Words of Batswana: Letters to Mahoko a Becwana, 1883-1896
Words of Batswana bevat ‘n versameling briewe wat Batswana aan Mahoko a Becwana (News/Words of Batswana), ‘n Setswana-talige koerant wat tussen 1883 en 1896 deur sendelinge van die Londense Sendinggenootskap te Kuruman uitgegee is, geskryf het. Die meeste van die brief-skrywers was lidmate van gemeentes in die huidige provinsies Noord-Kaap en Noordwes.