Louis Johannes Trichardt was ’n boer op die Oosgrens van die Kaapkolonie. Hy was nie gelukkig met die lewe onder die Britse heerskappy nie en besluit in 1834 om oor die oosgrens te trek en tussen die Xhosas te gaan woon.
In 1836 het twee klein groepe Boere-gesinne besluit om na die binneland te trek en die Kaapkolonie te verlaat. Hulle was die voorlopers van die groter beweging, die Groot Trek, wat in hulle voetspore gevolg het. Hierdie twee familiegroepe, dié van Trichardt en van sy medetrekker, Johannes (Hans) van Rensburg, het bestaan uit sewe boere met hulle vroue en vier-en-dertig kinders en naturellebediendes. Hulle het die onbekende binneland van Suid-Afrika in getrek en hulle vir ’n jaar aan die voet van die Soutpansberg gevestig. Hier het Trichardt en Van Rensburg se weë geskei nadat Trichardt beweer het dat Van Rensburg te veel ammunisie vir die jag van ivoor gebruik. Van Rensburg is nie weer gesien nie, aangesien hy en sy trek van nege-en-veertig persone in Junie 1836 ná ’n nag lange aanval deur ’n troep Tsongas doodgemaak is.
Trighardt se Trek al langs die Olifantsrivier (Sep-Okt 1837)
Hierdie volume, wat op Trichardt se dagboek gebaseer is, begin in Augustus 1836 toe hulle nog in die Soutpansberg was en eindig in Mei 1838 in Delagoabaai. Trichardt was die enigste Voortrekker-leier wat ’n dagboek van sy trek gehou het. Dit is ’n waardevolle dokument ten opsigte van linguistiek en etnologie, benewens sy waarnemings oor die weerpatrone, geografie en die wild in die binneland.
Die klimaat en weiding in die Delagoabaai-gebied was nie gunstig vir langtermynverblyf nie met die gevolg dat Trichardt ’n handlanger Natal toe gestuur met ‘n versoek dat hulle per see ontruim moet word. Voordat dit kon gebeur, is hy egter aan Malaria oorlede.
Die Groot Trek – Trigardt se roete is in pers.
In November 1836 het Trichardt sy kamp ooswaarts na ’n aangenamer klimaat in die omgewing van die latere dorp Louis Trichardt verskuif. Sy groep het tot in Junie 1837 daar gebly, en in hierdie tyd het hulle basiese huise, ’n werkswinkel en ’n skool vir die een-en-twintig kinders gebou. Later dieselfde jaar het hulle van die Soutpansberg af vertrek om ’n nuwe tuiste of handelsroete na die see te vind. Hy was vasbeslote om die berge oor te steek, al moes die waens uitmekaar gehaal en stuk vir stuk vervoer word.
Sy kommunikasie met die Portugese het daarop gedui dat hulle verwelkom sou word, en dat die ooskus yl bevolk was en dat hulle hulle daar sou kon vestig.
Trigardt se Trek van Kaaymansgat tot by die Witriver (18-27 Okt 1837)
Die trek langs die Olifantsrivier tot op die kruin van die Drakensberge
UITTREKSEL VAN DIE TEKS (Hierdie volume is n Engelse vertaling van die oorspronklike dagboek)
On the 9th a family episode forms quite a feature of the entry, and is of interest, since it again brings us in touch with the human element in the trek. We read :
“Carolus had flogged his oxen very badly to-day. He had actually smashed the nose of one, and slashed another with a knife. I had to warn him that if he behaved in that way he would have none left, certainly no healthy ones. As we were going along, a young ox got out of the yoke, and he and Pieta tried to inspan it. The ox started butting, and as they were so long about the business, I went to help. Carolus was desperately annoyed and furious with those in the wagons behind, because not one came forward to help him.
I asked him how he could expect anyone to come to help a man who treated his animals so badly. Later, an ox of my own got entangled. While Pieta was working to disentangle the ox, Carolus started talking again. Pieta told him it was no use swearing at others, as it was owing to his [Carolus’] use of the whip that the animals had got entangled. This only made Carolus very much worse. When he wanted to help us, I told him he had better keep away, as I did not want my animals treated as he did his. As he was leaving us, he clouted Pieta in the face with his fist. I ordered him off at once, and as he attempted to hit some of the others, I gave him a punch myself. Then he began to rake up the past and said how, one of these days, he would get even with Pieta.
I asked him if he thought he was the only one entitled to inflict punishment, and do just as he pleased, and added that if he wanted to act the parent to my children, he must wait until I was dead and gone. Whilst I lived, I would never allow him to touch any of the children without good reason. He could tell me what Pieta had done, and, if I thought it called for it, I would give the boy a thrashing myself. In any case, he could not expect me to stand by and let him vent his rage on Pieta like a barbarian.”
Skrywer en Redakteur
Dr Claude Fuller, Assistenthoof van die Entomologie Departement van die Unie van SA 1910-1926
Onder redaksie van Prof Leo Fouche, Professor in Geskiedenis van die Universiteit van Pretoria