99ste Algemene Jaarvergadering en bekendstelling van ons 2018-volumes

Die eerste jaarvergadering onder ons nuwe naam HiPSA (vroeër die VRV) is op 31 Januarie 2019 gehou in die elegante Ravenswood House in Sentraal-Kaapstad, vir ons beskikbaar gestel deur die eienaar, Patrick Esnouf, ʼn getroue ondersteuner van die vereniging. Ons is opregte dank aan hom verskuldig.

Dit was gepas dat ons, by hierdie mylpaal in ons geskiedenis, twee volumes bekendgestel het, albei gepubliseer in ons eeufeesjaar, 2018. Dit was die eerste keer in die honderd jaar van ons bestaan dat ons twee volumes in dieselfde jaar publiseer. Ons het dit in  2018 gedoen sodat ons ons honderdste volume in ons honderdste jaar kon publiseer.

Aangesien dr Gerrit Schutte, die redakteur van ons eerste 2018-volume, Hendrik Swellengrebel in Afrika: Journalen van Drie Reizen in 1776-1777, nie die bekendstelling kon bywoon nie (hy woon in Nederland), het ʼn lid van ons Raad wat ʼn spesiale belangstelling in die Kaap van die laat-18e eeu het, dr Susie Newton-King, die boek bekendgestel.  Sy het beklemtoon hoeveel lig die volume werp op die ekonomie en die etnografie van die landelike Kaap in die 1770’s. Die boek sal besonder welkom wees, het sy gesê, vir enigiemand wat wil verstaan hoe die kolonie se ekonomie op die grondvlak gelyk het na 120 jaar van Nederlandse heerskappy.

By die tweede bekendstelling op hierdie belangrike aand het ons voorsitter, professor Howard Phillips, verduidelik hoe hy daartoe gekom het om verbatim herinneringe te versamel van 127 Suid-Afrikaanse oorlewendes van die groot ‘Spaanse’ griep van 1918. Hierdie herinneringe het hy opgeneem in ons honderdste volume, In a Time of Plague: Memories of the ‘Spanish’ Flu Epidemic of 1918 in South Africa. Sy weergawe van die pynlike herinneringe deur ʼn wye verskeidenheid Suid-Afrikaners onderstreep die geweldige omvang van die ramp wat die land en die res van die wêreld getref het in die ‘Swart Oktober’ van 1918. Niks kon die tragedie beter uitdruk as die eietydse skrynende isiZulu lied ‘Influenza’ nie, waarvan hy ʼn opname gespeel het, gesing deur die koor vir wie dit in 1919 gekomponeer is. Dit is ʼn treffende voorbeeld van ‘memory in melody’, ʼn melodie van onthou, het prof Phillips gesê.

Die feit dat In a Time of Plague honderd jaar na ‘Swart Oktober’ gepubliseer is, het prof Phillips die geleentheid gebied om die volume by twee ander geleenthede aan die begin van die jaar bekend te stel, naamlik in vyf lesings by die Somerskool van die Universiteit van Kaapstad en by die opening van ʼn uitstalling oor die epidemie by die Montagu Museum. Later in die jaar het hy ook oor die volume gepraat in lesings voor die historiese verenigings van Hermanus en Kalkbaai.

Openbare lesings

Die twee redakteurs en die vertaler van ons 2017-volume, Seleksies uit die briewe van President M. T. Steyn, 1904-1910, Elizabeth van Heyningen, Con de Wet en Chris van der Merwe, het op 1 Maart ʼn waarderende gehoor toegespreek by die Woordfees van Stellenbosch. Die gespreksleier was prof Fransjohan Pretorius.

Op 23 Mei het Chris van der Merwe ʼn praatjie oor dieselfde publikasie gelewer by ʼn vergadering van die geesdriftige Swellendamse Erfenis-vereniging.

VRV 100 Fonds

Skenkings deur lede en goedgesindes aan ons Eeufeesfonds het tot dusver ʼn totaal van R565 000 opgelewer, effens onder ons teiken van R600 000. Indien u die geleentheid gemis het om ons eeufees met ʼn donasie te gedenk, oorweeg dit ASSEBLIEF om nou ʼn skenking te maak. Bydraes, groot of klein, sal hoog op prys gestel word, en donasies sal op ons webwerf erken word.

Probleme met die posdiens

Ons is erg teleurgestel dat ʼn taamlike aantal van ons lede nie een of albei hulle 2018-volumes ontvang het nie, veral as gevolg van probleme met die posdiens. Veral Gauteng lyk na ʼn probleemgebied. Om ʼn herhaling van hierdie frustrerende situasie te voorkom, kan lede uit Gauteng (en ook elders) dit gerus oorweeg om die 2019-volume deur PostNet of selfs deur ʼn koerier te laat aflewer. Ongelukkig sal lede wat hierdie opsie kies, self die koste daarvan moet dra (R110 vir PostNet en R135 vir ʼn koerierdiens). Dui asb teen 31 Julie 2019 aan as u hierdie veiliger tipe aflewering verlang, en stuur ons die gepaste bedrag.

Ons het ook gedink dat lede wat in Kaapstad woon, moontlik kan verkies om hulle 2019-volume sonder ekstra koste by ons kantoor af te haal of by ʼn ander gerieflike plek in die Skiereiland. Ons kantoor is in die Sentrum vir die Boek, Koningin Victoriastraat 62, Kaapstad (oorkant die Kompanjiestuine); kantoorure is Woensdae en Vrydae tussen 10h00 en 13h00. Die telefoonnommer is 021 423-8424 (u kan ʼn boodskap laat) en die amptelike epos-adres is: office@hipsa.org.za

As hierdie reëling u sal pas, laat weet ons asb teen 31 Julie. Ons sal u dan laat weet sodra u volume afgehaal kan word.

Kantoorure

Soos ons in die vorige nuusbrief genoem het, word baie van ons administratiewe en finansiële take nou tuis aanlyn verrig; dus het dit minder noodsaaklik geword dat ons kantoor elke tweede dag van die week oop moet wees. Daarom is die kantoor vanaf 1 Januarie 2019 slegs Woensdae en Vrydae oopgemaak, van 10h00 tot 13h00, as ʼn eksperiment. Daar was geen klagtes oor die nuwe reëling nie en dit het geen afbreuk gedoen aan die doeltreffende werking van die kantoor nie; daarom sal dit in die vervolg ons nuwe kantoorure wees. Lede kan ons natuurlik altyd telefonies kontak en ʼn boodskap laat, of ʼn epos aan ons stuur. Vir dringende sake, kontak asb Rolf Proske by 071 077 1672.

Tweedehandse volumes te koop

Die volgende persone kan gekontak word in verband met tweedehandse HiPSA volumes wat te koop is:

Naam Kontak-besonderhede Volumes te koop Ander inligting
Roger Goodwin roger.joy@mweb.co.za

083 230 3869

021 789 0194

I:26,30,34,48,49 en Reeks II volledige stel; herdrukke; 3 Van Riebeeck Joernale; The Van Riebeeck Society 1918-1978 (Bradlow)
Jackie Leach jackie.leach62@gmail.com

082 4576266

I:3-14, 16-19, 21-50 en

II:1-44 (baie duplikate ingesluit)

Lede in die Pretoria-omgewing mag verkies om volumes af te haal
Catherine Price cath@lovemyhair.co.za

073 3724578

I:39,43 en II:1-41
Hendrik Steyn flinkskink@gmail.com

082 9569454

I:7 Te ruil vir I:2 of ander volume
George Wheatley gwwheatley@yahoo.com I:22-48, I-24 en I-38 uitgesluit (buiteblaaie met watervlekke, bladsye goed) Op soek na ʼn goeie tuiste. Verskeping vanaf die VK moet deur die ontvanger betaal word
Donna Wheeler dwy-wheeler@mweb.co.za

083-504-5010

I:44; II:2,18,19,22,30,39,

43,47,48 en meer

Ons het ook in die kantoor verskeie tweedehandse volumes te koop. Ons webwerf (wat op die oomblik hersien word) verskaf die besonderhede by: http://www.vanriebeecksociety.co.za/SecondHandpage_1.htm

Argiefweek

Vanaf 15 tot 19 Julie, daagliks van 9h00 tot 14h00,  bied die Weskaapse Argief- en Bewaringsentrum, Roelandstraat 72, Kaapstad, rondleidings deur die oudste staatsargief in Suid-Afrika. Lede is welkom om by enige van hierdie toere aan te sluit. ʼn Gids sal u oë open vir wat alles agter die groen deure van die gebou gebeur. Telefoneer Amy Mostert (021 4830456 of 021 483 0400) of stuur ʼn epos aan Amy.VanWezel@westerncape.gov.za vir meer inligting.

In Memoriam

Met leedwese kondig ons die sterwe van die volgende lede aan:

Mnr R Andrag, Mr T H Gamble, Mr B Leach, Mr J Plummer, Prof S Ridge, Mnr O van Oordt, Mr A J van Ryneveld, Mr T Wheeler.

 Nuwe lede

Ons is verheug om die volgende nuwe lede te verwelkom:

Mev S J Boshoff (Hermanus), Bayworld museum (Port Elizabeth), mnr W E Buhrman (Stellenbosch), mnr F de Bruyn (Pretoria), Mr D Hilton-Barber (Hermanus), Mr & Mrs M Janish (Kaapstad), Ms M Kahle (Kaapstad), Mr P Lenahan (Pretoria), Dr M Mbali (Kaapstad), Mr C Muller (Durban), Dr J Murray (Kaapstad), me A Naude (Robertson), Mr N Naylor (Gauteng), Mr T Nolutshungu (Kaapstad), Mrs C Page (Montagu), mev C Swellengrebel (Somerset-Wes), mev E van der Horst (Kaapstad), mnr J van Niekerk (Gauteng).

Ons rig ʼn dringende  versoek tot ons lede om mee te help om die Vereniging te laat groei deur vriende, kinders of kleinkinders aan te moedig om by ons aan te sluit. Of skenk hulle ʼn jaar se lidmaatskap; dit sal hulle sekerlik laat besluit om permanente lede te word, as hulle eenmaal gesien het wat HiPSA alles aanbied.

 2019 Jaarvergadering en bekendstelling van die 2019-volume

Ons honderdste jaarvergadering sal teen die einde van die jaar gehou word; dan sal ons 2019- volume, Indoda Ebisithanda (‘The Man who Loved Us’): The Reverend James Laing among the amaXhosa 1831-1836, geredigeer deur dr Sandy Shell, bekendgestel word. By hierdie vergadering sal ʼn nuwe Raad verkies word; ʼn oproep vir nominasies en besonderhede oor die geleentheid sal in ons volgende nuusbrief bekendgemaak word.