1. Algemene jaarvergadering en bekendstelling van ons 2022-volume

Ons 103e algemene jaarvergadering word per zoom op Donderdag 17 November 2022 gehou, om 18h00 (SA tyd). Laat ons asb per kerende e-pos weet as u die vergadering wil bywoon sodat ons u op 14 November ‘n Zoom-skakel kan stuur. Dis ‘n belangrike vergadering, aangesien ons die voorgestelde wysigings aan ons grondwet sal bespreek (aangebring om te voldoen aan die staat se vereistes vir ‘n nie-winsgewende vereniging), en ons sal ook ‘n nuwe Raad vir die termyn 2022-2025 verkies. Daarom versoek ons u dringend om die vergadering by te woon, waar in die wêreld u ook al mag wees. Indien u iemand vir die Raad wil nomineer, voltooi asb die onderstaande vorm en stuur dit aan ons sekretaris, Rolf Proske, by office@hipsa.org.za nie later nie as 09h00 op 9 November 2022.

Na die jaarvergadering word ons 2022-volume bekendgestel – I See You: The Industrial and Commercial Workers’ Union of Africa, 1919-1930. Albei redakteurs, David Johnson en Henry Dee, sal virtueel gesels oor die boek se oorsprong, bronne, inhoud en waarde. Daar sal ook geleentheid wees vir reaksies en vrae uit die gehoor.

  1. Ons 2021 volume, François le Vaillant se Travels into the Interior of Africa via the Cape of Good Hope, volume 2 (redakteur David Culpin)

Hierdie volume het alreeds positiewe resensies ontvang – een daarvan het ons op HiPSA se webtuiste geplaas sodat u kan deel in ons trots op hierdie publikasie (https://hipsa.org.za/launch_speech/volume-iii-3-francois-le-vaillant-volume-ii-reviews-resensies/).

U moenie dink dat ons onvermoeide redakteurs op hul louere gerus het nadat die volume gepubliseer is nie. David Culpin was steeds bekommerd oor twee plekverwysings in die teks van Le Vaillant wat hy nie kon identifiseer nie. Na verdere navorsing kon hy egter die plekke identifiseer, en die volgende nota is op HiPSA se webwerf geplaas: (https://hipsa.org.za/publication/francois-le-vaillant-travels-into-the-interior-of-africa-via-the-cape-of-good-hope-vol-ii/)

Subsequent to the publication in 2021 of Le Vaillant’s Travels into the Interior of Africa via the Cape of Good Hope, volume 2, the editor, David Culpin, was able to identify two places mentioned in the text (page 166, footnote 435) as unknown. They are as follows:

Wetwater: ‘Wetwater’ is a misprint for ‘Witwater’. The river’s coordinates are 33°34’0” S and 19°43’0” E. It lies roughly 27 km north-east of Worcester and runs across the route followed by Le Vaillant.

Constapel: According to E.E. Mossop, writing in 1927, the ‘route to the Bokkeveld Karoo by the Hex River Pass […] was not an unusual one a century ago and was the route followed by the Official Commission for Cattle Census of 1804’. He adds in a footnote, ‘The Constapel is a mountain (berg) which begins between the Verkeerde Valley and Buffels River at Touwsberg’. E.E. Mossop’, Old Cape Highways (Kaapstad: Maskew Miller, 1927), p. 237 and note 1.

  1. Aflewering van die 2022-volume

Diegene wat hulle ledegeld betaal het, sal teen hierdie tyd reeds hul kopie van ons 2022-volume ontvang het: I See You: The Industrial and Commercial Workers’ Union of Africa, 1919-1930, geredigeer deur David Johnson en Henry Dee. Indien u dit nie gekry het nie, laat asb dadelik ons sekretaris weet (office@hipsa.org.za).

Aangesien die SA Poskantoor dikwels nie meer ons volumes betyds en in ‘n goeie toestand aflewer nie, beplan ons om in die toekoms ons volumes op een van die volgende maniere by ons lede in Suidelike Afrika te kry:

(a) Aflewering by u tuiste deur ‘The Courier Guy’, wat die billikste prys vir die diens aanbied.

(b) Persoonlike afhaal by ‘n tak van die Protea-Boekwinkel in Stellenbosch, Pretoria of Johannesburg indien u vooraf te kenne gegee het dat dit u sal pas.

(c) Persoonlike afhaal by die HiPSA-kantoor in die Sentrum vir die Boek, Koningin Victoriastraat, Kaapstad, indien u vooraf aangedui het dat dit u sal pas.

  1. Lede wat ná Oktober 2021 oorlede is

MCADAM MR W J (BILL)

KRZESINSKI-DE WIDT PROF A

WESTRA MNR P

  1. Lede wat ná Oktober 2021 aangesluit het

FERREIRA DR J                    Gauteng

MORELLI DR E                     Italië

KOEKEMOER ME C             Swellendam

VAN DER MERWE MNR W   Stellenbosch

POTGIETER ME C                Swellendam

LAMPRECHT MNR A           Kaapstad

HATTINGH MNR E               Greytown KZN

SWART MNR D                     Plettenbergbaai

BERGH MNR A                     Paarl

MULLINS MR M                   Stellenbosch

VALORY MR A                      Kaapstad

SHERRATT MS J                        Londen VK

SIZA MR M                           Kaapstad

MILL C                                  Kaapstad

HOWES MS S                       Kaapstad

DALL MR N                          Kaapstad

MAARTENS MNR R            Kaapstad

HILLMAN MR G                       Pretoria

JOSEPH MR L                             St Helenabaai

  1. Piet Westra

Dit is met leedwese dat ons die sterwe vermeld, op 85-jarige leeftyd, van Piet Westra. Piet was van 1982 die tesourier van ons voorganger, die Van Riebeeck-vereniging. Sy slim belegging van ons fondse het ons reserwes behoorlik laat groei en gehelp om dit op ‘n stewige fondament te plaas. Die vereniging het ook baie gebaat by sy ondervinding as redakteur en sy kennis van die uitgewerswese. Sy volharding, bibliografiese kennis en aandag aan detail sal lank onthou word. Ons meegevoel gaan uit na sy weduwee, Rina, en die hele Westra-familie.

  1. Nominasievorm vir die Raad van HiPSA, 2022-2025

Ek, ……………………………………………….., nomineer  ………………………………………………………………………………………………….

om in die Raad van HiPSA te dien van 2022 tot 2025. Die persoon wat ek nomineer, het ingestem dat hy/sy hiervoor genomineer word.

Sekondant: Ek, ………………………………………………………………………., sekondeer die bogenoemde nominasie.

(N.B. Die genomineerde, die voorsteller en die sekondant moet almal opbetaalde lede van HiPSA wees.)