Nou is dit moontlik om die werklike woorde te lees, gepraat en geskryf deur ‘n verskeidenheid mans en vroue uit die verlede van Suider-Afrika—buitelanders en plaaslike mense, slawe en setlaars, sendelinge en militêre persone, ontdekkingsreisigers en ballinge—deur by die Historiese Publikasies Suider-Afrika aan te sluit ( HiPSA).
Historiese Publikasies Suider-Afrika (voorheen die Van Riebeeck Vereniging) is in 1918 gestig met die doel om primêre bronne beskikbaar te stel in ‘n leesbare en genietbare vorm vir enigiemand wat belangstel in die Suider-Afrikaanse geskiedenis.
Sedertdien is ‘n volume, met enkele uitsonderings, elke jaar gepubliseer. Die Vereniging se volgehoue bestaan hang af van sy lede, wie se jaarlikse ledegeld die publikasies finansier en van sy redakteurs, wat nuwe publikasies versigtig kies en noukeurig redigeer. Die Vereniging se publikasies is van hoë akademiese standaard en volumes uit druk het waardevolle Africana geword.
COVID-19
‘n eBoek van die baie relevante wetenskaplike publikasie, “In a Time of Plaque” oor die geskiedenis van die 1918 Spaanse Griep pandemie in Suid Afrika is nou beskikbaar. Om ‘n kopie te bestel stuur ‘n e-pos na office@hipsa.co.za
Ons mees onlangse publikasies
Ons mees onlangse sagteband volumes wat herdruk is
Ons het in 2006 besluit om ‘n begin te maak om publikasies wat reeds dekades uit druk is, te herdruk, aangesien hulle steeds baie gesog bly. Die herdrukke is ‘n huldeblyk aan die wysheid van ons voorgangers in die Van Riebeeck Vereniging om hulle in die eerste plek te druk. Ons moet beklemtoon dat die herdrukte volumes heel anders in voorkoms is as die oorspronklike volumes. Hulle is A5-grootte sagteband blou boekies en kompeteer op geen manier met die oorspronklikes nie. Hul hoofwaarde lê in hul inhoud, wat na baie dekades weer aan die publiek beskikbaar gestel word. Indien u sou belangstel om een van hulle te bestel, klik asseblief HIER .
BESTEL ‘N PUBLIKASIE
SPESIALE AANBIEDINGS AAN LEDE
Ten einde ruimte in ons winkelkamer te skep, bied ons ‘n aantal vroeëre volumes teen ‘n verlaagde prys van R125 plus verpakking en posgeld aan lede in Suider-Afrika. Om die lys te raadpleeg, klik hier.
Daarbenewens het ons van tyd tot tyd ‘n aantal tweede-handse volumes te koop. Om die lys te raadpleeg, klik hier.
Hoekom sluit u nie vandag aan en maak gebruik van hierdie aanbod nie?