- Om te publiseer tydens ‘n pandemie
HiPSA, en vroeër ook die VRV, is bekend met pandemies. Slegs ses weke na die stigting van die VRV in Augustus 1918, terwyl die Vereniging hard gewerk het aan die publikasie van sy eerste volume (Reports of De Chavonnes and his Council, and of Van Imhoff, on the Cape), is Suid-Afrika getref deur die ergste pandemie in sy geskiedenis, die Spaanse griep van Oktober 1918. ‘Up in Kaapstad …. Coffins at station, streets empty, train services disorganized … gruesome stories of dead in streets and terrible distress’, het die VRV se eerste president, John X. Merriman, in sy dagboek geskryf (Selections from the Correspondence of John X. Merriman 1905-1924, in 1969 deur die VRV gepubliseer).
Daarna was die Vereniging indirek, deur sy publikasies, in kontak met pandemies. Daar was plastiese beskrywings van die vernietigende pokke-pandemie wat die Kaap in die 18e en 19e eeu getref het: deur Thunberg (Travels at the Cape of Good Hope, in 1986 deur die VRV gepubliseer), Valentyn (Beschryvinge van de Kaap der Goede Hoop, volume 1, in 1972 deur die VRV gepubliseer) en Lichtenstein (Travels in Southern Africa, volume 2, in 1930 deur die VRV gepubliseer). Meer onlangs het die Vereniging die realistiese herinneringe gepubliseer van oorlewendes uit ‘Swart Oktober’, soos tydgenote die Spaanse griep-epidemie van 1918 genoem het (In a Time of Plague: Memories of the Spanish Flu Epidemic of 1918 in South Africa, in 2018 deur die VRV gepubliseer).
Hierdie kennismaking met verwoestende pandemies het HiPSA ‘n bepaalde perspektief op dergelike krisisse gebied, en het gesorg dat Covid-19 nie die Vereniging bevries het tot ‘n angstige daadloosheid nie. Vroeg in Junie vanjaar het ons onverskrokke administrateur, Rolf Proske, die kantoor heropen, en ons ywerige personeel het begin met die digitalisering van ons mees gesogte volumes. Ook is voortgewerk aan ons 2020-volume, Sol T. Plaatje: A Life in Letters), hoewel die vordering stadiger was as wat ons gehoop het. Kopieë is egter nou reg vir aflewering en sal in die volgende maand na u kom, deur watter medium u ook al gekies het, per pos, koerier of persoonlike afhaling. ‘n Hoë-profiel bekendstelling van die volume op Plaatjie se tuisgrond in Kimberley, wat vir vanjaar beplan is, sal nou in 2021 gehou word, as Covid-19 dit toelaat. ‘n Virtuele bekendstelling via zoom sal egter plaasvind na ons algemene jaarvergadering op 15 Desember 2020. Sien besonderhede hieronder.
- 15 Desember 2020: 101ste Algemene Jaarvergadering en bekendstelling van Sol T. Plaatje: A Life in Letters
Die pandemie het HiPSA nie daarvan afgeskrik om sy jaarvergadering te hou nie. Dit vind om 18h00 SA Standaardtyd plaas op 15 Desember 2020 via zoom. Hoewel dit beteken dat ons sonder die gebruiklike sosiale interaksie, die drankies en die versnaperinge sal moet klaarkom, sal veel meer mense as gewoonlik (veral lede buite die Weskaap) die jaarvergadering kan bywoon, al is dit virtueel. Dus verwag ons, paradoksaal, hierdie keer ‘n groter bywonertal, wat mense van oor die hele wêreld kan insluit, van Kimberley tot Kopenhagen, van Kalkutta tot Canberra, van Casablanca tot Kansas. Maak seker dat u nie hierdie globale byeenkoms, die eerste in HiPSA se geskiedenis, misloop nie!
Vir die zoom-skakel na die jaarvergadering en die boekbekendstelling, stuur asb voor 12 middaguur SA tyd op 14 Desember 2020 u epos-adres na office@hipsa.org.za. Gebruik die skakel wat aan u gestuur sal word, om toegang tot ons byeenkoms te verkry vanaf 17h50 SA tyd op 15 Desember 2020. Ons vra verskoning vir die lede wat nie die nodige internet-geriewe het nie, maar ons wil u aanmoedig om deur ‘n familielid of vriend wat wel internet het, deel te hê aan hierdie unieke jaarvergadering en boekbekendstelling.
Die vergadering sal om 19h00 SA tyd gevolg word deur die bekendstelling van die jaar se volume, Sol T. Plaatje: A Life in Letters. Die twee redakteurs, Brian Willan en Sabata-mpho Mokae, sal albei oor die volume praat.
3. Tweedehandse volumes en eBoeke te koop
Daar is ‘n aantal tweedehandse, hardeband HiPSA volumes te koop, ook heelwat boeke wat uit druk is. Sommige word namens buite-verkopers geadverteer, ander kan direk van ons kantoor gekoop word. ‘n Boek met beperkte oplaag, wat verband hou met ons onlangse Swellengrebel-volume, is ook te koop (The Cape in 1776-1777: Aquarelles by Johannes Schumacher). Vir verdere inligting, gaan asb na ons webwerf: https://hipsa.org.za/secondhand-volumes/. Ook het ons tydens die Covid-19 inperking ‘n aantal van ons vroeëre volumes gedigitaliseer en ons kan hulle nou te koop aanbied. Vir inligting hieroor, gaan na https://hipsa.org.za/e-books/ of kontak ons per foon of epos.
- Welkom en vaarwel
Ons is verheug om die volgende nuwe lede in ons midde te verwelkom:
O’LEARY MR M KwaZulu/Natal
JONES MR N Woking, UK
NELL, ME A Elarduspark
BRAND ME D Stellenbosch
TERBLANCHE ME M Macassar
BESTER MNR M C Kaapstad
PIETERSEN MNR S B Johannesburg
MOKHOAETSI MS M Kaapstad
HUNLUN ME M L Vredendal
JANSEN VAN VUUREN DR A Lynnwood
SHULMAN MR J Sandringham
CHEWINS DR L Gauteng
MARAIS ADV R Kaapstad
HOLDRIDGE MR C Mahikeng
RUTHERFORD MR K Knysna
MEIRING MNR J Gauteng
SWIEGERS MNR G Stellenbosch
REMMINGTON MS J Bryanston
DOMINY DR G Pretoria
GRIEVE MR A George
NIENABER DR R Gauteng
NEL ME E Hermanus
SIDOGI MR P Pretoria
NDZAMELA MR P Kaapstad
ACOTT MRS H Kaapstad
BOIKHUTSO MR S Gauteng
PADAYACHEE DR G Gauteng
SMITH MR E Gauteng
HARTMANN MR R Alexandria, USA
BLUNDELL DR G Pietermaritzburg
MAYER MR R Johannesburg
BLACKMAN DR M Kaapstad
Met hartseer maak ons die oorlye van die volgende lede bekend:
BEYERS ME M
YEOWART MR B
DUNNINGHAM MR M W
WAGENER MNR B
GROBLER DR J C H
KINCAID-SMITH MRS E
UNTERHALTER MR B
MEYER MNR S
RUSSELL MRS E C M
PIENAAR ADV J LE F
METS DR J T
MALAN DR H
DE WAAL DR J J
VIALL MR J
WITTENBERG MR G
BUYS MNR K S
VAN KERKEN MR H
SHEPLEY MR W
TYSON MR H
VAN ZYL MNR R J
MORRIS MR M C W