Historiese Publikasies Suider-Afrika (voorheen bekend as die Van Riebeeck-Vereniging) is in 1918 gestig om primêre bronne oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis te publiseer wat vir die gewone Suid-Afrikaanse leser moeilik bekombaar is. Sedert sy stigting het die Vereniging, met enkele uitsonderings, nog elke jaar ‘n boek gepubliseer. Lidmaatskap is oop vir almal wat die jaarlikse subskripsie betaal wat gebruik word om ons publikasies te befonds. In ruil ontvang lede daardie jaar se publikasie kosteloos.
Die Vereniging is tot ‘n groot mate die produk van die nuwe Unie van Suid Afrika wat in 1910 tot stand gekom het en het gepoog om die bevolking van die nuut gebore staat te voorsien van ‘n besef van sy koloniale verlede. Nogtans, in ‘n veelrassige en interafhangklike land soos Suid Afrika, het die onderwerpe van die publikasies baie wyer gestrek as die wit bevolking en het dit baie insigewende inligting bevat oor die inheemse San, Khoekhoen, Swart Bevolkings en Slawe van die land, maar gewoonlik natuurlik soos gesien uit die oog van ‘koloniste’ van die tyd. Sedert die begin van die 21ste eeu het die Vereniging doelbewus gepoog om die verskeidenheid van perspektiewe en sienings wat dit publiseer wyer te maak as in die verlede. In ons twee eeu van bestaan is ons doel om die diversiteit en kompleksiteit van ons ryk land uit te beeld.
Die oorsprong van die Vereniging
Die Vereniging is gestig in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika (Suid-Afrikaanse Biblioteek) in Kaapstad, en dit het steeds noue bande met hierdie biblioteek behou. Die Vereniging het sy ontstaan veral aan twee mense te danke – A C G Lloyd, bibliotekaris van die Suid-Afrikaanse Openbare Biblioteek, en John X Merriman, vroeër premier van die Kaapkolonie en ‘n Trustee van die Biblioteek.
Die stimulus vir die stigting van die Vereniging was Lloyd se ontdekking, in November 1911, van ‘n lang fragment uit Adam Tas se dagboek van 1704. As leier van die vryburgers wat in opstand gekom het teen die korrupte goewerneur van die VOC, Willem Adriaan van der Stel, het Tas vir baie mense die stryd teen die koloniale juk gesimboliseer, wat van sentrale belang kon wees vir die opbou van ‘n nasionale identiteit net na Uniewording. Die Trustees van die Biblioteek, onder leiding van Merriman, het geld ingesamel vir die publikasie van die dagboek, en dit het in 1914 verskyn onder redaksie van professor Leo Fouché.
Aangesien nie al die geld uit die publikasiefonds gebruik is nie, het die Trustees van die Biblioteek vervolgens besluit om Baron van Pallandt se ‘Algemene Opmerkings oor die Kaap die Goeie Hoop’ te publiseer – ‘n moeilik bekombare bron, verbied deur De Mist in 1803. Pallandt se ‘Algemene Opmerkings’ is in 1917 gepubliseer en het die skerp afkeer van die destydse leier van die opposisie, generaal Hertzog, gewek. Hy is veral geïrriteer deur die passasies wat verwys het na die setlaars se slegte behandeling van die Khoekhoen. Hertzog het die boek in gloeiende taal veroordeel, wat die verkope sterk laat styg het en die Trustees ‘n behoorlike wins verskaf het.
Ten spyte van hierdie finansiële sukses het die Trustees gehuiwer om voort te gaan om werke te publiseer wat aanleiding gee tot sulke twispunte. Gevolglik het Lloyd en Merriman besluit om ‘n private organisasie te stig, soortgelyk aan die Hakluyt and Linschoten Verenigings in, onderskeidelik, Brittanje en Nederland. Daarom, op 29 Augustus 1918, het die stigtingsvergadering van die nuwe vereniging in die Suid Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad plaasgevind. Om aanklank te vind by beide Engels- en Afrikaanssprekendes is besluit op die naam, ‘Van Riebeeck Vereniging vir die Publikasie van Suid-Afrikaanse Historiese Dokumente’. Die Vereniging het aanvanklik 54 lede gehad, baie van hulle Parlementslede, en die eerste boek wat gepubliseer is, was De Chavonnes en Van Imhoff se ‘Verslae oor die Kaap’.
Nuwe Rigtings
In die aanloop van die Vereniging se eeufees in 2018, het dit al hoe meer duidelik geword dat die naam ‘Van Riebeeck Vereniging’ nie meer akkuraat en toepaslik is nie. Diè naam laat val die fokus op die koloniale geskiedenis van die verlede wat uit pas is met die huidige Suid Afrika. Verder is dit misleidend aangesien dit nie die nasionale strekking van ons publikasies weerspieel nie en suggereer dat ons ‘n Kaapse- en nie Suid Afrikaanse organisasie is nie. Om hierdie redes het lede in 2017 besluit om die naam van die Vereniging te verander na Historiese Publikasies Suidelike-Afrika (voorheen die Van Riebeeck Vereniging)/Historical Publications Southern Africa (formerly the Van Riebeeck Society), of te wel HiPSA.
In die 100 jaar van die Vereniging se bestaan is werke van ‘n groot verskeidenheid van skrywers, insluitend reisigers, staatsamptenare, sendelinge, soldate, aktiviste, settelaars, joernaliste, botaniste, skeepsdrengkelinge en politici. In die meeste gevalle, indien die oorspronklike teks nie in Engels was nie (soos byvoorbeeld in tale soos Nederlands, Afrikaans, seTwana, isisXhosa, Frans, Duits, Sweeds, Russies, Latyn of Noorweegs), is ‘n Engelse vertaling voorsien om dit toeganklik te maak vir soveel as moontlike lesers, plaaslik en in die buiteland.
Ons is ook terdeë bewus van die feit dat ons leef in ‘n era van veranderende tegnologie. Ons het digitale opsies oorweeg en het reeds verskeie eBoeke gepubliseer maar, vir die huidige, verwag ons dat ons sal voortgaan om hoë kwaliteit hardeband volumes, geredigeer tot die hoogste akademiese standaarde, te publiseer. Terselfder tyd wil ons verseker dat ons publikasies maklik leesbaar en genotvol is vir alle Suid Afrikaners wat belangstel in hoe ons land gekom het tot wat dit vandag is. Dit was ons oorspronklike mandaat en dit bly so.