The Pleasures of Sketching, Riet River (2 Aug. 1851.) – Note the artist’s paraphernalia on the ground. Pe
Thomas Baines was ‘n Engelse kunstenaar en verkenner. Hy is in 1820 in Engeland gebore en word op ‘n jong ouderdom ‘n koetsskilder se vakleerling. Toe hy 22 jaar oud is, verlaat Engeland en kom na Suid-Afrika. Hy arriveer in 1848 in Kaapstad waar hy as ‘n landskap- en portretkunstenaar werk. Later is hy ook die amptelike oorlogkunstenaar in Grahamstad tydens die Agtste Grensoorlog.
Bethany (22 July 1850). Water-colour.
Thomas Baines is vandag veral bekend vir sy gedetailleerde skilderye en sketse wat ‘n unieke insig in die koloniale lewe in Suider-Afrika gee. Hy word beskou as een van Suid-Afrika se mees noemenswaardige kunstenaars. Hy het verskeie geskiedkundige gebeurtenisse vasgevang, beide met sy verfkwas en sy pen.
12th Lancers Forming Camp, Taba Umcheko in the Background (8 Dec. 1851) Water-colour sketch.
Sy dagboeke of joernale wat hier gepubliseer is, is geskryf met die hoofdoel om sy geheue te verfris om skilderye te skep van sy sketse. Hy het rofweg notas geskryf terwyl hy gereis het, wat later herskryf is vir publikasie in boekvorm.
Baines was ‘n kundige, intelligente man met ‘n goeie verbeelding. Hy was egter ongeskool. Dit is duideliker in sy skryfwerk as in sy skilderwerk. Sy spelling was swak, hy was onkundig oor sintaksis, en het selde leestekens gebruik. Dit het veroorsaak dat sy presiese betekenis baie keer verduister is.
Return from the Fight, Waterkloof (14 Oct. 1851). Pencil and wash.
Hierdie bundel van 1850 tot 1853 dek ‘n jaar-lange ekspedisie noord van die Oranje- en Vaalrivier deur die Oranje-Vrystaat tot by Potchefstroom in Transvaal. Met die uitbreek van die Agtste Grensoorlog, die bitterste en wreedste van die reeks Xhosa-oorloë, is Baines as die amptelike oorlogskunstenaar aangestel. Die bundel dek die oorlog wat van Desember 1850 tot Februarie 1853 geduur het.
UITTREKSEL UIT DIE TEKS
Your Content Goes Here