Volume II, 1838-1858
Jeremiah Goldswain is in 1802 gebore in Buckinghamshire, Engeland. In die vroeë negentiende eeu gaan Engeland se jongmense gebuk onder werkloosheid. Honderde besluit om Brittanje te verlaat met die hoop dat hulle oorsee werk sal kry. Toe die Britse regering ‘n plan aankondig om te help met emigrasie, was die reaksie van jong mans soos Goldswain oorweldigend. Ten spyte van die feit dat sy ouers hom daarteen waarsku, vertrek die sewentienjarige seun vanuit Engeland as ‘n lid van Williams Wait se geselskap. Aanvanklik is hy ‘n ingeboekte arbeider vir Wait. Na sy vrystelling werk hy eers as ‘n plaaswerker en toe as ‘n houtsaer in die klipgroewe in Grahamstad se omgewing.
Grahamstown 1832, soos gesien uit die noord-weste
Die eerste gedeelte van Goldswain se joernaal (VRS Volume I-27, 1946) handel oor die tydperk vanaf sy aankoms op die grens in 1820 tot na die Sesde Grensoorlog waartydens sy familie skuiling soek in Grahamstad. Dit beskryf veral die aanvanklike probleme wat setlaars aan die grens ervaar.
Hierdie volume is die tweede deel van sy joernaal. Dit begin tydens die hoogtepunt van die Groot Trek (1837-1838) en eindig met die Nasionale Selfmoord van die amaXhosa in 1858. Hy skryf oor die voortdurende spanning tussen swart en wit, sy ervaringe as handelaar en sy gesinslewe, onder andere hul mediese behandelings.
1820 Setlaars span uit by die Groot-Visrivier
Goldswain boer in die tydperk na die Sesde Grensoorlog, maar is ook aktief betrokke by die Grensoorloë as drywer van ‘n transportwa vir die koloniste se weermag. Sy gesin word daagliks bedreig deur gevare as gevolg van die oorloë. Hy patrolleer dikwels in die area, en in 1846 breek die Sewende Grensoorlog uit. Goldswain se joernale toon dat hy hierdie aktiewe, dapper leefstyl opwindend vind. Na die oorlog verlaat hy Bathurst. Hy en sy oudste seun, William, koop saam ‘n merino-skaapplaas, “Burnt Kraal”, drie myl buite Grahamstad. Hier woon hy tot met sy sterfte, en soek skuiling in Grahamstad slegs wanneer daar gevaar is.
Dans van die Fingos
Die joernaal eindig met ‘n gedeelte wat deur Goldswain se seun en dogter geskryf is. Dit verduidelik die noodsituasie wat in Xhosaland heers nadat die Xhosa in 1857 al hul beeste geslag en oeste vernietig het. Sy joernaal eindig in Desember 1858, maar hy sterf eers in 1871 in Grahamstad. Sy nalatenskap is ‘n betroubare bron van inligting oor die daaglikse lewe, asook die struweling tussen wit en swart inwoners, van ‘n Britse setlaar in Albanie tydens die vroeë jare van Europese nedersettings aan die grense van die kolonie.
Die joernaal eindig met ‘n beskrywing wat deur Goldswain se seun en dogter geskryf is. Dit verduidelik die nood toestand wat heers in Xhosaland na die Xhosa al hul beeste geslag en oeste vernietig het in 1857. Sy joernaal eindig in Desember 1858, maar hy sterf eers in 1871 in Grahamstad. Sy nalatenskap is ‘n betroubare bron van inligting oor die daaglikse lewe, asook die struweling tussen wit en swart inwoners, van ‘n Britse setlaar in Albany tydens die vroeë jare van Europese nedersettings aan die grense van die kolonie.
Sketskaart ter illustrasie van Goldswain se joernale, 1820-36
‘N GROTER KOPIE VAN DIE KAART IS HIER VERKRYGBAAR
UITTREKSEL UIT DIE TEKS:
“I laid still and as soon as I thought that it was safe for me to move I lisned and hearing no noise or talking I crept out and went farther out into the bushes and as soon as I thought that I was faranuf away from the road I turned back and came down an old road along ways above the wagon road and as soon as I came to the wagon road I crossed it and cept cloce up to the the Bush untill I came to the old Cradock road and then I crosed the main road and came a long the old road knowing that it came cloce to your house : and when I got all most to the back of your sheep kraals at the bush on the opersiteside of th road I was afraid to come aney farther as I knew that you had so meney sharp dogs and you your self on the loockout : and if you should see me before I caled out I knew that I should git an other shot and your dogs would tear me to peaces.” “When did you rive thear?” “I donot Know the time.” “But did you hear one Goate goad the other?” “Yes I did – and what time was that?” “That was just after two oClock : I was on the loockout : “I had not been here but a few minets when I heard the Goat cryout.” “I have had but verey little reast for the last three weaks and I and my tvo sons is all most socked up.” Mr. Erskine rived with his spring wagon and my Son Wm. Mr. W Webbster J. Roberts and one or two others. Our horses was all readey saddled and seven of us started to the hill. Neer
to the De Bruins Poort we saw meney spoors of the Reble Hottentots and Kaffers. When we was ashort distance from the place wich Mr Booth had pointed out to me I said : “There that is the bush from wich the Hottentots fired the first volley.” We came up to the place and saw ware Mr. Booth fell : we all dismounted and well about we comenced sarching to see if we could see aney thing of the other two men when my Son being afew spaces infrunt called out : “Hear lies one of them.” We all rushed forverd and saw … ”
Redakteur
Una Long was werksaam by die Universiteit van Rhodes in Grahamstad waar sy verantwoordelik was om manuskrifte wat handel oor Suid Afrikaanse geskiedenis, in private besit, op te spoor en te verkry vir die Cory Biblioteek van die Universiteit.