Isaac Williams Wauchope: Selected Writings 1874-1916
Isaac Williams Wauchope (1852-1917) was in die laat-19e en vroeg-20ste eeu 'n prominente lid van die Afrika-elite in die Ooskaap. Hy was predikant, politieke aktivis, historikus, digter en uiteindelik, die legendariese held in die Mendi-skeepsramp. Hierdie volume bevat, in Engels en in Xhosa, 'n keuse uit sy geskrifte wat 'n beeld gee van Wauchope se betekenisvolle en stormagtige lewe.

