Van Riebeeck het met sy aankoms in die Kaap in 1652 min kennis gehad oor die inheemse inwoners. Stories deur die vroeë verkenners vertel van die voorkoms en gebruike van die sogenaamde “Hottentoos” wat hulle teëgekom het. Met sy vertrek vanuit die Kaap in 1662 laat hy ‘n memorandum agter vir sy opvolger. Hierin gee hy alles weer wat aan hom bekend is van die inheemse stamme, hetsy deur direkte ervaring of deur hoorsê. In die memorandum blyk dit dat die vroeë setlaars baie geleer het oor die inboorlinge se politiese verdelings en verspreidings.
‘Old Cape Hottentot Male’ [Kolb]
Die drie verslae wat in hierdie publikasie weergegee word, is van die bekendste en mees bespreekte tekste uit die vroeë beskrywings van die plaaslike Khoisan gemeenskappe. Die skrywers was nie professionele, wetenskaplike antropoloë nie, maar is eerder deur nuuskierigheid geïnspireer. Die skrywers wat in hierdie publikasie opgeneem is, Dapper, Ten Rhyne, en Grevenbroek, gee ‘n redelike nuttige en volledige verslag van die Khoikhoi (die naam beteken “manne onder die manne”) se stam-verdelings, fisieke eienskappe, kleredrag, wapens, en algemene leefstyl.
Die meeste verhale van die vroeë ontdekkingsreisigers na die Kaap bevat verwysings na die plaaslike Khoisan samelewings. Die drie werke wat hier gepubliseer is, is meer omvattend as die meeste ander werke. Hierin kry die leser ‘n goeie idee van die vlak van inligting aangaande die inheemse inwoners wat aan die einde van die 17de eeu in die Wes-Kaapse omgewing bestaan het. Hoewel die verhale deur reisigers neergepen is, eerder as deur wetenskaplikes, word die kultuur volledig waargeneem en weergegee.
Die drie geskrifte is:
- O Dapper, Kaffrarie, of Lant der Hottentots (1668)
- W Ten Rhyne, Schediasma de Promontorio Bonae Spei (1686)
- J.G. de Grevenbroek, Gentis Hottentotten Nuncupatae Description (1695)
Die verslag deur Dapper, 1668
Olfert Dapper is in 1636 in Amsterdam gebore. Aanvanklik studeer hy Medies, maar dit blyk nie of hy sy graad klaargemaak het nie. Hy spandeer eerder sy tyd aan lees en skryf. Hy produseer ‘n aantal belangrike werke, onder andere “Kaffrarie of Lant Der Kaffers, anders Hottentots Genaement”, 1668, soos in hierdie publikasie opgeneem.
Dit wil voorkom of Dapper nooit Holland verlaat het om enige van die lande wat hy “besoek” het met sy eie oë te sien nie. Hy was in staat daartoe om inligting te bekom en te deurkam. Hy het ‘n fyn oog gehad om toepaslike besonderhede raak te sien. Dit wil voorkom of hy al sy inligting oor die Kaap van ‘n “pligsgetroue waarnemer” gekry het. Die waarnemer was heel moontlik George Frederick Wreede, ‘n Duitse student wat weg geloop het, by die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie aangesluit het, en die Kaap in 1659 besoek het.
“How the Hottentots Build their Huts” [Kolb]
“How the Hottentots Honour the Moon” [Kolb]
Die Verhaal deur Ten Rhyne, 1686
Wilhelm ten Rhyne is gebore in Deventer in ongeveer 1640 en is aangestel as geneesheer vir die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie se nedersetting in Java. Op pad om sy posisie op te neem in 1673, bly hy vir byna vier weke in die Kaap. Sy belangstelling lê eintlik in botanie, maar hy leer ook baie oor die inheemse bevolking. Sy inligting word verkry van alle beskikbare bronne: sy eie waarnemings, besprekings met die plaaslike Europese inwoners, asook met Khoi wat Nederlands kon verstaan. Hy noem spesifiek die bekende Krotea, ‘n voormalige tolk vir Van Riebeeck.
Sy verslag, geskryf in Latyn, wys hoe die Khoi samelewing binne twintig jaar van die stigting van ‘n Nederlandse nedersetting reeds begin ontbind – hulle word aanhangers van die setlaars en verloor hul unieke gebruike. Hoewel Ten Rhyne se besoek aan die Kaap kortstondig was, het sy belangstelling ‘n verhaal vanuit ‘n nuwe oogpunt verseker.
“Hottentot Dances and Musical Instruments”
Manuskrip deur Johannes de Grevenbroek, 1695
Johannes Gulielmus de Grevenbroek is gebore rondom 1644 in Holland. Hy werk as klerklike assistent in die Rotterdam Kamer van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, en word in 1684 Kaap toe gestuur. Hier word hy Sekretaris van die Beleidsraad. Tien jaar later tree hy vrywilliglik uit die diens van die Kompanjie, en gaan woon in Stellenbosch as ‘n vry burger. Kolb beskryf hom as iemand wat beskik oor merkwaardige ywer, insig en kennis. Beide Kolb en Valentyn merk dat de Grevenbroek tussen 1705 en 1713 ‘n omvattende verslag oor die Hottentots besit wat deur de Grevenbroek self opgestel is. Die verslag is nooit gepubliseer nie, en dit wil blyk of die manuskrip verlore gegaan het. Die manuskrip wat in hierdie publikasie opgeneem is, moet dus eerder as ‘n opsomming van die vermoedelik meer omvattende verlore verslag gesien word. Hierdie manuskrip dateer uit 1695, en wil voorkom of dit as ‘n brief aan ‘n vriend in Holland gestuur is.
Sommige van Kolb se tydgenote het hom beskuldig van plagiaat pleeg. Volgens hulle is alles wat Kolb geskryf het afgelei van de Grevenbroek. Kolb erken self dat hy de Grevenbroek se manuskrip gelees het, en daar is ander bewyse dat hy waarskynlik de Grevenbroek se werke gebruik het.
UITTREKSELS UIT DIE TEKS
Bladsy 22 – KAFFRARIE OF LANT DER HOTTENTOTS [….] Na het befrijven van al deze vrolijkheden, wierden d’oversten met rode kralen, kopere stokken, en platen, en elk daer en boven met een rolletje tabak beschonken; maer de gemene Hottentots moesten zich met het voorzelde onthael vernoegt houden: waer op zy alle gezamentliik, na dat een parthye dien nacht in het Fort geslapen had, weder vertrokken, uitgezeit, de voornoemde Herry, die noch drie of vier daegen daer verbleef.De zelve Herry spreekt mede een weinigh Engelsch, geleert door het verkeren met d’Engelschen in Bantam in Indiën, daer d’Engelschen een vastigheit hebben, derwaerts hy van de kaep met een Engelsch schip over gevaren was; maer komende naderhant met een schip weer aen de kaep, begaf hy zich weder onder zijn volk. COCHOQUAS OF SALDANHARS. De Kochoquas of Saldanhars, alzo by d’onzen genoemt, om dat zlch altijts meest ontrent en in de dalen van de Saldanhabay hebben onthouden, gelegen achtien mijlen Noord-westwaerts van de kaep, leggen in vijf of zestien negeryen verdeilt, elk ontrent een vierendeel uurs van elkandre, en bewonen met hun alien ontrent vier hondert, of vier hondert en vijftigh huizen. Ieder negerye bestaet uit dertig, zes-en-dertig, veertig en vijftig huizen, meer en minder, alle in ‘t ronde gezet, en een weinig van eikandre, daer binnen, versta binnen ieder negerye, de Saldanhars hun vee in bewaringh stellen. Zy bezitten een groote menighte van schone beesten, wel over de hondert duizent, en ontrent twee hondert duizent schapen, die geen wol, maer langachtigh gekleurt hair op ‘t lijf hebben. Al de Kochoquas, of Saldanhars, staen onder eenen overste of koning, met den tijtel van Koehque, dat gezeit is, een koning van ‘t Hottentots geslacht, die op ontrent vijftigh mijlen van de kaep wonen, als de Gorachouquas, of Tabaks-dieven, desgelijx de Goringhaiquas of Kaepmans, […] |
Bladsy 23 – KAFFRARIA OR LAND OF THE HOTTENTOTS [….] After the conclusion of all these festivities, the chiefs were presented with red coral beads, copper sticks and copper plates, and each one in addition with a roll of tobacco. But the common Hottentots had to remain content with the entertainment just described. Then, after some had slept for the night in the Fort, they all again went away together, except for the above-named Harry, who remained there for another three or four days. This Harry also speaks a little English, which he learned through intercourse with the English at Bantam in India, where they have a fortress to which he sailed from the Cape in an English ship; but returning again later on to the Cape, he once more rejoined his people. COCHOQUAS OR SALDANHARS. The Kochoquas are called Saldanhars by our countrymen, because they have always dwelt mostly near and in the valleys of Saldanha Bay, eighteen miles north-west of the Cape. They are settled in fifteen or sixteen different villages, about a quarter of an hour’s distance from one another, and all told inhabit four hundred or four hundred and fifty huts. Each village consists of thirty, thirty-six, forty or fifty huts, more or less, all placed in a circle a little distance apart. The Saldanhars for safety keep their cattle in the centre of the village (at night). They own a large collection of cattle, well over a hundred thousand in number, and about two hundred thousand sheep, which instead of wool have longish coloured hair on the body. All the Kochoquas or Saldanhars are under a chief or king with the title of koehque, which means a king of the nation of Hottentots living up to within about fifty miles from the Cape, such as the Gorachouquas or Tobacco Thieves, together with the Goringhaiquas or Capemen, […] |