102de ALGEMENE JAARVERGADERING EN BEKENDSTELLING VAN ONS 103derd VOLUME

Verlede jaar het ons, as gevolg van Covid, ons jaarvergadering aanlyn gehou, en dit is deur lede uit drie kontinente en vier tydsones bygewoon. Vanjaar vergader  ons weer aanlyn, om 18h00 SA tyd op 17 November 2021. Laat ons asb weet as u die jaarvergadering wil bywoon, dan sal ons u die dag voor die vergadering ‘n zoom-skakel stuur. U kan op 17 November vanaf 17h45 inskakel.

Ná die jaarvergadering word ons volume vir 2021 bekendgestel: François le Vaillant se Travels into the Interior of Africa via the Cape of Good Hope, volume 2, geredigeer deur professor David Culpin. Die publikasie van hierdie volume sal uiteindelik die vraag beantwoord wat lede aan die raai gehou het sedert die publikasie van volume 1 in 2007 – die vraag naamlik, wat het geword van Le Vaillant se flirtasie met die Gonaqua vrou Narina, so kunstig beskrywe op die laaste bladsye van volume 1? Maak seker dat u die bekendstelling aanlyn bywoon,  sodat u kan uitvind waarop hierdie ontmoeting uitgeloop het!

 2022 HERDRUK

Ons oorweeg EEN van die volgende twee volumes vir ons 2022-herdruk:

Reeks I/19 (1938): Die Duminy Dagboeke/ The Duminy Diaries, geredigeer deur JLM Franken[Die Duminy-dagboeke bestaan uit die dagboek van Johanna Margareta Duminy (1797), die joernaal van François Duminy oor sy besoek aan die Caledon-warmbaddens en die Bokrivier (9 November 1810 tot 4 Maart 1811), die joernaal van François Duminy se ekspedisie na Walvisbaai in 1793 en Sebastian Valentyn van Reenen se joernaal van dieselfde ekspedisie. Die tekste is in Frans en Nederlands met ‘n Engelse vertaling. Die inleidings is slegs in Afrikaans.]

OF Reeks  I/20 (1939) The Diary of Dr Andrew Smith, Director of the ‘Expedition for Exploring Central Africa’, 1834-6; Vol. I, geredigeer deur P.R. Kirby. [Andrew Smith, ‘n weermag-dokter, het in 1820 in die Kaap aangekom en tot 1837 daar gebly. Die ekspedisie na Sentraal Suid-Afrika is onderneem om meer uit te vind oor die mense wat verder noord gewoon het. Smith het na Kuruman en na die gebied van die Ndebele gereis en die Oori-, Mariqua- en Limpopo-riviere verken. Die geselskap het ‘n aantal sendelinge ingesluit, onder andere Robert Moffat].

Indien u ‘n sterk voorkeur vir een van die twee het, laat ons asb weet voor 1 Desember 2021.

  IN MEMORIAM: SANDRA COMMERFORD

Met ‘n swaar hart meld ons die heengaan van ons assistent-administrateur, Sandra Commerford, in Julie vanjaar. By die gedenkdiens het ons administrateur, Rolf Proske, ‘n innige hulde aan haar gebring. ‘n Deel daarvan word hier weergegee:

‘From the moment I met her, I could see that this was an exceptional person. She was initially  engaged in fairly low-key duties as an assistant, but that changed radically over the years. As she grew in confidence and stature, her sharp intelligence, efficiency and attention to detail led to her assuming a central role in the society’s administration. She found the work immensely satisfying and developed a serious interest in historical documentation …. She gave more of herself than was necessary. When our annual volume was ready to be dispatched, there would always be a number of mundane and repetitive tasks involved, but I remember so well Sandra insisting, ‘But I really enjoy doing this donkey work’, and so she would end up doing more than her fair share. There was no false modesty involved. That was how she was …. Her warmth and humanity were apparent to us all, and we will miss her terribly.’

Om haar toegewyde werk in belang van die Vereniging te gedenk, het lede van die Raad gesamentlik ‘n bedrag van meer as R3000 aan HiPSA se Eeufeesfonds geskenk onder die opskrif ‘In Memoriam Sandra Commerford’.

 BRAND IN DIE JAGGER BIBLIOTEEK VAN DIE UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD

Die Raad het besluit om ‘n skenking aan die Universiteit van Kaapstad te maak van al ons volumes wat nog in druk is plus die volumes wat slegs as e-boeke beskikbaar is, om die volumes te vervang wat op 18 April 2021 in die verskriklike brand op die kampus vernietig is. Die skenking is sonder aarseling gedoen, in erkenning van die ondersteuning wat die UK, op verskeie maniere, oor die afgelope 103 jaar aan HiPSA en die VRV verleen het. Dit herinner aan ‘n hartseer gebeurtenis in 2010, toe die hele departementele biblioteek van die Geskiedenis-departement van die Universiteit van Stellenbosch in ‘n brand verwoes is. Toe het ons ‘n soortgelyke feniks-agtige skenking van ons volumes gemaak.  Op dié manier wou HiPSA  sy diepe dankbaarheid teenoor twee instellings betoon vir hul volgehoue ondersteuning oor die afgelope honderd jaar.

 VERSPREIDING VAN ONS JAARLIKSE VOLUME

In die lig van ons konstante probleem met die Poskantoor se aflewering van ons jaarlikse volume, bied ons vanjaar, naas ons vorige aanbod om koeriers soos Postnet en Aramex te gebruik as lede dit sou verkies, ook ‘n ander moontlikheid as eksperiment: Protea Boekwinkels het hulle bereid verklaar om eksemplare van die jaarlikse volume in hul takke in Stellenbosch en Pretoria te bewaar vir lede wat naby hierdie winkels woon en aangedui het dat hulle dit by een van hierdie twee plekke wil afhaal. Indien die reëling effektief is en nie ‘n las op lede plaas nie, mag ons hierdie stelsel volgende jaar uitbrei na ander dele van die land vir lede wat dit verkies. Ons opregte  dank gaan aan Protea Boekwinkels vir hul uiters vriendelike aanbod.

HiPSA VOLUME OP KORTLYS

Ons het so pas verneem dat ons 2020 volume, Sol T Plaatje: A Life in Letters, geredigeer deur Brian Willan en Sabata-mpho Mokae op die kortlys van die “South African Literary Awards in the Creative Non-Fiction Literary category”,  geplaas is. Die wenner sal op 7 November 2021 aangekondig word.

Ons verseker u dat as die boek wen, u meer daarvan sal hoor van ons kant. Intussen wens ons die redakteurs baie geluk met hierdie prestasie.

WELKOM EN VAARWEL

Ons is verheug om vanjaar die volgende nuwe lede in ons midde te verwelkom:

PARKER PROF G                VSA

MONDI MRS D                    Gauteng

MOGUERANE DR K           Gauteng

KEMP MS S                         Gauteng

DOR MS I                            Frankryk

VAN DER REYDEN MR R   Pretoria

WEALE MR G                      Johannesburg

MASOLA DR A                    Gqeberha

BASSON MNR J                 Stellenbosch

JENNINGS DR K                 Kaapstad

BEYERS MS M                     Makhanda

ELS MR M                           Kaapstad

WENER MR P                     VSA

KLAAS DR J                         Pretoria

LINDER, MR P                     Kaapstad

ERASMUS ME A                 Kaapstad

LATEGAN DR F                   Wellington

TABATA MR W                    Pretoria

SIMPSON MR G                 Harding (KZN)

PRETORIUS MNR J            Lady Grey (Oos-Kaap)

SPEARPOINT MR M           Gqeberha

MOFOKENG MR L             Gauteng

Met hartseer maak ons die oorlye vanjaar van die volgende lede vanjaar bekend:

ROOD MR P

FERNANDEZ MR L

GILLESPIE MS B