Hierdie volume sluit 127 eerstehandse vertellings in van die verskriklike impak van die pandemie op  Suid-Afrika. Saam gee hulle beeld van ʼn land onder beleg vir byna ʼn maand terwyl die mense worstel om nie deur die epidemie verswelg te word nie – ʼn epidemie wat ongeveer 5% van die bevolking laat sterf het en nog 50-60% siek gemaak het. Die memoirs bied ʼn helder en onvergeetlike weergawe van die trauma van daardie weke: skotskarre vol lyke onder seil bedek wat in Adderleystraat afkruie; massagrafte in Kimberley met lyke slegs in komberse toegedraai; skole, kerke en bioskope in Bloemfontein gesluit om die verspreiding van die siekte te voorkom; ganse families wat dood lê in huise of hutte op die Kaapse Vlakte en in die Transkei; die angs as iemand naby jou hoes of nies; die lang rye van wanhopige mense wat staan en wag by haastig opgerigte depots om sop, bottels van ʼn vinnig bedinkte ‘griep-mengsel’ en suurlemoene te kry; en die angswekkende gerugte van dood en van gevaarlike, onnatuurlike voorbodes.

Maar hierdie verslae vertel ook van die vrywilligers van alle klasse wat die depots beman het, huisbesoeke gedoen  en noodsaaklike werk verrig het, pogings aangewend het om die disintegrasie van die gemeenskap te verhoed. ‘They gave everything …. They helped us very well, I must say that. We cannot have a quarrel with whites about that’, het ʼn bruin man van 99 verklaar toe ek in 1978 met hom ʼn onderhoud gevoer het. ‘They are not the whites of today. They were not the same’.

Hierdie volume lê die aangrypende, unieke persoonlike herinneringe vas van mense wat byna almal nou oorlede is; hier word die stemme gehoor van ʼn geslag wat verdwyn het. Die volume plaas die herinneringe ook in ʼn globale perspektief, van ʼn pandemie wat die wêreld in 1918-19 getref het, meer as 50 miljoen mense laat sterf het, op ʼn ongekende skaal weeskinders gemaak en bedroefde en getraumatiseerde oorlewendes agtergelaat het. Die getal mense wat gesterf het, is veel groter as die hoeveelheid mense wat in die Eerste Wêreldoorlog gesterf het (12-14 miljoen), tog is dit laasgenoemde wat, paradoksaal, sy merk op die geskiedenis gelaat het en wat steeds gedenk word. Oral oor die wêreld is daar openbare gedenktekens van die oorlog, maar daar is min gedenktekens van die Spaanse griep afgesien van die indiwiduele grafte. (In Suid-Afrika is daar net vier – by die ou De Beers dinamietfabriek in Somerset-Wes; by die Port Elizabeth munisipale biblioteek; by die Verpleegsterstehuis by die Kimberley Hospitaal; en buite die kantore van AVBOB in Bloemfontein).

Dit is ons wens dat hierdie boek uiteindelik Suid-Afrika se ergste gesondheidskrisis in ons historiese bewussyn sal bring en in konteks sal plaas, sodat ons sin kan maak van die familie-herinneringe van die ‘Swart Oktober’ wat in fragmente aan ons oorgelewer is.

BEKENDSTELLINGS TOESPRAAK
RESENSIES

Collected and edited by Howard Phillips

Howard Phillips is Emeritus Professor of History at the University of Cape Town (UCT) where he taught, inter alia, the social history of medicine and disease in the Faculties of Humanities and Health Sciences. His curiosity about the then scarcely-known episode of ‘Black October’ was piqued when he was a postgraduate student at UCT in the 1970s and he subsequently went on to write the first scholarly work on the subject,’Black October’: The Impact of the Spanish Influenza Epidemic of 1918 on South Africa (1990), followed by several other works on this and related topics, viz. The Spanish Influenza Pandemic of 1918-19: New Perspectives (2003) and Plague, Pox and Pandemics: A Pocket History of Epidemics in South Africa (2012).He still lives in Cape Town.