OORSPRONKLIKE NEDERLANDSE TEKS MET ‘N ENGELSE VERTALING

Governeur Rijk Tulbagh

Rijk Tulbagh word in Februarie 1751 aangestel as Goewerneur van die Kaapse Nederlandse Kolonie na hy baie jare as Sekretaris van die Raad van Justisie gedien het. Hy het in 1716 in die Kaap aangekom op die ouderdom van sewentien, en het ‘n passie ontwikkel vir elke aspek van sy aangenome land: die geografie, botanie, en die mense. Een van sy eerste take as Goewerneur was die aanstelling van ‘n ekspedisie om kennis te versamel van die onbekende toestande aan die binneland en gepaardgaande mense. Die ekspedisie, wat uit 71 mense bestaan het, was onder die bevel van Vaandrig Frederik Beutler. Hulle taak was om alle moontlike inligting oor die land se natuurlike hulpbronne, kommersiële potensiaal asook die gebruike van die inheemse inwoners in te samel. Hulle verlaat die Kasteel aan die einde van Februarie 1752 met instruksies om die goed gevestigde roete in Mosselbaai se rigting te volg, en van daar deur die “mees geskikte” plekke te reis.

Attaquas Kloof, 1770s (deur Schmacher)

Die instruksies is heel waarskynlik deur Goewerneur Tulbagh opgestel, en daar is aansienlike klem geplaas op die belangrikheid van wetenskaplike akkuraatheid. Die ekspedisie moes nie bloot ‘n beskrywing gee van die land, mense en ander aangeleenthede nie, maar moes ter wille van vooruitgang ook fokus op goeie geografiese en astronomiese waarnemings. Dus is die tipiese militêre personeel aangevul deur Carl Haupt wat ‘n joernaal moes byhou, ‘n land opmeter, ‘n kartograaf asook ‘n amptenaar wat astronomiese- en kompaslesings moes neem.

Wentzel se kaart van Beutler se ekspedisie in 1752.

Ná Mosselbaai was die land nog onbekend. Die enigste koloniste wat die area betree het, was onwettige jag- en handelsekspedisies wat hul ekskursies geheim wou hou. Die Beutler-groep het verby die Keirivier gereis tot by hedendaagse Butterworth voor hul gefrustreerd terugdraai het. Dit sou vyftig jaar duur voor die volgende Kaapse reisiger so ver reis.

Die Beutler-joernaal is een van die vroegste geskrewe verslae tot ons beskikking wat handel oor die Oos-Kaap in die agtiende eeu. Die enigste verslag voor Beutler was die verhaal van die wrak van die Stavenisse in 1688 (HiPSA Vol II-22 The French Boy). Dus is dit die eerste verslag ná bykans ‘n eeu van stilte.

Die Beutler-groep het die Kaap in November 1752 bereik na byna nege maande. Goewerneur Tulbagh was egter nie ingenome met hul resultate nie. Volgens hom het die ekspedisie geen waardevolle ontdekkings gemaak of nuwe stamme ontmoet nie. Dus het hul nie in hul doel – om die inwoners van die binnelandse streke te ontmoet en te bewerkstellig of winsgewende handel moontlik sal wees – geslaag nie.

Ten spyte van die sogenaamde mislukking van die ekspedisie, verskaf die joernaal waardevolle inligting oor die Oos-Kaap voor koloniste die area betree het. Die leser leer meer oor die fauna en flora van die streek asook die Khoikhoi, Xhosa, Tembu en Oeswana San (“Chinese Hottentots”). Hierdie uitgawe bevat beide die oorspronklike Nederlandse teks (laas in 1922 gepubliseer) asook die eerste Engelse vertaling.

Kaart van Beutler se ekspedisie na die Oos-Kaap in 1752: Hersien met inagneming van die koördinate wat waargeneem is.

Kliek hier vir meer inligting oor die ekspedisie se daaglikse reise. Die volgende gegewens word gegee: die datum en die afstand in myl afgelê, asook die spesifieke rigting waarin hulle gereis het om by ‘n plek uit te kom met die gepaardgaande koördinate en ‘n opsomming van die waargeneemde koördinate.

UITTREKSEL VANUIT DIE NEDERLANDSE EN ENGELSE TEKS

Maij May
Den 1e do vertrokken van deese rustplaatse smorgens voor seeven uuren stelden onse cours om de Z. over een groote vlakte waaruijt de zee beneevens de mond van ’t Cromme revier na gissing 4 mijlen in Z. Z. Ot van ons sagen en na de Leeuwenboschrivier en een droog riviertje overgekomen te zyn, naamen wij ons route Z. Z. Ot aan, saagen alhier 2 Hottentotten op de jagt, die ons quaamen verwelkomen, weesende deselve van de Gamtousch natie, eene deselve die Hollands spraak siejde ons dat sij arme Hottentotten waaren en nog vee nog iets hadden soodat se haar leevens onderhoud in ’t veld moesten gaan zoeken, wij gaaven haar wat tobak daar sij ons ten hoogsten voor bedankten, dat volk gebruijkte om te rooken een elands hoorn, waarinne een riet met een stuk hout daarop pijpsgewijs gemaakt, in stak, sijnde de hoorn van binnen met water voorsien, waardoor den rook eerst doortrekken moet om de bitterheijd daarvan voor dat die in de mond komt te beneemen, bij gebrek van water gebruijken se haare eijgen daartoe, in plaatse van den rook uijt de mond te blaasen slokte sij die in, hetgeen sulk een sterk hoest veroorsaakte dat hun het bloed de neus uijt sprong, dit wonderlijk rooken gesien hebbende nam den vaandrig die Hottentotten met sig en arriveerde in den middag te half een uur aan………… 1 do. Leaving this rest-place this morning before 7 a.m., we set our course to the south over a great plain where [we] saw the sea as well as the mouth of the Cromme River, at a guess four miles SSE. Having crossed the Leeuwenboschrivier and a dry rivulet, we made our route SSE. Saw here two Hottentots hunting, who came to welcome us. They were of the Gamtousch tribe [1]. One of them who spoke Hollands told us that they were poor Hottentots and had neither livestock nor anything [else], so that they had to go and search for their sustenance in the veld. We gave them some tobacco, for which they thanked us very much. For smoking, those people used an eland’s horn in which a reed was stuck with a piece of wood on it made like a pipe. The horn has water inside, through which the smoke must first be drawn to take away its bitterness before it gets into the mouth. When water is lacking, they use their own [urine?]. Instead of exhaling the smoke, they swallowed it, which caused such a strong cough that the blood streamed out of the nose. Having seen this wonderful [way of] smoking, the Ensign took the Hottentot with him and arrived at half an hour past midday at the………..
[1] According to the traveller Hendrik Swellengrebel (1776), the Gamtoos River was named after a Khoikhoi chief; see G S Nienaber, Khoekhoense stamname: ‘n voorlopige verkenning (Pretoria: Academica, 1989), 346–349. See also n. 156.

Vertaal deur Thea Toussaint van Hove en Michael Wilson

Thea Toussaint van Hove is in 1916 in Den Haag, Nederland, gebore. Na sy matrikuleer aan Het Nederlandsch Lyceum studeer sy aan die Universiteit van Leiden, waar sy in 1940 ‘n meestersgraad in die regte verwerf. Hierna werk sy in die regsafdeling van die Direktoraat van Prysbeheer in Amsterdam. Sy is terselfdertyd aktief in die Nederlandse Weerstandsbeweging tydens die oorlog en daarna werk sy as ‘n vryskut joernalis.

In 1948 trek sy en haar familie na Suid-Afrika. Sy is werksaam by die NICRO Vereniging (Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en Herintegrasie van Oortreders). Sy verwerf ook ‘n BA-graad in Sosiologie en Sielkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika en later ontvang sy haar PhD in Sosiologie aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1986 tree sy af as die Assistent Nasionale Direkteur by NICRO en van 1987 tot 1996 is sy ‘n vrywillige navorsingsassistent in die Argeologie Departement van die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad.

Michael Lewis Wilson is in 1933 gebore in Umtali, Suid Rhodesië (hedendaagse Mutare, Zimbabwe). Hy matrikuleer aan St. Aidan’s Kollege in Grahamstad en spandeer daarna twee dekades in die kommersiële wêreld.

In 1974 verwerf hy ‘n BA-graad aan die Universiteit van Kaapstad, met Grieks en Argeologie as hoofvakke. Hy is vir ‘n jaar in tydelike diensneming by die Argeologie Departement van die Suid-Afrikaanse Museum in Kaapstad. Daarna studeer hy BA Honneurs aan Stellenbosch Universiteit en slaag cum laude. Hierna word hy aangestel as ‘n permanente lid van die Argeologie Departement in die Suid-Afrikaanse Museum se Geesteswetenskappe afdeling tot met sy aftrede in 1996. In 1990 verwerf hy sy MA-graad in Argeologie aan die Universiteit van Kaapstad. Sy navorsing is gefokus op die argeologie en vroeë geskiedenis van die San en Khoikhoi. Hy is oorlede op 9 September 2011.

Redigering en voorwoord deur Hazel Crampton, Jeff Peires en Carl Vernon.

Hazel Crampton is die skrywer van The Sunburnt Queen (2004), ‘n nie-fiksie vertelling van die skipbreukelinge aan die Wilde Kus, wat in 2005 genomineer is vir die Alan Paton Toekenning en reeds in sy 7de herdruk is. As Beeldende Kunste gegradueerde, het sy vir baie jare in die filmbedryf gewerk en is tans betrokke by die Meestersgraad program in Kreatiewe Skryf aan Rhodes Universiteit. Sy werk ook aan ‘n boek wat handel oor die antieke suidelike Afrika handelsroetes.

Jeff Peires is die skrywer van The House of Phalo: A History of the Xhosa People in the Days of their Independence (1981) en The Dead Will Arise: Nongqawuse and the Great Xhosa Cattle-Killing of 1856–7 (1989). Hy was vir ses jaar die hoof van die Geskiedenis Departement aan die Universiteit van Transkei waarna hy in 1994 verkies is tot die Nasionale Vergadering. Daarna werk hy vir die Oos-Kaapse Provinsiale Regering in Queenstown, Tsolo/Qumbu en Bhisho. Hy het vervroegde aftrede geneem aan die einde van 2006 en werk tans aan die geskiedenis van die Oos-Kaap.

Carl Vernon is ‘n bioloog wat vir meer as vyftig jaar betrokke was by natuurhistoriese museums. In 1976 sluit hy aan by die Oos-Londen Museum waar hy sy belangstelling in ‘n verskeidenheid van natuurgeskiedenis kon volg.  Hy tree in 2003 af en woon in Bonzabaai. Hier het hy sy veldstudies oor die fauna en flora voortgesit. Sy jarelange belangstelling in die historiese landskap van die Oos-Kaap het gelei tot sy deelname aan die Beutler-projek.