Alexander Merensky

Dr Theodor Wangemann was a director of the Berlin Missionary Society who came out to South Africa in 1866 to visit the mission stations throughout the country. This work, one of several which Wangemann wrote and a typical example of nineteenth-century German missionary literature, describes mission work in the Lydenburg district of the northern Transvaal.

Sekoekoeni

Toe word die koning toornig en hy skreeu: ,,Ek het jon nie geroep nie. Dit was kommandant Nel gewees. Ek het niks met die kerk te doen nie. Wie is God? Ek—ek is God. Ekke!”

Maar nou word ook die sendeling toornig in die gees, en hy roep uit: ,,Maléo, hier vandag voor jou hele volk sê ek vir jou: Die dag sal kom wanneer jy God sal sien! Hy sal jou nog baie anders slaan as wat jy vandag jou mense geslaan het. Eendag sal ek jou aan hierdie dag herinner en dat ek dit vir jou gesê het!”

Sulke woorde wou die koning nie voor sy eie volk hoor nie. Dus stnur hy hulle weg, en bars toe met hoon uit in die woorde: ,,Ek sal hulle doodmaak, die laaste een! Dood, ja dood sal ek hulle maak. En jy! Wat soek jy her? Vat jou wa en trap! Ek het jou nie nodig nie.”

Sonder om te groet, draai Grützner om en keer terug na sy huis. Hier slaan hy die Bybel oop en vind die woorde: ,,Toen Daniel uit den kuil opgetrokken was, zoo werd er geene schade aan hem gevon­den, dewijl hij in zijnen God geloofd had. Toen beval de koning, en zij brachten die mannen voor, die Daniel overluid beschuldigd hadden, en zij wierpen in den kuil der leeuwen hen, hunne kinderen en hunne vrouwen.” (Daniel 6, 24 en volg.)

Nog ‘n kort rustydjie sou daar wees voordat die toorn-onweer sou losbars. Die Boere het al lankal die dubbelsinnige gedrag van Maléo met wantroue waargeneem en stuur toe ‘n afvaardiging na die koning om hom te waarsku. Hiervoor het hulle ook Grützner bygeroep. Toe Maléo hom by die ander sien, stap hy na hom toe en hy se: ,,Ag, dit kry jy mos dikwels dat twee wat bymekaar woon, en nogal lief is vir mekaar, twis kry. Maar as dit oor is, dan is dit ook weer reg. Ons twee het mekaar bietjie sleggesê. Maar vandag is dit mos verby. Wat my betref7 ek het dit ook nie regtig gemeen nie.”

—Oor hierdie woorde van die koning het al die omsittendes in lofuitinge uitgebars: ,,Ja, groot leeu! —Ja, wilde dier!”

Die eerskomende Sondag 18 Oktober, kon die broeders nou in alle lieflikheid vier. Die gelowiges het almal na die diens gekom. Hulle was reg so innig in die gebed versamel en die sendeling het so uit innerlike beweging van sy hart die Woord aan hulle verkondig. Die aand het hulle nog met vreugde in hulle groentetuin gewandel waar alles weelderig gespruit het. Vir hulle was dit ‘n lieflike beeld van hulle sendingarbeid.

Maar toe hulle juis tot die aandgebed vir hulle wou verenig, toe ritsel iets daarbuite. En daar steek, by die half-ope deur, Tsjoekoe­doe sy eerlike gesig binne, en hy roep: ,,Moenie slaap vannag nie. Mapog se volk wil kom om julle beeste te steel !“ Hy het met lewensgevaar gekom om hierdie boodskap te bring.

Stom van verbasing kyk die broeders mekaar aan. Gou word die vee in veiligheid gebring en Grützner gaan op wag met die gelaaide geweer. Verskrik sien hy ‘n bos aan vir ‘n Kaffer wat nader sluip. Hy trek die geweer af. Dit alarmeer die diensvolk wat dadeiik aan­gedraf kom om die leraar te help. Die skoot het egter die rowers, wat al naby was, afgeskrik. In nagtelike krygsraad word toe besluit om die diere na die naaste Boerelaer in veiligheid te bring.

Die laaste vriendelikheid van Maléo was geveinsdheid gewees. In die geheim het hy lankal met Mapog saamgespan en nou waar hy klaar staan om saam met hom die Boere aan te val, het hy hom ook die weg gewys om ons stasie uit te plunder.

Mapog is die reeds herhaaldelik genoemde Matebeleopperhoof wat, al was hy tweemaal so sterk soos Maléo, tog net soos hy afhanklik was van die Boerebewind. Ook hy het al lank gewag op die dag wanneer hy die gehate juk sou kon afskud. Hyself is beveilig deur die volkome onneembare rotsskuilplek wat hy met sy volk bewoon.

Mapog se rotsberg staan naamlik in verbinding met ‘n lang bergrant waarvan dit die uitloper is. Hy kan dus nie van al die kante beleer word nie. Die berg bestaan uit kale kliphange en dra net op een plek, halfpad op, ‘n menigte van groot bome wat sorg­vuldig opgepas word. Deur oliebome (,,Ricinus”), turksvye en klimopplante is die ruigte ondeurdringbaar gemaak. Hier is Mapog se eie tuiste, en neffens die ‘n groot spelonk, wyd genoeg om al sy vee by ‘n vyandelike aanval te kan opneem. Orals rondom staan die Kaffers se hutte, maar van onder kan jy van hulle niks sien nie omdat iedereen van hulle gedek is deur ‘n klipskans. Lopende water op die berg beskerm sy verdedigers teen dors as hulle moontlik beleër word.

Vanuit hierdie kransnes het die gevaarlike rower baie rooftogte onderneem, en iedere keer sy buit in veiligheid gebring. Oorspronklik ook onderdanig aan Sekoekoeni, het by hom van die losgemaak en selfs dikwels sy buitekrale geplunder. Aan veldkornet Holzhausen wat hom eenmaal sestien koeie beboet het, het by toe met groetnis Iaat weet: ,,Jy het sestien koeie van my gevat; ek het hulle nie aan jou gegee nie. Jy kan hulle opeet. Maar ek vra net: Bêre die bene mooi; eendag kom ek hulle weer haal.” Nou kon die Boere weet hoe die wind waai.

Deur belangegemeenskap het Maléo aan Mapog al hoe nouer verbonde geraak. Graag het hy sy leiding gevolg. ,,Mapog is my vader Mapog is my god!” kon ‘n mens hom dikwels hoor sê. Dit was sy droom om, in vennootskap met hierdie vermetele opperhoof, Sekoekoeni dood te maak en die Boere te verdryf.

En eindelik, toe daar geen twyfel meer kon bestaan aangaande die bondgenootskap tussen die twee kapteins nie, het die Boere besluit