Johan August Wahlberg is in 1810 gebore naby Göteborg in Swede. Hy studeer aanvanklik chemie aan die Universiteit van Uppsala. Later studeer hy bosbou en gradueer aan die Sweedse Bosbou-Instituut. In September 1836 word hy aangestel as ingenieur in die Algemene Opmetingskantoor en onderrig hy fisika, chemie, natuurgeskiedenis en agronomie in die skool. In sy vrye tyd het hy spesimen versamel en voorberei in die hoop om geld in te samel deur dit aan museums te verkoop. Hy erken dat voëls die groep is waarin hy die meeste belangstel.

Johan August Wahlberg  (1876)

In 1837 versoek die Sweedse konsul in Kaapstad die Sweedse Akademie vir Wetenskappe om ‘n natuurkenner te finansier om Suid-Afrika te besoek met die doel om plant-en dierspesimen te versamel vir die Nasionale Natuurhistoriese museum in Stockholm. Die Akademie stuur vir Wahlberg. Sy werkgewer staan aanvanklik twee jaar se verlof toe. Beide die Akademie en die Sweedse konsul verskaf finansiering, maar dit blyk gou dat die bedrag onvoldoende was. Hy begin dan olifante jag om sy onkostes te dek.

Wahlberg se vertrek vroeg in Julie 1838 na Londen om museumversamelings, voorbereidingstegnieke en die werke van vroeëre reisigers in Suid-Afrika te bestudeer, is die begin van ‘n loopbaan wat in hierdie bundel opgeteken is. Hy kom aan die begin van Februarie 1839 in Kaapstad aan waar hy spesimen begin versamel. Hierna seil hy na Algoabaai waar hy verdere versamelwerk doen voor hy na Port Natal (hedendaagse Durban) vertrek. Teen die einde van 1839 vertrek hy te voet noord na die Tugelarivier. Op pad terug help hy die Voortrekker gemeenskap met die uitleg van Pietermaritzburg. Sy studie van veral die voëls van Natal was van fundamentele belang vir die wetenskap.

In Oktober 1841 vertrek Wahlberg per ossewa na die Transvaal. Saam met hom reis ‘n jong man genaamd Willem Nel asook twee jong Zoeloes. Hulle steek die Drakensberg oor by Bezuidenhoutpas, reis deur die Vrystaat en oor die Vaalrivier na waar Potchefstroom gestig is. Van hier reis hy noord van die Magaliesberg waar hy vir die volgende ses maande in die area versamelwerk doen, olifante jag en ivoor verkoop om sy onkostes te dek. Gedurende die tydperk 1842-1843 het hy voortgegaan met die jag en die versameling van spesimen in die sentraal Transvaal tot in die ooste by die Elandsrivier. Later keer hy terug na Port Natal en seil in Desember 1844 na Kaapstad. Na verskeie ekskursies na Saldanhabaai vertrek hy in Mei 1845 na Swede.

Wahlberg’s First Journey to the Transvaal (1841-42)
Lake Ngami – 1857

Hy verkoop sy hele versameling – bestaande uit soogdiervelle; ongeveer 2500 voëls van meer as 400 spesies; reptiele en visse wat in alkohol bewaar word; ongeveer 5000 spesies insekte sowel as gedroogde plante – aan die Sweedse Natuurhistoriese Museum. Hy het teruggekeer om klas te gee by die Algemene Opmetingskantoor en om in sy vrye tyd baie van die spesies wat hy versamel het, te beskryf en aan ‘n uitgebreide manuskrip met die titel Ave Africanae te werk.

In Oktober 1853 het Wahlberg weer Swede verlaat met die plan om Suid-Afrika van die weskus via die Ngami-meer – ‘n deel van die Okavango Delta-stelsel in Botswana – na Transvaal te verken. Via Kaapstad kom hy in Walvisbaai aan in April 1854, wat hy as basis gebruik om baie insekte aan die kus van die Namib en langs die Swakoprivier te versamel terwyl hy op die reënseisoen wag. Aan die einde van Desember vertrek hy na die Ngami-meer en volg waarskynlik die roete via die huidige Okahandja, Gobabis en Ghanzi.

Op hierdie ekspedisie is hy vergesel deur ‘n assistent, ‘n jagter en handelaar genaamd F.J. Green. Toe hy die Ngami-meer bereik het in April 1855, het hy en Green noordwaarts getrek om te jag en te versamel, en in November met baie ivoor en baie spesimen teruggekeer. Op 6 Maart 1856, toe hy in die omgewing noord-wes van die Makgadigadi-panne in sentraal Botswana gejag het, is Wahlberg doodgetrap deur ‘n gewonde olifant wat hy gevolg het. Kort na sy dood, voor die nuus Swede kom bereik, is hy verkies as ‘n lid van die Akademie van Wetenskappe.

Hierdie volume bevat die volgende drie dokumente:

  1. Wahlberg se Suid-Afrikaanse dagboek – Februarie 1839 tot Maart 1845,
  2. Briewe en brokkies uit briewe aan van Wahlberg aan kollegas en familielede, en
  3. Wahlberg se Namibiese/Botswana dagboek – Mei 1855 tot Februarie 1856.
Wahlberg’s Travels to Namibia and Botswana (1854-55)

Wahlberg kan beskryf word as ‘n gebore natuurkenner, met die spesialiteit van voëlkunde en dierkunde, sowel as ‘n uitstekende veldtaksidermis en ‘n ontdekkingsreisiger. Sy dagboeke bevat egter ook omvattende waarnemings van die mense wat hy ontmoet het, hul lewenswyse, hul gebruike en omwentelinge in ‘n onstuimige tydperk in die geskiedenis van Suider-Afrika. Hy was redelik vlot in Zoeloe en ken elemente van ander inheemse tale. Hy het die Zoeloe-koning Mpanda se kraal besoek en selfs president Paul Kruger ontmoet. Wahlberg word beskryf as taamlik kort, maar gespierd en nie bang vir gevaar. Hy was ‘n man met ‘n gematigde humeur, maar tog nie lief vir sosiale interaksie nie. Hoewel hy lief vir kinders was, het hy nooit getrou nie.

UITTREKSEL VANUIT DIE TEKS

23. 1 Ichneumon taenianotus,2561 Boschbock257 [sic], 1 red-buck,258 1 birds. I was so intent on the bucks that the fall of darkness took me surprise, I lost the path and so entangled myself in the thickets that I sure that I should have to pass the night in the woods. I shot 6 alarm-shots. I was glad to hear them answered by regular salvos from the village. Flayed the boschbock and left the carcase in the wood.

27. On horseback with Parker259 and Delegorgue to Umgeni.

28. With Parker, Delegorgue, de Kock and Gregory260 on the way Umkamas [sic].261

29, 30. Continued the trip and arrived at Umkamas in the morning. country beautiful; the hills rounded, and covered with grass at their summits; close thickets in the valleys. We passed several rivers; Kaffer kraals. My comrades at a loss; arguing. Hunted hippopotamus; in vain. 1 white-headed eagle,262 . 1 Anas,263 F. 1 Antelope M skeleton prepared. White-necked Carbo common.

31. Continued hunting hippopotamus; no luck. In the evening, accompanied only by one Hottentot Bastard we came sufficiently near to hippopotamus. Two bullets went whistling at the same moment, and found their mark in the head of a young sea-cow. She came to the surface several times, spouting blood high in the air. An adult now appeared; once again our shots sounded as one; it showed the whole of its body above water, dived, a strong furrow appeared in the water, moved rapidly towards the shore, and soon the whole body of the monster was visible above the surface, in form and attitude like a gigantic pig. With incredible swiftness it hurled itself once more into the stream, and rose several times in succession, each time spouting blood. Darkness fell; and we were forced to return.

1 September. We looked in vain for the hippopotamus. Gregory, I and a Hottentot Bastard, went off by boat upstream, to meet the waggon at a ford higher up. We had not gone far before we saw a herd of buffalo on one bank of the river, and while we were taking note of the direction in which they were moving, a troop of elephants — a magnificent beast, the elephant – appeared on the other bank, on a little hill where I had been only an hour and a half earlier. An old bull marched at the head of them with ears and trunk aloft. I landed on the side where we had seen the buffalo, and reached the ford and the waggon by following elephant-paths.

2. Saw numerous buffalo but was unable to get near them. Clouds of locusts darken the sky. We go further afield to a smaller stream.

3. Lying in wait for the buffalo. Hear them approaching at full gallop through the bushes. Climb an acacia. Give the first bull a bullet, which makes him fall back upon his hind-quarters. He gets to his legs again and escapes .Falco once again very common, as also Fa/co ecaudatus……

Redakteur

Wyle dr Hans Christoph Hummel, redakteur van hierdie volume en voorsitter van die redaksie van die Graham’s Town Series, is in 1934 op Mufïndi, naby Iringa, Tanzanië (destyds die Tanganyika-gebied), gebore en studeer aan die Prince Edward-skool, Salisbury (nou Harare), aan die Rhodes-universiteit (waar hy in 1956 gegradueer het) en aan Oxford, die Wilhelms Universiteit, Münster en die Universiteitskollege van Rhodesië en Nyasaland (nou die Universiteit van Zimbabwe). Hy was ook ‘n gegradueerde van die Universiteit van Londen. Ten tye van die publikasie  van hierdie Wahlberg volume beklee hy die pos as Senior Lektor in die Departement Geskiedenis aan die Rhodes Universiteit.