Hierdie volume bestaan uit joernale van verskillende verkenningstogte na die Oranjerivier (Gariep). Die eerste joernaal is dié van Hendrik Jacob Wikar, wat in 1778 en 1779 die eerste gedokumenteerde Europeër word wat langs die Oranjerivier reis. Die tweede joernaal is dié van Jacobus Coetsé Jansz, die eerste Europeër wat die rivier in 1760 oorsteek op soek na olifante, en derdens is daar die joernaal van Willem van Reenen wat in 1791 die rivier oorsteek op soek na koper.
Wikar se Joernaal
Hendrik Jacob Wikar, gebore in Göteburg, Swede, tree in Amsterdam in diens van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie en land in 1773 as soldaat aan die Kaap. Hy begin dobbel en kaart speel, en kort voor lank is hy in die skuld by verskeie vriende. Sy skuld beloop 300 gulde, terwyl hy slegs 9 gulde per maand verdien. Ná hy in die openbaar beledig is oor sy skuld, voel hy so skaam dat hy in April 1775 uit desperaatheid uit die Kompanjie se diens dros. Hy besef die Kompanjie sal enige droster vervolg, en besluit dus om noord, verby die Kammiesberg, te vlug. Daar is geen inligting oor Wikar se reise tussen April 1775 en September 1778 nie, waarna sy joernaal begin. Hy bevind hom naby Gádaos of Goedous (Goodhouse), aan die suidelike wal van die Oranjerivier (Gariep) soos aangedui op sy kaart.
Deel van Wikar se kaart van sy reistog.
Kort voor Wikar in April 1779 op sy tweede verkenningstog vertrek, skryf hy ‘n ‘smeekbrief’ aan die Kaapse goewerneur. Dié brief oorhandig hy aan Khoi om aan die naaste Europese boer te gee. In die brief vra hy nederig om verskoning en vergifnis omdat hy gedros het. Hy skryf ook in die brief dat hy verskeie natuurlike verskynsels en rariteite versamel het. Verder het hy notas geneem oor seremonies, gebruike, en gelowe van drie voorheen-onbekende stamme. Toe hy na sy 300-myl reistog al langs die rivier tot by Koegas (tussen Upington en Prieska) terugkeer na sy woonplek, ontvang hy ‘n brief van die goewerneur wat hom toestemming verleen om terug te keer na die Kaap.
Met sy aankoms in die Kaap skryf hy, met die hulp van landdros De Wet, ‘n verbeterde uitgawe van sy dagboek vir die goewerneur. Dié uitgawe, gedateer 18 September 1779, word grotendeels in hierdie volume weergegee. ‘n Week na sy aankoms word hy kwytgeskeld en weer aangestel in die diens van die Kompanjie.
Gedeeete van Robert Gordon se kaart van die Kaap (1777-95)
Die Relaas van Jacobus Coetsé Jansz 1760
Jacobus Coetzee (Coetsé) ontvang in 1758 die reg tot okkupasie van grond by Klipfontein aan die voet van die “Picquet bergen”. Die dorpie Aurora is vandag op dié grond geleë. Coetzee was ongeletterd, en sy storie is geskryf deur die sekretaris van die Politieke Raad.
In 1776 verkry Coetzee toestemming van die goewerneur om binneland toe te reis om olifante te jag. Hy verlaat Klipfontein op 14 Julie 1776 met twee waens, vergesel deur twaalf Khoi-knegte. Hy steek die Oranjerivier (Gariep) oor – volgens hom het geen Europeër voor hom die rivier oorgesteek nie – en volg ‘n sytak, Leeuwenrivier (vandag die Homsrivier), noordwaarts.
Kaart van die samevloeiing van die Homs- en Oranjeriviere in Namibie
Van Reenen se Reis 1793
Willem van Reenen was woonagtig in Rondebosch en besit ook ‘n plaas Seekoevlei naby die huidige Graafwater. Hy en sy broers was aan die einde van die agtiende eeu bekende, gegoede persone in die Kaap. Van Reenen vergesel die botanis William Patterson op laasgenoemde se reise van 1777 tot 1780 om plante te versamel aan die Kaap. Na hierdie reistogte hoor Van Reenen gerugte dat daar groot hoeveelhede goud te vinde is in die hedendaagse Namibië. In 1793 vertrek Van Reenen op eie onkoste, maar met die nodige toestemming van die Kaapse regering, op ‘n reistog wat nege maande duur. Die reis neem hom van die Kaap, oor die Oranjerivier, na ‘n berg of bergreeks in Damaraland en weer terug tot in die Kaap. Naby hierdie berg, wat hy Rheniusberg noem, is ‘n warmwaterbron – daar naby is later koperneerslae gevind. Tydens die eerste goud-ontdekkings was dit ‘n bekende warmwaterbron. Van Reenen bring erts terug Kaap toe wat bewyse van koper bevat, maar nie goud nie.
UITTREKSEL UIT DIE TEKS
52 WIKAR SE JOERNAAL | WIKAR’S JOURNAL 53 |
---|---|
[…] vast. De kinders zitten nu agter een boom of bos, en loeren als de voogels gaan zitten, wanneer zy hard toe-loopen om te vangen. Den tortelduyf is de grootste voogel die zy hier met deeze kunst vangen.
Zo als de kinders der Eynikkoas kunnen loopen word haar een boogje en peyltjes gegeeven, dat ze al vroeg haare excercitie leeren; nu klijn zijnde jagten zy klyne hagadisse die ze doodsdhieten, braden en opeeten, ook vinke en meer klyne voogels schieten de kinderen, en zijn hierin zeer eergierig want alle de velle van de klyne voogels die zy doodgeschooten hebben, worden aan haare kop gehangen, dat voor haar een groote eer is; dat is voor de ouders ook een groote blijdschap; voor ‘t overige zijn ze zeer slegt in haare kindertugt, want hoe grooter brakke dat de kinderen zijn, om te bakkeleyen, vegten etc., hoe liever voor de ouders, en door die beuzelagtigheeden der kinderen, koomen de oude ook veeltijds aan malkander, dat hierdoor wel moord en doodslag geschied. Een moeder zelfs verdraag geduldig dat ze met stokken en steenen gegoeyd word, voor een eer en geluk agtende, dat ze zo een quaadaardige held tot zoon heeft; als de kinderen 6 of 8 jaar oud zijn, word voor haar scherpe stokken, op de manier van assagaye van dawee of sapreyhout gesneeden; nu […] |
[…] their feet on the glued rushes, and, when they want to fly away, usually the tips of their wings adhere to the sticky rushes. Meanwhile the children are sitting behind a tree or a bush, watching for the birds to settle, and then they rush out to catch them. The turtledove is the largest of the birds they catch by means of this device.
As soon as the children of the Eynikkoas can walk they are given a miniature bow and small arrows so that at an early age they learn to use them. While they are small they hunt little lizards which they shoot, roast and eat. The children also shoot finches and other small birds, and in this they are most ambitious, as all the skins of the little birds they have shot are hung round their heads; which is a great honour for them and also a great joy to their parents. For the rest the Eynikkoas are very slack in disciplining their children, since the greater scamps the children are (quarrelling and fighting, etc.) the more delight the parents take in them, and the older people also are often at loggerheads because of this petty quarrelling among the children, so that even murder and manslaughter result from it. Even a mother will patiently submit to having sticks and stones hurled at her, considering it an honour and good fortune that she has such a vicious hero for a son. When the children are six or eight years old, sharp sticks are cut for them and shaped after the fashion of an assegaai, from “dawee” or “saprey” wood. […] |
OM EKSEMPLARE VAN DIE HOË RESOLUSIE KAARTE HIER ONDER TE BESIGTIG OF AF TE LAAI KLIK OP HULLE
Gedeelte van Jacob Gordon se Kaart 1777-95
Die volledige kaart word in die Rijks Museum in Amsterdam bewaar en kan op HULLE WEBWERF besigtig word