  • Isaac Williams Wauchope: Selected Writings 1874-1916
    Redigering en vertaling deur Jeff Opland en Abner Nyamende met inleiding en notas deur Jeff Opland
    Volume:
    II-39 (2008)
    Print Status:
    In Druk
    Isaac Williams Wauchope (1852-1917) was in die laat-19e en vroeg-20ste eeu 'n prominente lid van die Afrika-elite in die Ooskaap. Hy was predikant, politieke aktivis, historikus, digter en uiteindelik, die legendariese held in die Mendi-skeepsramp. Hierdie volume bevat, in Engels en in Xhosa, 'n keuse uit sy geskrifte wat 'n beeld gee van Wauchope se betekenisvolle en stormagtige lewe.
    Read More
  • Francois le Vaillant: Travels into the interior of Africa via the Cape of Good Hope. Vol I
    Redigering en vertaling deur Ian Glenn in samewerking met Catherine Lauga du Plessis en Ian Farlam
    Volume:
    II-38 (2007)
    Print Status:
    In Druk
    In 1780 het ‘n toe nog jong Francois Vaillant uit Nederland na die Kaap vertrek om voorbeelde van voëls en diere te versamel. Sy verslag oor sy reis is wyd gepubliseer en dit het ‘n invloedryke en gewilde publikasie oor Suid-Afrika dwarsdeur Europa geword. Dit het baie standpunte van die ‘Era van Verligting’ weerspieël en was die eerste verslag met...
    Read More
  • Words of Batswana: Letters to Mahoko a Becwana, 1883-1896
    Vertaal en geredigeer deur Part T. Mgadla en Stephen C. Volz
    Volume:
    II-37 (2006)
    Print Status:
    In Druk
    Words of Batswana bevat ‘n versameling briewe wat Batswana aan Mahoko a Becwana (News/Words of Batswana), ‘n Setswana-talige koerant wat tussen 1883 en 1896 deur sendelinge van die Londense Sendinggenootskap te Kuruman uitgegee is, geskryf het. Die meeste van die brief-skrywers was lidmate van gemeentes in die huidige provinsies Noord-Kaap en Noordwes.
    Read More
  • Trials of Slavery. Selected Documents Concerning Slaves from the Criminal Records of the Council of Justice at the Cape of Good Hope, 1705-1794
    Geredigeer deur Nigel Worden and Gerald Groenewald
    Volume:
    II-36 (2005)
    Print Status:
    In Druk (eBoek beskikbaar)
    Trials of Slavery is ‘n versameling van 87 hofrekords uit die 18de eeu waarin slawe betrokke was. Die dokumente kom uit die argief van die Raad van Justisie aan die Kaap tydens die bewind van die VOC. Hierdie hofrekords bied ‘n blik op slawe as mense van vlees en bloed in stede van ‘n gesiglose en stom massa wat net...
    Read More
  • Moravians in the Eastern Cape 1828-1928
    Uit Duits vertaal deur F.R. Baudert en geredigeer deur T. Keegan
    Volume:
    II-35 (2004)
    Print Status:
    In Druk
    Die vier tekste wat in hierdie publikasie opgeneem is, handel oor die minder bekende sendingwerk van die Morawiese Sendinggenootskap in die Oos-Kaap sedert die aanvang daarvan in 1828 tot 1928.
    Read More
  • Hendrik Cloete, Groot Constantia en die VOC, 1788-1799
    Dokumente uit die Swellengrebel-Argief, geredigeer en ingelei deur G J Schutte. Engelse vertaling deur N O van Gylswyk en D.Sleigh. (2003)
    Volume:
    II-34 (2003)
    Print Status:
    In Druk
    Hendrik Cloete, die eienaar van Groot Constantia sedert 1778, het die herehuis vergroot en die beroemde Constantiawyn verbeter en bemark. Hierdie volume, wat die korrespondensie tussen Cloete en Hendrik Swellengrebel jr. bevat, handel oor Cloete se pogings om ‘n vergunning van die Vereenigde Oostindische Compagnie te verkry om sy wyn vryelik te verhandel en bemark.
    Read More
  • Sir Graham Bower's Secret History of the Jameson Raid and the South African Crisis, 1895-1902
    Geredigeer deur Deryck Schreuder en Jeffrey Butler.
    Volume:
    II-33 (2002)
    Print Status:
    In Druk
    Graham Bower se Secret History gee verslag van sy insig tot die binnewerking van die Jameson-inval skandaal. Rhodes het sy plan om die Rhodesiese magte in die Transvaal in te stuur in vertroulikheid aan Bower vertel. Hoewel hy die sekretaris van die Britse Hoë Kommissaris was, het Bower gekies om stil te bly en die rol van sondebok te aanvaar.
    Read More
  • The war diary of Burgher Jack Lane 16 November 1899 to 27 February 1900
    Geredigeer deur William Lane
    Volume:
    II-32 (2001)
    Print Status:
    In Druk
    John (Jack) Moody Lane, gebore in Ulster, het sy fortuin in die Suid-Afrikaanse Republiek gaan soek, waar hy 'n winkelier in die dorpie Hartbeesfontein in die Wes-Transvaal geword het. Alhoewel hy burgerskap van die Republiek aanvaar het, het hy lojaal aan die Britse saak gebly, en hy was teensinnig om die wapen teen sy vaderland op te neem toe hy...
    Read More
  • A Canadian mounted rifleman at war, 189-1902. The reminiscences of A.E. Hilder
    Geredigeer met verklarings deur A.G. Morris
    Volume:
    II-31 (2000)
    Print Status:
    In Druk
    Met die uitbreek van die Suid Afrikaanse Oorlog het Albert Hilder hom vrywillig in Kanada vir diens aangemeld. Sy beskrywings is een van die min verslae oor Kanadese betrokkenheid in die oorlog, soos gesien vanuit die perspektief van berede infanterie. Geen ander beskrywings oor hierdie eenhede bestaan nie, ten spyte van die feit dat meer as 50% van alle Kanadese...
    Read More
  • The Cape Diaries of Lady Anne Barnard 1799-1800; Vol. II
    onder redaksie van Margaret Lenta en Basil le Cordeur.
    Volume:
    II-30 (1999)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie tweede volume van die Cape diaries handel oor die jaar 1800 en is 'n voortsetting van Lady Anne se ryk en vermaaklike verslag oor die lewe aan die Kaap in die eerste jare van die Britse bewind. Wat die politiek betref, ontbloot die dagboeke die konflikte tussen senior amptenare, nie net in die burgerlike administrasie nie, maar ook tussen...
    Read More
  • The Cape Diaries of Lady Anne Barnard 1799-1800; Vol. I
    Onder redaksie van Margaret Lenta en Basil le Cordeur.
    Volume:
    II-29 (1998)
    Print Status:
    In Druk
    Die Cape Diaries is die private en ongewysigde verslae waarop Lady Anne haar Joernale gebaseer het. Gevolglik bring hulle Lady Anne Anne se ongesensureerde beskouings oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, polities en sosiaal, tot uiting. Die dagboeke is nie alleen insiggewend nie maar ook vermaaklik as gevolg van haar briljante stilistiese vermoëns en haar klaarblyklike genot by die skryf...
    Read More
  • The Journal of Gustav de Vylder, naturalist in South-Western Africa 1873-1875
    Vertaal uit die oorspronklike Sweeds en geredigeer deur Ione & Jalmar Rudner
    Volume:
    II-28 (1997)
    Print Status:
    In Druk
    Gustav de Vylder,'n Sweedse natuurkundige, het van 1873 tot 1875 deur Namibië gereis en insekte en ander natuur-historiese objekte vir instellings in sy vaderland versamel. Hy het sy reise 'n paar jaar voor die Duitse besetting onderneem, in 'n tyd toe Europese invloed nouliks merkbaar was. De Vylder se joernaal is die verslag van 'n avontuurlike reis, van persoonlike ontmoetings...
    Read More
  • Norwegian missionaries in Natal and Zululand: selected correspondence (1844-1900)
    Geredigeer deur Frederick Hale
    Volume:
    II-27 (1996)
    Print Status:
    In Druk
    Die Noorweegse Sendinggenootskap het hul eerste permanente sendingstasies noord van die Tugela in die 1840s gestig. Die Zoeloe Lutherse Kerk, wat ontstaan het uit bekerings in die 1860s, het in werklikheid eers na die verowering van Zoeloeland in 1879 ontwikkel. Die Noorweegse sendelinge was strategies geplaas om veranderinge in die Zoeloe kultuur en beskawing waar te neem, en hul briewe...
    Read More
  • The war memoirs of Commandant Ludwig Krause 1899-1900
    Onder Redaksie van Jerold Taitz met Ken Gillings en Arthur Davey
    Volume:
    II-26 (1995)
    Print Status:
    In Print
    In 1899 het Ludwig Krause sy regspraktyk in die Transvaal laat vaar om aan die kant van die Boere te gaan veg. Die memoirs van Krause word gekenmerk deur 'n helder styl en 'n beskrywende krag en die waarde daarvan word verhoog deur die skerp uitgesproke menings, nie alleen teen die Britse vyand nie, maar ook teen sommige van Kruger...
    Read More
  • Griqua Records, the Philippolis Captaincy, 1825-1861
    Oorspronklike Teks met 'n Engelse vertaling - Saamgestel, vertaal en geredigeer deur Karel Schoeman
    Volume:
    II-25 (1994)
    Print Status:
    In Druk
    Vroeg in die 19e eeu was daar vier klein, semi-onafhanklike Griekwa-staatjies in die Trans-Oranje, elk geregeer deur sy eie 'Kaptyn'. Hierdie volume bevat 'n versameling van amptelike en semi-amptelike dokumente rakende die Griekwa Kapteinskap in Philippolis van 1826 tot 1861, waarna dit oorgedra is na Griekwaland-Oos. Die dokumente gee 'n omvattende beeld van 'n swak-gedokumenteerde aspek van die geskiedenis van...
    Read More
  • The Cape Journals of Lady Anne Barnard 1797-1798
    Onder redaksie van A.M. Lewin Robinson met ondersteuning van Margaret Lenta en Dorothy Driver
    Volume:
    II-24 (1993)
    Print Status:
    Uit Druk
    Die joernale van Lady Anne is 'n hersiene weergawe van haar oorspronklike dagboeke, saamgestel vir die aandag van naby familie en vriende. Die bedoeling was nooit dat dit gepubliseer moet word nie. Nogtans is dit van onskatbare waarde vir die lig wat gewerp word op 'the interesting domestic particulars of life in Cape Town', sake wat deur manlike skrywers geïgnoreer...
    Read More
  • Johan August Wahlberg: Travel Journals and from letters, South Africa, Namibia and Botswana, 1838-1856
    Geredigeer met inleiding deur Chris Hummel en Adrian Craig
    Volume:
    II-23 (1992)
    Print Status:
    In Druk
    Johan August Wahlberg (1810-1856), 'n Sweedse natuurkundige, het voor die middel van die 19e eeu deur groot dele van suidelike Afrika gereis, onder andere Natal en Namibië, om plante en diere te versamel en na Stockholm te neem. Sy reisjoernale is oor die algemeen bondig, maar sy weergawe van die mense wat hy ontmoet het, is meestal betroubaar en onbevooroordeeld.
    Read More
  • Guillaume Chenu de Chalezac, the 'French Boy'
    Geredigeer deur Randolph Vigne
    Volume:
    II-22 (1991)
    Print Status:
    In Druk
    Die 15-jarige 'Franse seun' was in 1687 op 'n skip wat aan die Ciskeise kus gestrand het, en het 'n jaar lank by 'n Xhosa-opperhoof ingewoon. Die wêreld van die Hugenote diaspora, die bloeiende handel op die Indiese Oseaan, die Kaap se sleutelposisie in die stryd om mag, en die ontluikende belangstelling van Nederland in 'Terra de Natal' vorm die...
    Read More
  • The Commissions of W.C. Palgrave Special Emissary to South West Africa, 1876-1885
    Redigering en voorwoord deur E.L.P. Stals.
    Volume:
    II-21 (1990)
    Print Status:
    In Druk
    William Coates Palgrave (1833-1897) was vir 25 jaar aktief betrokke in Suidwes-Afrika (Namibië) en onderneem 5 opeenvolgende kommissies as Spesiale Kommissaris vir Hereroland en Namaland namens die Kaapse regering na hierdie land. Hierdie volume weerspieël lewe in 'n land wat op die randjie van kolonisasie was deur die offisiële joernale, notules en verslae wat tydens die kommissies opgestel is.
    Read More
  • The Last Voyage of the Guardian, Lieutenant Riou Commander, 1789-1791
    Geredigeer met 'n voorwoord deur M.D. Nash
    Volume:
    II-20 (1989)
    Print Status:
    In Druk
    Die reis van HMS Guardian is uniek in die geskiedenis van die seevaart. Die skip verlaat Engeland in Sept 1789 oppad na die nuwe kolonie van Nieu-Suid-Wallis en tref 'n ysberg wat 'n groot gedeelte van die kiel wegskeur. Helfte van die bemanning vlug in reddingsbote waarvan slegs een persoon die Kaap bereik. Teen alle verwagting vaar die beskadigde Guardian...
    Read More
  • The Frontier War Journal of Major John Crealock 1878
    Geredigeer met 'n inleiding deur Chris Hummel
    Volume:
    II-19 (1988)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie volume gee 'n gedetailleerde verslag deur Majoor John North Crealock (1837-1895) van die oorlogvoering teen die Xhosas in die laaste fase van die grensoorlog van 1877-8. Crealock was eiewys en onbekwaam, maar sy joernaal gee tog 'n sobere weergawe van die militêre situasie.
    Read More
  • Breaker Morant and the Bushveldt Carbineers
    Edited, with commentary, by Arthur Davey
    Volume:
    II-18 (1987)
    Print Status:
    Out of print
    Drawing on a wide selection of sources, this volume seeks to investigate the controversies surrounding the execution of 'Breaker' Morant and his two Australian compatriots. It explores not only the murders associated with Morant, but looks at the context in which the Bushveldt Carbineers were recruited and operated. It remains one of the most scholarly works on the subject.
    Read More
  • Carl Peter Thunberg. Travels at the Cape of Good Hope 1772-1775
    Geredigeer deur Emeritus Prof. V.S. Forbes en vertaal uit Sweeds deur J and I Rudner
    Volume:
    II-17 (1986)
    Print Status:
    In Druk
    Carl Peter Thunberg, 'n Sweed en dissipel van die beroemde botanikus, Linnaeus, was die eerste gegradueerde wat uitgebreid in die Kaapse binneland gereis het. Hy het drie joernale geskryf - oor sy twee reise na die Oos-Kaap tot by die Sondagsrivier en sy reis na die Roggeveld.
    Read More
  • Simmer and Jack
    Johannesburg Pioneer Journals 1888-1909
    Onder redaksie van Maryna Fraser
    Volume:
    II-16 (1985)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie volume, geproduseer om die honderdjarige bestaan van Johannesburg te gedenk, handel oor die sosiale geskiedenis van die myndorp in sy pioniersdae.
    Read More
  • The Garrett Papers
    Geredigeer met Inleiding deur Gerald Shaw
    Volume:
    II-15 (1984)
    Print Status:
    In Druk
    Edmund Garrett (1865-1907) was redakteur van die Cape Times tussen 1895 en 1899 - die kritieke jare van die Jameson-inval tot by die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Hy was 'n vurige imperialis en het hegte vriendskappe gesluit met Sir Alfred Milner, Goewerneur van die Kaap. Sy briewe aan sy neefs en niggies in Engeland gee 'n intieme en lewendige beeld...
    Read More
  • The Letters of Jane Elizabeth Waterston 1866-1905
    Geredigeer deur Lucy Bean en Elizabeth B. van Heyningen met 'n inleiding deur Elizabeth B. van Heyningen
    Volume:
    II-14 (1983)
    Print Status:
    In Druk
    Jane Waterston (1843-1932) het die sendeling, dr James Stewart, na die Oos-Kaap vergesel toe hy prinsipaal by die Lovedale-Inrigting geword het. Daar het sy 'n inrigting vir meisies begin, maar haar eintlike begeerte was om as dokter onder vroue in die binneland van Afrika te werk.
    Read More
  • Briefwisseling van Hendrik Swellengrebel Jr. oor Kaapse Sake 1779-1792
    Uitgegee met inleiding en aantekeninge deur dr. G.J. Schutte. With an English summary by Dr A.J. Böeseken assisted by Prof. H.M. Robertson
    Volume:
    II-13 (1982)
    Print Status:
    In Druk
    Hendrik Swellengrebel Jr (1734-1803) was die seun van Hendrik Swellengrebel wat 'n paar jaar goewerneur aan die Kaap was en nog 'n aansienlike hoeveelheid eiendomme daar besit het. Die jonger Swellengrebel het 'n gemaklike lewe in Nederland gelei, maar het die Kaap in 1776-7 besoek en daarna 'n belangstelling in Kaapse aangeleenthede behou. Hy het betrokke geraak by die rebelse...
    Read More
  • Selections from the correspondence of Percy Alport Molteno 1892-1914
    Geredigeer deur Vivian Solomon
    Volume:
    II-12 (1981)
    Print Status:
    In Druk
    Percy Molteno (1861-1937) was 'n seun van sir John Molteno, eerste premier van die Kaapkolonie. Hy is opgelei as advokaat en trou met die dogter van sir Donald Currie, die skeepsmagnaat, en gaan werk vir sy skoonpa in Engeland. Hy bly hartstogtelik geïnteresseerd in die politieke lewe van die kolonie en voer 'n omvattende briefwisseling met verskeie vooraanstaande politici en...
    Read More
  • Edward Ross: Diary of the siege of Mafeking, October 1899 to May 1900
    Geredigeer deur Brian P. Willan
    Volume:
    II-11 (1980)
    Print Status:
    Uit Druk
    Edward Ross, Mafeking's auctioneer, is best-known for his role in the production of banknotes during the siege. His diary is amongst the finest of the many accounts of the siege, recording the activities of Mafeking's residents as well as the military aspects of the siege.
    Read More
  • William Somerville's narrative of his journeys to the Eastern Cape frontier and to Lattakoe 1799-1802
    Introduction and notes by Edna and Frank Bradlow
    Volume:
    II-10 (1979)
    Print Status:
    Out of print
    William Somerville, an Edinburgh doctor, accompanied the invading forces of Major-General Craig when the British took the Cape in 1795. He remained at the Cape for some years, accompanying Major-General Dundas to the eastern districts during the height of conflict on the frontier. Subsequently he accompanied an expedition to the Orange River. On both occasions he recorded the cultures...
    Read More
  • Selected Articles from the Cape Monthly Magazine (New Series 1870-76)
    Inleiding en notas deur A.M. Lewin Robinson
    Volume:
    II-9 (1978)
    Print Status:
    In Druk
    Die "Cape Monthly Magazine" was die bekendste van die 19e-eeuse Kaapse tydskrifte. Met Professor Roderick Noble van die South African College en Alfred Whaley Cole as redakteurs, het dit bydraes van leidende Kaapse intellektuele ontvang. Hierdie keuse uit die bydraes handel oor reise en historiese herinneringe, en sluit artikels in deur dr W.G. Atherstone, Charles Brownlee en Robert Godlonton.
    Read More
  • Lawrence Richardson. Selected correspondence (1902-1903)
    Onder redaksie van Prof. Arthur M. Davey
    Volume:
    II-8 (1977)
    Print Status:
    In Druk
    Lawrence Richardson (c.1869-1953), 'n lid van die "Society of Friends" (Kwakers), was lid van twee humanitêre feitesendings na Suid-Afrika na afloop van die Anglo-Boereoorlog (SA Oorlog). Sy noukeurige dagboeke gee sy onderhoude in detail en bied 'n insigryke beeld van 'n samelewing deur die oorlog verwoes.
    Read More
  • Anders Sparrman. Travels in the Cape 1772-1776: Vol. II
    Geredigeer en ingelei deur Prof. Vernon S. Forbes. Vertaal uit die Sweeds deur J. en I. Rudner.
    Volume:
    II-7 (1976)
    Print Status:
    Uit Druk (Sageband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Hierdie tweede volume van Sparrman se reise doen verslag van sy besoek aan die Oos-Kaap, insluitende 'n verblyf by Agter Bruintjies Hoogte. Dit bevat kommentaar oor die gebruike van die Khoi van die oostelike distrikte en oor plaaslike flora en fauna.
    Read More
  • Anders Sparrman. Travels in the Cape 1772-1776; Vol. I
    Geredigeer en ingelei deur Prof. Vernon S. Forbes. Vertaal uit die Sweeds deur J. en I. Rudner.
    Volume:
    II-6 (1975)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Anders Sparrman (1748-1820), 'n jong Sweedse dokter, is van belang vir sy reise na dele van die Kaap wat min mense destyds geken het. Hierdie eerste volume handel oor sy reis verby Mosselbaai en deur die Langkloof.
    Read More
  • David Livingstone South African Papers (1849-1853)
    Geredigeer deur I. Schapera
    Volume:
    II-5 (1974)
    Print Status:
    Uit Druk
    Hierdie volume van Livingstone se geskrifte, geskryf voor sy reise, handel hoofsaaklik oor Suid-Afrikaanse sendeling-kwessies en rasse-aangeleenthede; dit bevat ook kommentaar oor handelaars. Sy bittere vooroordeel teenoor die Boere word geopenbaar, en ook sy botsings met ander sendelinge; nogtans is sy insigte in plaaslike samelewings insiggewend.
    Read More
  • Beschryvinge van Kaap der Goede Hoope, met de zaaken daar toe behoorende, door François Valentyn, 1726. Dl. II.
    Edited by Dr. E. H. Raidt with English Translation by Maj. R. Raven-Hart
    Volume:
    II-4 (1973)
    Print Status:
    Out of print
    This second part of Valentyn's travels continues with the account of his visit in 1702 and a later visit of 1714. It includes a lengthy account of the customs of the Khoi and their language, the fauna to be encountered and the early history of the settlement.
    Read More
  • Sir James Rose Innes: Selected Correspondence (1884-1902)
    Geredigeer deur Prof. Harrison M. Wright
    Volume:
    II-3 (1972)
    Print Status:
    Uit Druk
    Sir James Rose Innes (1855-1942) was een van Suid-Afrika se leidende juriste. Hierdie volume handel oor Rose Innes se politieke loopbaan, aanvanklik as 'n lid van Cecil John Rhodes se eerste ministerie in 1890-1893. Die politieke verdelings deur die Jameson-inval meegebring het Rose Innes teensinnig in die kamp van die lojaliste gebring.
    Read More
  • Beschryvinge van Kaap der Goede Hoope, met de zaaken daar toe behoorende, door François Valentyn, 1726. Dl. I.
    Uitgegee en toegelig deur Prof. P. Serton, Dr. W.J. de Kock, Maj. R. Raven-Hart. Onder eindredaksie van Dr. E.H. Raidt. Inleiding deur Prof. P. Serton. Engelse vertaling deur Maj. R. Raven-Hart .
    Volume:
    II-2 (1971)
    Print Status:
    Uit Druk
    François Valentyn (1666-1727) is as 'n jong predikant na Nederlands-Oos-Indië gestuur. Hy het baie belang gestel in die natuurlewe wat hy in die Molukke en aan die Kaap waargeneem het. Oor 'n tydperk van byna 30 jaar het Valentyn die Kaap verskeie male besoek en die veranderinge opgemerk wat in hierdie tydperk in die jong kolonie plaasgevind het. Hy was...
    Read More
  • Dagboek van Adam Tas, 1705-1706
    Uitgegee deur Leo Fouché en hersien deur A.J. Böeseken met bykomende voetnote deur prof. A.M. Hugo. English translation by Dr J. Smuts
    Volume:
    II-1 (1970)
    Print Status:
    Uit Druk
    Adam Tas (1668-1722) was 'n vroeë Nederlandse vryburger wat in die distrik Stellenbosch geboer het. Hy is veral bekend vir sy rol in die protes van die vryburgers teen goewerneur Willem Adriaan van der Stel oor die korrupsie van VOC-amptenare en die misbruik van handelsmonopolieë. Hierdie dagboek, die werk van 'n innemende en joviale man, beskryf die gemaklike lewe van...
    Read More
  • Selections from the Correspondence of J.X. Merriman Vol IV, 1905-1924
    Onder redaksie van Phyllis Lewsen
    Volume:
    I-50 (1969)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie laaste volume van Merriman se korrespondensie handel oor Uniewording, insluitend sy sienings oor die maak van die grondwet, en sy tydperk as premier van die Kaapkolonie. Merriman het na Uniewording in die Kaapse parlement aangebly en het 'n rol gespeel in gebeure voor en net na die Eerste Wêreldoorlog.
    Read More
  • Travels and Adventures in Southern Africa by George Thompson, 1823-24; Vol. II
    Geredigeer deur Vernon S. Forbes
    Volume:
    I-49 (1968)
    Print Status:
    In Print
    Hierdie tweede volume deur Thompson dek 'n reis na die woongebiede van die Boesmans, die Korannas en die Namakwas, in die Roggeveld en Namakwaland. Die deel sluit af met 'observations on the present condition of the Dutch and English inhabitants' en 'n bespreking van die ekonomiese potensiaal van die Kaapkolonie.
    Read More
  • Travels and Adventures in South Africa by George Thompson, 1823-24; Vol. I
    Geredigeer deur Vernon S. Forbes
    Volume:
    I-48 (1967)
    Print Status:
    Uit Druk
    George Thompson het in 1818 in die Kaap aangekom en het 'n suksesvolle handelaar geword. Hy het met 'n Nederlandse vrou getrou en het vroeg in die 19e eeu wyd in suidelike Afrika gereis. Baie van sy reise was om sy sakebelange onder die 1820-setlaars in die Ooskaap uit te brei. Hy het ook tot by Kuruman gereis en vandaar...
    Read More
  • Selections from the Correspondence of J.X. Merriman, Vol III (1899-1904)
    Edited by Phyllis Lewsen
    Volume:
    I-47 (1966)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie derde volume van Selections from the Correspondence of J.X. Merriman dek die Anglo-Boereoorlog, insluitend Merriman se deelname aan die pro-Boer Schreiner-ministerie, en 'n tydperk as lid van die opposisie. In hierdie tyd het hy geveg teen die opheffing van die Kaapse grondwet en vir 'n regverdige bedeling vir die Kaapse rebelle. Die volume sluit af met sy deelname aan...
    Read More
  • Reize in de Binnen-Landen van Zuid-Africa. Gedaan in den Jaare 1803 door W.B.E. Paravicini di Capelli, Kapitein Aide de Camp, by den Gouverneur van de Caap de Goede Hoop
    Uitgegee en toegelig met inleiding, voetnote, sketskaarte en verkorte weergawe in Engels deur W.J. de Kock
    Volume:
    I-46 (1965)
    Print Status:
    Uit Druk
    Paravicini di Capelli was 'n artillerie-kaptein tydens die bewind van die Bataafse Republiek en 'n aide-de-camp van die Kaapse goewerneur, Generaal Jan Willem Janssens. Hy het met die goewerneur na die binneland gereis en 'n amptelike sowel as 'n private joernaal gehou.
    Read More
  • Journal of Residence in Africa, 1842-1853, by Thomas Baines: Vol. II
    Onder redaksie van R.F. Kennedy
    Volume:
    I-45 (1964)
    Print Status:
    Uit Druk
    Vol. II handel oor die Vaalrivier-ekspedisie van 1850, toe Baines deur die Oranje-Vrystaat gereis het en in die Transvaal tot by Potchefstroom. Dit sluit af met die 8ste Grensoorlog van 1850 tot 1851.
    Read More
  • Selections from the Correspondence of J.X. Merriman Vol II, 1890-1898
    Geredigeer deur Phyllis Lewsen
    Volume:
    I-44 (1963)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie tweede volume van Selections from the Correspondence of J.X. Merriman dek Rhodes se eerste premierskap, met Merriman as Koloniale Tesourier; die periode voor die Anglo-Boereoorlog, insluitende die Jameson-inval; en Merriman se breuk met Rhodes. Dit was tydens hierdie periode dat Merriman pro-Boer geword en 'n alliansie met die Afrikaner-Bond gesluit het.
    Read More
  • The Reminiscences of Sir Walter Stanford; Vol. II
    Onder redaksie van J.W. Macquarrie.
    Volume:
    I-43 (1962)
    Print Status:
    In Druk
    Stanford se tweede volume handel oor sy lewe as hoofmagistraat in Pondoland tot met anneksasie; die impak van die Anglo-Boereoorlog; die stigting van Ndabeni, Kaapstad se eerste lokasie; en die Naturellesake-Kommissie van 1904.
    Read More
  • Journal of Residence in Africa, 1842-1853, by Thomas Baines: Vol. I
    Geredigeer deur R.F. Kennedy
    Volume:
    I-42 (1961)
    Print Status:
    Uit Druk
    Thomas Baines was een van Suid-Afrika se merkwaardigste kunstenaars, wat baie historiese gebeurtenisse noukeuring weergegee het met die kwas sowel as met die pen. Hierdie volume handel oor 'n hele aantal van sy reise in die Ooskaap, met die Liddle-ekspedisie en ook op sy eie.
    Read More
  • Selections from the Correspondence of J.X. Merriman Vol I, 1870-1890
    Geredigeer deur Phyllis Lewsen
    Volume:
    I-41 (1960)
    Print Status:
    In Druk
    John X. Merriman, die seun van Aartsdeken Merriman, was een van die briljantste politici aan die Kaap. Sy lang politieke loopbaan het die belangrikste politieke gebeurtenisse van die laat-19e eeu en vroeë 20ste eeu oorspan, en het gekulmineer in sy premierskap net voor die totstandkoming van die Unie in 1910. Polities was Merriman liberaal; hy het nou saamgewerk met Rhodes...
    Read More
  • The Journal of Joseph Tindall, missionary in South-West Africa, 1839-55
    Geredigeer deur B.A. Tindall
    Volume:
    I-40 (1959)
    Print Status:
    In Druk
    Joseph Tindall, 'n Wesleyaanse sendeling, het in Suidwes-Afrika gewerk, aanvanklik onder die mense van Jonker Afrikaner in Damaraland. Sy joernaal bevat baie inligting oor plaaslike gebruike en botsings tussen Damara-groepe. Die teks bevat nie die gebruiklike historiese inleiding nie.
    Read More
  • The Reminiscences of Sir Walter Stanford; Vol. I
    Geredigeer deur J.W. Macquarrie.
    Volume:
    I-39 (1958)
    Print Status:
    In Druk
    Sir Walter Stanford het vir baie jare in die Kaapkolonie se Departement van Naturellesake gedien. Toe hy in 1907 aftree, het hy sy herinneringe begin neerskryf. Hierdie eerste volume vertel van sy jeugjare, sy studie aan die Lovedale Kollege en sy werk in die Departement van Naturellesake gedurende die 1870's.
    Read More
  • Maleo en Sekoekoeni
    In Afrikaans vertaal uit die oorspronklike Duits deur J.F.W. Grosskopf en geredigeer deur G.P.J. Trümpelmann; met 'n Engelse opsomming deur A. Ravenscroft
    Volume:
    I-38 (1957)
    Print Status:
    In Druk
    Dr Theodor Wangemann was 'n direkteur van die Berlynse Sendinggenootskap en het in 1866 na Suid-Afrika gekom om sendingstasies dwarsdeur die land te besoek. Hierdie werk, een van verskeie wat Wangemann geskryf het en 'n tipiese voorbeeld van die negentiende-eeuse Duitse sendingliteratuur, beskryf sendingwerk in die distrik Lydenburg in Noord-Transvaal
    Read More
  • The Cape Journals of Archdeacon N.J. Merriman, 1848-55
    Geredigeer deur D.H. Varley en H.M. Matthew
    Volume:
    I-37 (1957 vir 1956)
    Print Status:
    In Druk
    Aartsdeken Merriman is in 1848 deur Biskop Robert Gray as Aartsdeken aangestel. Sy opdrag was om die Kerk in die Oos-Kaap uit te brei deur nuwe gemeentes te stig en kerke in die klein statjies te bou. Sy taak was 'to awaken religious instincts long dormant through lack of opportunity' en 'to preach to barbarous people the saving grace of...
    Read More
  • Andrew Smith and Natal: documents relating to the early history of the Province
    Uitgesoek, geredigeer en van verklarings voorsien deur Percival R. Kirby
    Volume:
    I-36 (1955)
    Print Status:
    In Druk
    Andrew Smith, 'n Britse dokter, het in 1832 na Natal gereis, oënskynlik om wetenskaplike redes, maar dit is byna seker dat hy op bevel van bo gehandel het. Die teks sluit 'n verslag van sy besoek aan Dingaan in en notas oor die verskillende stamme wat hy teengekom het; dokumentasie van die Cape Town Merchants uit 1835 en ook enkele...
    Read More
  • The Narrative and Journal of Gerald McKiernan in South-West Africa during the years 1847-70
    Geredigeer deur P. Serton
    Volume:
    I-35 (1954)
    Print Status:
    Uit Druk
    Gerald McKiernan was an American trader, operating in South West Africa in the last decade before German colonial rule. The manuscript consists of a narrative of 5 years' travel in Africa, from 1875 to 1879, and a diary which he kept from 1877 to 1879. The author travelled widely, probably reaching well into Angola.
    Read More
  • A Source Book on the Wreck of the Grosvenor East Indiaman
    Saamgestel en geredigeer deur Percival R. Kirby
    Volume:
    I-34 (1953)
    Print Status:
    In Druk
    Hierdie volume sluit aan by The Wreck of the Grosvenor, in 1927 deur die VRV gepubliseer. Dit bevat verskeie verslae van die stranding; die joernaal van William Hubberly, 'n oorlewende van die stranding; asook Nederlandse materiaal oor die gebeurtenis. Die volume sluit af met 'n volle lys van die skip se bemanning en passasiers.
    Read More
  • Die Dagboek van H.A.L. Hamelberg [in die Kaap en Oranje-Vrystaat], 1855-71
    Geredigeer met 'n Inleiding deur F.J. du T. Spies; met 'n opsomming in Engels deur N.G. Sabbagha
    Volume:
    I-33 (1952)
    Print Status:
    In Druk
    H.A.L. Hamelberg was 'n Hollander wat die Kaap in 1855 besoek het en ses maande daar gebly het. Vervolgens het hy gereis na Bloemfontein, waar hy ongeveer sewe jaar gebly het. Die joernaal bevat meer besonderhede oor die vroeëre as die latere gebeure.
    Read More
  • Die Konvensie-dagboek van Sy Edelagbare François Stephanus Malan
    Onder redaksie van Johann F. Preller; met 'n Engelse vertaling deur A.J. de Villiers
    Volume:
    I-32 (1951)
    Print Status:
    In Druk
    F.S. Malan, vroeër redakteur van 'Ons Land', was 'n Kaapse afgevaardigde na die Nasionale Konvensie in Durban, wat oor die bepalings van die Unie van Suid-Afrika onderhandel het. Malan het self aangedui dat die joernaal 'n tweeledige doel het: 1. Om 'n kort samevatting van die verloop van die konferensie te gee; 2. Om sy eie siening te gee van...
    Read More
  • Letters of the American Missionaries, 1835-1838
    Onder redaksie van D.J. Kotzé
    Volume:
    I-31 (1951 for 1950)
    Print Status:
    Uit Druk
    Aangesien daar baie sendelinge in die Kaapkolonie was, het die Amerikaners aanvanklik op die Matebele in Transvaal gekonsentreer, en ook op Natal. Hul aankoms het saamgeval met die Groot Trek en die uitbreiding van die Boerebevolking na die noorde en die ooste; hulle was dus in 'n goeie posisie om ontwikkelings in die Voortrekker-samelewing waar te neem asook die impak...
    Read More
  • Journals of Andrew Geddes Bain, trader, explorer, soldier, road engineer and geologist
    Geredigeer deur Margaret Hermina Lister
    Volume:
    I-30 (1949)
    Print Status:
    Uit Druk
    Andrew Geddes Bain is veral bekend as bouer van Kaapse paaie en passe. Sy dagboeke, van 1826 tot in die 1840s, was werkjoernale sowel as verslae van sy ervarings en beskrywings van die mense wat hy tydens sy werk ontmoet het. Hierdie volume sluit die kroniek in van sy reis in 1826 na die Noordkaap.
    Read More
  • The Chronicle of Jeremiah Goldswain, Albany Settler of 1820; Vol. II
    Geredigeer deur Una Long
    Volume:
    I-29 (1949 for 1948)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    In die tweede volume van sy joernaal beskryf Goldswain die toenemende spanning tussen wit en swart op die grens, sy ervarings as 'n handelaar, asook sy verhouding met sy eie familie, insluitende hul mediese behandeling. Sy joernaal is met 'n bekoorlike, naïewe openhartigheid geskryf.
    Read More
  • Die Joernaal van Carel F. Brink tydens Hendrik Hop se reis na Namaqualand [1761-2] en die Joernaal van die reis van Johannes T Rhenius [1724]
    Transcribed, translated and edited by E.E. Mossop
    Volume:
    I-28 (1947)
    Print Status:
    Uit Druk
    Hendrik Hop was 'n Stellenbosse boer wat 'n pioniersreis na Namakwaland gelei het. Die verslag van die reis is geskryf deur die Kaapse landmeter en kaartemaker, Carel Brink. Saam met hierdie verslag is die kort joernaal opgeneem van die handelsreis van Johannes Rhenius van Berlyn, wat byna 40 jaar voor die reis van Hop plaasgevind het. Van besonder belang hier...
    Read More
  • The Chronicle of Jeremiah Goldswain, Albany Settler of 1820: Vol. I
    Geredigeer deur Una Long
    Volume:
    I-27 (1946)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Jeremiah Goldswain se joernale, foneties geskryf in sy middel-Engelse dialek, het die belangstelling van taalkundiges sowel as historici gewek. Goldswain, 'n saer van Buckinghamshire, het in 1820 na die Oos-Kaap gekom. Die eerste deel van sy joernaal beskryf die aanvanklike probleme van die setlaars op die grens.
    Read More
  • South African Journal of John Sheddon Dobie, 1862-6
    Geredigeer deur A.F. Hattersley
    Volume:
    I-26 (1945)
    Print Status:
    Uit Druk
    Nadat hy twee keer na Australië geëmigreer het, waar hy ervaring opgedoen het in skaapboerdery, het Dobie in 1862 na Natal geëmigreer met die doel om skaapboerdery hier te vestig. Hy het min sukses behaal en het in 1866 na Suid-Amerika verhuis. Sy dagboek beskryf sy pogings tot skaapboerdery en ander ervarings in Natal.
    Read More
  • Mentzel, O.F. - A geographical-topographical description of the Cape of Good Hope. Deel III
    Uit die Duits vertaal deur G.V. Marais en J. Hoge; hersien en geredigeer deur H.J. Mandelbrote
    Volume:
    I-25 (1944)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    In hierdie derde volume van Mentzel se weergawe van die lewe aan die Kaap skryf hy oor sy reis na die binneland, na Stellenbosch en Swellendam. Hy lewer kommentaar oor landbou en wynbou sowel as oor jag. Die laaste hoofstukke handel oor die Khoi.
    Read More
  • M.D. Teenstra - De vruchten mijner werkzaamheden, gedurende mijne reize over de Kaap de Goede Hoop, naar Java en terug, over St Helena, naar de Nederlanden, 1830
    Uitgegee en toegelig deur F.C.L. Bosman; met taalkundige beskouing deur prof. dr. J.L.M. Franken; with a summary in English by P.J. Smuts
    Volume:
    I-24 (1943)
    Print Status:
    Uit Druk - (Sagteband Herdruk en eBoek is beskikbaar)
    M.D. Teenstra was 'n Nederlandse hereboer wat die Kaap in 1825 besoek het. Tydens sy verblyf het hy vir 'n kuur na die Caledon-baddens gegaan en ook Genadendal en Kaap Agulhas besoek; hy het via Franschhoek en Stellenbosch na die Kaap teruggekeer. Sy waarnemings is skerp en volledig en hy het goed gebruik gemaak van die statistieke en ander amptelike...
    Read More
  • Willem Stephanus van Ryneveld se Aanmerkingen over de verbetering van het vee aan de Kaap de Goede Hoop, 1804
    Uitgegee en toegelig deur H.B. Thom; met 'n Engelse vertaling deur I.M. Murray en J.L.M. Franken
    Volume:
    I-23 (1942)
    Print Status:
    Uit Druk
    Hierdie volume handel oor een van die belangrikste elemente in die Suid-Afrikaanse ekonomiese geskiedenis voor die ontdekking van diamante en goud. Dit is 'n vroeë studie van die industrie van lewende hawe aan die Kaap, veral die ontwikkeling van die merino-industrie. Die skrywer was 'n VOC-amptenaar wat in die Kolonie gebore is en wat guns van die Britse gesagvoerders ontvang...
    Read More
  • The Narrative of Private Buck Adams, 7th (Princess Royal's) Dragoon Guards on the Eastern Frontier of the Cape of Good Hope, 1843-1848
    Geredigeer deur A. Gordon-Brown
    Volume:
    I-22 (1941)
    Print Status:
    Uit Druk
    'n Ongewone verslag, uit die perspektief van 'n gewone soldaat, van die militêre lewe op die Oosgrens. Adams het die verslag in 1884 geskryf, veertig jaar na sy diens in Suid-Afrika. Die redakteur merk op dat 'His improbable tales have proved substantially true on investigation'. Hy het diens gedoen tydens die "War of the Axe", sowel as tydens die...
    Read More
  • The Diary of Dr Andrew Smith, director of the 'Expedition for exploring Central Africa', 1834-6; Vol. II
    Geredigeer deur Percival R. Kirby
    Volume:
    I-21 (1940)
    Print Status:
    Herdruk en eBook beskikbaar
    Die tweede volume van Smith se dagboek begin met die beskrywing van die sosiale lewe van die Barolong. Die geselskap het deur die noordelike Kaap tot in Mafikeng gereis en vandaar na Mosega. Vervolgens het hulle ooswaarts getrek en daarna na Kaapstad teruggekeer, via Mzilikazi, vir wie hulle die tweede keer besoek het. Die dagboek bevat uitgebreide inligting oor...
    Read More
  • The Diary of Dr Andrew Smith, director of the 'Expedition for exploring Central Africa', 1834-6; Vol. I
    Geredigeer deur Percival R. Kirby
    Volume:
    I-20 (1939)
    Print Status:
    Herdruk en eBoek beskikbaar
    Andrew Smith, 'n weermagdokter, het in 1820 na die Kaap gekom en tot 1837 daar gebly. Die ekspedisie na Sentraal- Suid-Afrika is onderneem om meer uit te vind oor die mense wat na die noorde gewoon het. Smith het Kuruman besoek en tot in Ndebele-gebied gereis, en het die Oori-, Mariqua- en Limpoporivier ondersoek. 'n Aantal sendelinge het aan die...
    Read More
  • Die Duminy Dagboeke [with English translation]
    Edited by Prof. J.L.M. Franken
    Volume:
    I-19 (1938)
    Print Status:
    Herdruk en eBook beskikbaar
    Die Duminy-dagboeke bestaan uit die dagboek van Johanna Margareta Duminy (1797), die joernaal van François Duminy oor sy besoek aan die Caledon Baddens en die Bok-rivier (9 November 1810 tot 4 Maart 1811), die joernaal van François Duminy se ekspedisie na Walvisbaai in 1893 en Sebastian Valentyn van Reenen se joernaal van dieselfde ekspedisie. Die tekste is in...
    Read More
  • Die Joernaal van Dirk Gysbert van Reenen, 1803
    Uitgegee deur wyle prof. dr. W. Blommaert en prof. J.A. Wiid. Met 'n Engelse vertaling deur J.L.M. Franken en Ian M. Murray
    Volume:
    I-18 (1937)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Toe die Britse regering die Kaap Kolonie in 1803 teruggee aan Nederland, regeer die Bataafse Republiek vir drie jaar. Kort na sy aankoms in die Kaap in besluit die Goewerneur Janssens en sy kollega om op ‘n verkenningstog van die land te gaan. Hulle vra vir Dirk Gysbert van Reenen om hul te vergesel. Die doel van die reis was...
    Read More
  • Travels and Adventures in Eastern Africa by Nathaniel Isaacs; Vol. II
    Geredigeer, met voetnote en 'n biografiese skets deur Louis Herrman
    Volume:
    I-17 (1936)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    In hierdie tweede uitgawe beskryf Isaacs sy tweede reis (1830 – 1832) na Natal en die Zoeloe koninkryk waar Dingaan nou geregeer. Isaacs beskryf die vroeë Europese nedersetting asook die gebruike en kultuur van die Zoeloes.
    Read More
  • Travels and Adventures in Eastern Africa by Nathaniel Isaacs; Vol. I
    Geredigeer, met voetnote en 'n biografiese skets deur Louis Herrman
    Volume:
    I-16 (1935)
    Print Status:
    Uit Druk (Sageband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Isaacs se joernaal is een van die eerste verslae deur 'n Europeër oor Natal en die koninkryk van die Zoeloes. Die eerste volume begin in 1825, toe Isaacs vir die eerste keer Natal besoek, en die grootste gedeelte van die teks bestaan uit 'n uitvoerige beskrywing van Tsjaka, sy samelewing en kultuur
    Read More
  • Die Joernale van Hendrik Jacob Wikar [1779] ; Jacobus Coetse Jansz [1760] en Willem van Reenen [1791]
    Vertalings deur A.W. van der Horst en Dr E.E. Mossop - onder redaksie van Dr E.E. Mossop
    Volume:
    I-15 (1935)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Hierdie volume bestaan uit joernale van onderskeie verkenningstogte na die Oranjerivier (Gariep): dié van Hendrik Jacob Wikar, wat in 1778 en 1779 die eerste gedokumenteerde Europeër word wat langs die Oranjerivier reis; Jacobus Coetsé Jansz, die eerste Europeër wat die rivier in 1760 oorsteek; en Willem van Reenen wat in 1791 die rivier oorsteek op soek na koper.
    Read More
  • The Early Cape Hottentots - uit die geskrifte van Dapper [1668], Ten Rhyne [1686] en De Grevenbroek [1695]
    Die oorspronklike Teks, met Engelse vertalings deur I. Schapera en B. Farrington - onder redaksie van I Schapera
    Volume:
    I-14 (1933)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Die drie verslae wat in hierdie publikasie weergegee word, is van die mees gevierde van die vroeë beskrywings van die plaaslike Khoisan gemeenskappe. Dapper , Ten Rhyne , en Grevenbroek , gee ‘n redelike nuttige en vol verslag van die stam-verdelings, fisieke eienskappe, kleredrag, wapens, en die algemene leefstyl van hierdie inboorlinge.
    Read More
  • Louis Trigardt's Trek across the Drakensberg, 1837-1838
    By Clause Fuller; edited by prof. Leo Fouché
    Volume:
    I-13 (1932)
    Print Status:
    Uit Druk
    This volume reconstructs Trigardt's journey into Natal, using his diary as the basis for this journey. It also records his comments about the people he encountered en route.
    Read More
  • Journals of the expedition of the Honourable Ensign Olof Bergh [1682 and 1683] and Isaq Schrijver [1689]
    Getranskribeer en in Engels vertaal, geredigeer met 'n voorwoord en voetnotas deur dr E.E. Mossop
    Volume:
    I-12 (1931)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Hierdie publikasie bevat twee joernale wat twee van Olof Bergh se reise soos onderneem in 1682 en 1683 langs die Weskus tot in Namakwaland beskryf. Ingesluit is die joernaal van Isaq Schrijver wat ooswaarts gereis het om met die Inqua Hottentote beeste te ruil. Sy reis deur die Groot Karoo vind plaas in 1689 en strek so ver as Camdeboo....
    Read More
  • Lichtenstein, Henry - Travels in Southern Africa in the years 1803 - 1806; Volume Two
    Uit die oorspronklike Duits vertaal deur Anne Plumptre. London, 1812-15
    Volume:
    I-11 (1928-30)
    Print Status:
    Uit Druk
    In hierdie tweede volume reis Lichtenstein via Graaff Reinet en die Karoo terug na die Kaap. Vervolgens keer hy terug na die distrik Swellendam. Sy laaste reis voer hom na Kuruman, waar hy die Koranna en die Betsjoeana ontmoet
    Read More
  • Lichtenstein, Henry - Travels in Southern Africa in the years 1803 - 1806: Volume One
    Vertaal uit Duits deur Anne Plumptre. London, 1812-15
    Volume:
    I-10 (1928-30)
    Print Status:
    Uit Druk
    Lichtenstein was 'n Duitse dokter wat wyd deur die Kaapkolonie gereis en kommentaar gelewer het op die landskap en die ekonomiese omstandighede van die mense wat hy ontmoet. Sy eerste reis, deur die weste en noorde van die kolonie, het hom na Saldanhabaai, die Bokkeveld en die Groot Karoo gevoer. Vandaar het hy Swellendam besoek en langs die suidelike kus...
    Read More
  • Die Dagboek van Hendrik Witbooi, Kaptein van die Witbooi-Hottentotte, 1884-1905
    Saamgestel uit die oorspronklike dokumente in die Regeringsargief, Windhoek. Inleiding deur Gustav Voigts en gepubliseer in samewerking met die SWA Wetenskaplike Vereniging.
    Volume:
    I-9 (1929)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Hierdie volume bestaan uit ‘n versameling briewe, eerder as ‘n dagboek, wat die bedrywighede van die Nama kaptein Hendrik Witbooi dokumenteer (1884-1905). Hy het in die huidige Namibië oorlog gevoer teen die Herero stamme en later ook teen die Duitse magte. Hy word erken as ‘n uitstekende guerrilla leier
    Read More
  • The Wreck of the Grosvenor
    'n Verhaal van die stranding deur John Hynes, 'n oorlewende, geskryf deur George Carter in 1791 en 'n letterlike vertaling van die joernaal van Jacob van Reenen oor die soektog na die wrak en enige oorlewendes deur Kapt. Edward Riou 1792.
    Volume:
    I-8 (1927)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Die publikasie handel oor die verhaal van die stranding van die Grosvenor aan die kus van 'Kaffrarië' in 1782, gebaseer op die oorvertelling van John Hynes, een van die oorlewendes, asook die Joernaal deur Jacob van Reenen, geskryf tydens 'n soektog na die skeepswrak en enige oorlewendes.
    Read More
  • The Diary of the Rev. F. Owen, Missionary with Dingaan, together with the accounts of Zulu affairs by the interpreters, Messrs. Hully and Kirkman
    Geredigeer deur Sir George E. Cory
    Volume:
    I-7 (1926)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Owen gee beskrywings van die lewe in Dingaan se stat, insluitend 'n verslag van die dood van Retief en sy metgeselle, waarvan hy die enigste blanke getuie was. Vir die eerste maal is sy dagboek hier volledig gepubliseer (uitsluitend die Betsjoeanaland-gedeelte).
    Read More
  • Mentzel, O.F. - A geographical-topographical description of the Cape of Good Hope. Part II
    Uit die Duits vertaal deur H.J. Mandelbrote
    Volume:
    I-6 (1924)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Die tweede volume van Mentzel se verslag oor die lewe aan die Kaap dek verskeie onderwerpe, soos belastings wat die owerheid kan hef, die daaglikse lewe van die burgers, openbare veilings en die behandeling van slawe.
    Read More
  • Collectanea
    Beskrywings en briewe deur 'n verskeidenheid skrywers oor die Kaap en Natal (1695-1710). Voorwoord deur C. Graham Botha
    Volume:
    I-5 (1922)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Beskrywings van, en briewe oor, die Kaap en Natal tussen 1695 en 1715 deur 'n verskeidenheid van skrywers.
    Read More
  • Mentzel, O.F. - A geographical-topographical description of the Cape of Good Hope. Part I
    Uit Duits vertaal deur H.J. Mandelbrote
    Volume:
    I-4 (1921)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Die eerste van drie volumes van Mentzel wat sy siening weergee van toestande aan die Kaap teen die middel van die 18de eeu.Hierdie volume bevat 'n historiese agtergrond, 'n beskrywing van die Kaapse omgewing en verslae van die administrasie en finansies van die kolonie.
    Read More
  • De Mist, J.A. - Memorandum containing recommendations for the form and administration of government at the Cape of Good Hope, 1802
    Oorspronklike Nederlandse teks met 'n voorwoord deur S.F.N. Gie en 'n Engelse vertaling deur Kathleen Jeffreys
    Volume:
    I-3 (1920)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Die publikasie, in die oorspronklike Nederlands met 'n Engelse vertaling, is die verslag van die kommissie wat in die kritieke jare tussen die twee Britse besettings na die Kaap gestuur is. Die verslag bevat kommentaar oor 'n wye verskeidenheid van sosiale, ekonomiese en politieke toestande aan die Kaap aan die einde van die 18e eeu.
    Read More
  • Mentzel, O.F. - Life at the Cape in the mid-eighteenth century, being the biography of Rudolph Siegfried Allemann, Captain of the Military Forces at the Cape of Good Hope
    Uit die Duits in Engels vertaal deur M. Greenlees; Voetnote deur Kathleen M Jeffreys
    Volume:
    I-2 (1919)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Hierdie 'biografie' van Alleman is in werklikheid 'n vermaaklike verslag van die sosiale lewe aan die Kaap rondom die middel van die 18e eeu. Die verskeidenheid onderwerpe sluit o.a. in: die struktuur van die militêre magte; die lewe van die slawe; die opstand van Etienne Barbier; finansiële vooruitsigte vir jong vroue.
    Read More
  • Verslae van De Chavonnes en sy Raad, en van Baron Van Imhoff, oor die Kaap
    Oorspronklike Nederlandse teks met vertalings in Engels deur Margaret Ralling en 'n inleiding deur John X. Merriman
    Volume:
    I-1 (1918)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Hierdie dokumente handel oor sake wat dr Theal beskryf het as 'of the greatest importance to the European settlement in this country'. Dit is amptelike verslae oor toestande aan die Kaap. Nederlandse teks met vertalings in Engels.
    Read More
  • Jan van Riebeeck Journal/Daghregister – Volume III (1659-1662)
    Oorspronklike Nederlandse teks met Afrikaanse Inleiding en Voetnote, geredigeer deur H B Thom, Professor in Geskiedenis Universiteit van Stellenbosch
    Volume:
    JvR - 3
    Print Status:
    Out of Print (eBook available)
    Jan van Riebeeck is gebore op 21 April 1619. Hy was afkomstig van ‘n vername ou familie uit die buurt van Culemborg, waar die drie provinsies Suid-Holland, Utrecht en Gelderland bymekaar kom. Sy vader, Anthony, het langs die weg van ‘n chirurgynskap in betaalde diens van die Oos-Indiese Kompanjie (Kompanjie) gekom, sonder om op die onderste sport as soldaat of....
    Read More
  • Jan van Riebeeck Journal/Daghregister – Volume II (1656-1658)
    Oorspronklike Nederlandse teks met Afrikaanse Inleiding en Voetnote, geredigeer deur H B Thom, Professor in Geskiedenis Universiteit van Stellenbosch
    Volume:
    JvR - 2
    Print Status:
    Uit Druk (eBoek beskikbaar)
    Jan van Riebeeck is gebore op 21 April 1619. Hy was afkomstig van ‘n vername ou familie uit die buurt van Culemborg, waar die drie provinsies Suid-Holland, Utrecht en Gelderland bymekaar kom. Sy vader, Anthony, het langs die weg van ‘n chirurgynskap in betaalde diens van die Oos-Indiese Kompanjie (Kompanjie) gekom, sonder om op die onderste sport as soldaat of...
    Read More
  • Jan van Riebeeck Journal/Daghregister - Volume I (1651-1655)
    Oorspronklike Nederlandse teks met Afrikaanse Inleiding en Voetnote, geredigeer deur H B Thom, Professor in Geskiedenis Universiteit van Stellenbosch
    Volume:
    JvR - 1
    Print Status:
    Uit Druk (eBoek beskikbaar)
    an van Riebeeck is gebore op 21 April 1619. Hy was afkomstig van ‘n vername ou familie uit die buurt van Culemborg, waar die drie provinsies Suid-Holland, Utrecht en Gelderland bymekaar kom. Sy vader, Anthony, het langs die weg van ‘n chirurgynskap in betaalde diens van die Oos-Indiese Kompanjie (Kompanjie) gekom, sonder om op die onderste sport as soldaat of...
    Read More

ONDERWERPE

  • Alle Publikasies
  • Ou Kaapse Politiek
  • VOC en Bataafse Republiek tydperk tot 1806
  • Ooskaap
  • Eerste Britse besetting 1795-1803
  • Griekwaland en die Vrystaat
  • Inheemse bevolkings van Suider-Afrika
  • KwaZulu-Natal
  • Literatuur en Skrywers
  • Sendelinge
  • Moderne Suid Afrikaanse Politiek
  • Namibia, Namaqualand en Botswana
  • Dier- en Plantkunde
  • Stranding van Skepe
  • Slawerny
  • Anglo-Boere Oorlog
  • Transvaal
  • Reisbeskrywings
KONTAK

e. office@hipsa.org.za

p. 021 423 8424

Rolf Proske: 071 077 1672

(Slegs vir dringende aangeleenthede buite kantoorure)

Kantoor ure

Woensdag en Vrydag: 10h00 – 13h00

Fisiese adres

Centre for the Book

62 Queen Victoria Street

Cape Town, 8000

Copyright © HiPSA | All Rights Reserved. Design by Nudge
Page load link
Go to Top