Hierdie publikasie bevat twee joernale wat twee van Olof Bergh se reise beskryf soos onderneem in 1682 en 1683 langs die Weskus tot in Namakwaland. Ingesluit is die joernaal van Isaq Schrijver wat ooswaarts gereis het om met die “Inqua-Hottentotte” beeste te ruil. Sy reis deur die Groot Karoo vind plaas in 1689 en strek so ver as Camdeboo.

OLOF BERGH JOERNALE

Portret van Vaandrig Olof Bergh in 1685

Olof Bergh, ‘n Sweed van Göteborg, is in ongeveer 1643 gebore as lid van ‘n aristokratiese familie. In 1676 land hy aan die Kaap.  Hy onderneem verskeie ruilhandelsreise na die Overberg en help om skatte te herwin van die Engelse skip Joanna wat gestrand het by Danger Point voor hy sy eerste reis langs die Weskus op onderneem.

Die doel van Bergh se reise na die noorde was om met die ‘Hottentotte’ te onderhandel en handel te dryf terwyl hy vertroud raak met die Weskus-streek. Sy eerste reis neem hom en sy geselskap tot by die Groenrivier, naby die hedendaagse Garies. Op hul tweede reis word hul gestuit deur die Kamiesberg en draai hulle terug op byna dieselfde plek as op hul eerste reis.

Map of Olof Bergh JourneysKaart van die reistogte van Olof Bergh

Die redakteur, dr Mossop, se voorwoord sluit die interessante staaltjie in van Bergh se inhegtenisneming in 1687. Hy het waardevolle items van ‘n gestrande skip gesteel tydens ‘n herwinningsekspedisie waarop die Kaapse regering hom gestuur het. Hy is gevonnis en is na Robbeneiland gestuur, waar hy langer as vier jaar aangehou is. ‘n Brief vanuit Nederland beveel die Kaapse goewerneur om Bergh vry te laat. Bergh en sy familie gaan na Ceylon maar keer in 1695 terug na die Kaap. Sy diensrekord is so uitmuntend dat hy eers as kaptein van die Garnisoen, en later in die Beleidsraad aangestel word.  Laasgenoemde is ‘n posisie wat hy voor sy inhegtenisneming beklee het.

ISAQ SCHRIJVER SE REIS

Vaandrig Isaq Schrijver van Leiden was, soos Bergh, ‘n bekwame offisier. Die regering stuur hom op verkenningstogte en ekspedisies om beeste te ruil. Sy mees ongewone opdrag is om slawe wat gedros het, en skuiling by die “Hottentotte” van die Sandveld naby Piketberg gevind het, op te spoor. Goewerneur Simon van der Stel se instruksies was om die slawe terug te bring of om Hottentot-gyselaars gevange te neem sonder enige geweld en bloedvergieting.

“Ons noem die plek waar ons gerus het Vervallen Casteel”

In Desember 1686 word Schrijver aangestel as leier van ‘n ekspedisie om die Inqua-Hottentotte op te spoor vir ruilhandel in beeste. Volgens gerugte loop hul gebied oor van osse, koeie en skape. Schrijver het sy opdrag suksesvol uitgevoer. Hy maak op die ses-en-veertigste dag kontak met Hijkon, die Inqua-leier. Die drie-maande lange reistog na Camdeboo (naby die hedendaagse Aberdeen) en terug neem die geselskap deur die plekke wat vandag bekend staan as Caledon, Swellendam, Heidelberg, Oudtshoorn, oor die Swartberg tot in die Groot Karoo. Hulle roete volg die loop van die Kariegarivier tot by ‘n deel van die Camdeboo berge wat hulle Vervallen Kasteel noem. Daar word vermoed dat die Inqua-vesting in ‘n kloof van die Camdeboo berge weggesteek was, ongeveer 25 kilometer noord-noordoos van die hedendaagse Aberdeen.

Kaart van Schrijver se roete

Die geselskap ‘koop’ meer as 500 beeste en ‘n trop skape. Op pad terug Kaap toe word hulle deur ‘n Hottentot-stam aangeval wat die beeste by hulle probeer steel.  Die groep skiet op die aanvallers, en dertig van die aanvallers word noodlottig beseer. Die geselskap is op 10 April 1689 weer terug in die Kaap.

UITTREKSEL UIT DIE TEKS

BYLAE A. APPENDIX A.
Dassenberghs Fonteijn.

Hierdie fontein is anderkant die noordelike punt van die berg nou bekend as Heerenlogementsberg. Die beroemde grot Heerenlogement lê kort bo die fontein op die hang, 5 à 6 myl oos van Maasrust (Berghfontein) en dieselfde afstand noord van Ratelfontein, stopplek op die lyn na Klaver. ‘n Mens kry swaar om daar te kom met ‘n motor oor die sandpaaie, want daar is maar min harde paaie in die Noordelike Sandveld. Bergh maak geen melding van die grot in sy joernaal en het nie sy naam daar ingekerf nie, ewemin as ander lede van Van der Stel se geselskap in 1685. Die skrywer van die dagboek vermeld dat van Klipfontein—d.i. Berghfontein—hulle gekom het ,,onder den Dassenberg, alzoo genaamt om de menigvuldige Dassen, die zich in de klippen van dat gebergte onthouden, zynde de zelve vol holen en spelonken, gelykende zeer wel een oud en vervallen gebouw.

Op deze onze rustplaats was uitnement schoon gras, en bevogtigt met verscheide snel uitspruitende fon­teinen, gevende zeer zoet en aangenaam water, en het gebergte was overvloedig van brandhout voorzien. De Ed. Heer Commandeur deze namiddag den berg op wandelende, schoot onderweeg een klipspringer.”

Kaje Jesse Slotsboo in 1712 is die volgende bekende besoeker. Ook hier het hy en Casper Hem, waarskyn­lik beïnvloed deur die name by sy vorige rusplek, hul name op die rotswand van die grot ingekerf. […]

Dassenberghs Fonteijn.

This spring is below the northern point of the mountain now known as Heerenlogements Berg. The famous cave of Heerenlogement (The Master’s Lodging House) is only a few minutes climb above the spring. It lies some 5 or 6 miles east of Berghfontein at Maas­rust and is to-day about the same distance north of Ratelfontein Siding on the line to Klaver. The approach is by sand tracks difficult for a motor car, for the North Sandveld has as, yet few hard roads. Bergh’s journal makes no mention of the cave and Bergh did not carve his name therein. Nor did any of the members of Van der Stel’s expedition 3 years later do so. The journalist of Van der Stel’s expedition writes that from Klipfontein (i.e. Berghfontein) they “came below the Dassenberg so called because of the numerous ‘dassen’ (conies) which live in the rocks of this mountain, the same being full of holes and caves so that it almost resembles an old and ruined building.

This day our resting place surpassed others in ver­dure and was moistened by divers quickly flowing springs providing most sweet and agreeable water, the mountain sides furnishing an abundant supply of fire­wood. His Excellency the Commander roamed about the mountain sides this afternoon and while there shot a klipspringer.”

Kaje Jesse Slotsboo in 1712 is the next known visitor, probably influenced by seeing Bergh’s name at his previous resting place, he and Casper Hem were the first to carve their names on the wall of the cave. […]