Hierdie volume bevat vier sendingstekste waarin die redelik onbekende geskiedenis van die Morawiese sendingwerk in die Oos-Kaap bespreek word. Die tydperk wat omskryf word is vanaf die ontstaan van die sendingwerke in 1828 tot 1928.

Die beskrywings is kleurvol en subjektief, en werp lig op die minder bekende sendingaktiwiteite van die Morawiërs in Suid-Afrika. Die fokus is veral op die werk onder die Xhosa-sprekende bevolking, die baanbrekerswerk  gedoen by Genadendal, en die Morawiese sendingstasies in die Oos-Kaap.

Die verhale skep ‘n grafiese prentjie van die toewyding van die sendelinge en hul families. Die suksesse en teleurstellings van hulle evangeliese sendingwerk word beskryf terwyl daar insig is tot die denkwyse en gedrag van diegene wat bekeer het tot Christenskap.

Morawiese Kerk Embleem
Genadendal 1849 deur George French
Genadendal se huidige Sendeling Museum

Die Morawiese kerk is een van die oudste Protestante denominasies in die wêreld. Die naam verwys na die oorspronklike vlugtelinge wat in 1722 uit Morawië (hedendaagse Tsjeggiese Republiek) na vandag se Herrnhut in Sakse, Duitsland, gevlug het. Die Morawiërs was baanbrekers van die wydverspreide golf van Protestantse evangelisasie wat in die agtiende eeu begin het en sendelinge na lande regoor die wêreld gestuur het, insluitende die Kaap van Goeie Hoop. In 1737 stuur die Kerk ‘n jong man, Georg Schmidt, na die Kaap. Die Morawiërs word dus die eerste sendelinge onder die inheemse bevolking van Suid-Afrika.

Met Schmidt se aankoms aan die Kaap, vind hy Khoi-families versprei in Baviaanskloof (later Genadendal)  in die Overberg-streek en hulle bymekaar gebring om met sy werk te begin.  Toe hy egter in 1743 vyf Khoi gedoop het, was die Nederlandse setlaars en hul kerk woedend wat daartoe gelei het dat hy uit die Kaap gedeporteer is.

Byna vyftig jaar later, in 1792, het die Morawiërs toestemming gekry om voort te gaan met hul sendingwerk in Suid-Afrika, en het hulle goeie verhoudings met die owerhede gesmee. Die Londense Sendinggenootskap (LMS) was ook aktief in Suid-Afrika, maar in teenstelling met die Morawiërs was hul etos baie polities. Aangesien die Morawiërs as vreemdelinge in die Britse Kolonie beskou was, was hulle traag om hul opinies oor die politiek van kolonisasie uit te spreek. Tydens die onstuimige tydperk aan die oostelike grens vanaf 1809, het die owerhede die LMS-werk onder die Xhosa ontbind, en alle sendingwerk in die kolonie is aan die betroubare Morawiërs toevertrou. Xhosa-sprekers van Boereplase, wat Nederlands gepraat het, het op Genadendal begin aankom en die Morawiërs het die uitbreiding van hul sendingaktiwiteite na die ooste begin oorweeg.

Shiloh Sendingstasie 1848  (Thomas Baines)

Voor hy in 1826 uit die Kaap vertrek, het lord Charles Somerset aan die Morawiërs voorgestel dat hulle verder as die oosgrens moes uitbrei. Hul eerste sendingstasie, Shiloh, is gevestig in 1828 tussen die Klipplaat- en Oxkraalrivier in die omgewing van die hedendaagse Sada en Whittlesea. Shiloh het ontwikkel in ‘n netjiese en goed aangelegde dorpie aan die oewer van die rivier. Daar was ‘n waterleiding van ongeveer 5 km lank, goed bewerkte lande wat oeste van groente, vrugte en tabak oplewer, en teen 1868 het daar ongeveer 800 mense gewoon. Tydens een van sy besoeke het die goewerneur, Sir Harry Smith, kommentaar gesê hy wens daar was tien sulke stasies langs die grens, aangesien hulle beter beskerming bied as die militêre poste.

Die volgende vier verslae oor Morawiese sendingwerk aan die kolonie se oos-grens is in hierdie publikasie vervat:

  • A Century of Moravian Mission Work in the Eastern Cape Colony and Transkei, 1828-1928 deur Ernst van Calker.
  • Heinrich Meyer – A Stalwart of the Mission Field deur Paul Moths.
  • Seeking Refuge deur Hermann Gustav Schneider.
  • Life in Africa 50 Years Ago deur Meta Spear.

UITTREKSEL UIT DIE TEKS  van  Heinrich Meyer – A Stalwart of the Mission Field (bladsy 189)

…. could be trusted. Meyer writes: ‘Words fail me when I want to tell you what a relief it was for us when, after two years of complete solitude, we could again hear human voices nearby, and in the evening see two or three fires showing that living beings similar to ourselves were not far away. For this we thank God, and trust that, after having struggled when we sowed the seed under stress, we shall now be able to reap a rich harvest of souls saved.’
These hopes were fulfilled. First separate individuals came to be baptised; these were later followed by whole groups arriving on horseback. Meyer wrote happily: ‘Once again we have souls to look after, children in the school, and manual workers to help us!’ On Saturdays numbers of pagans arrived to stay overnight as guests of members of the growing Emtumasi congregation, in order to attend Divine Service the next day. Crowds came to morning prayers early on Sunday mornings and then stayed on for all the services. Quite without being prompted, the pagans no longer appeared attired in traditional garb including faces decorated with red ochre; instead, they wore clean clothes. Meyer was kept occupied all day in his paltry little study. Mrs Meyer writes: ‘We’ll be eternally thankful for these blessed times. We couldn’t cope with all the demands on our time; my husband seemed hardly to be able to spare the time to be at home, as he travelled from kraal to kraal, often quite far apart.’
As an illustration of Meyer’s enthusiastic devotion to duty and perseverance, the following may be mentioned.
When candidates for baptism from the Hlubi tribe were receiving instruction, and flooding by the Kinira River threatened to disrupt this, Meyer was nevertheless determined to go to them: twice when crossing the river his horse stumbled on the slippery rocky bed in midstream, and he fell into the water.
One day a woman, one of her husband’s wives, came to Meyer, begging him to baptise her. Meyer asked her: ‘Does your husband know why you have come here?’ ‘No, he is not at home.’ ‘But when he comes back he will assault you; this has happened to others, you know.’ ‘I will bear it,’ she replied, ‘when I remind myself that Jesus was scourged because he loved sinners and also loves me.’
As the number of converted increased, Meyer realised the time had come to consider building a small church. A beginning was made after the family had travelled into the Cape Colony, where they had to take leave of their small daughter, Mathilde, who had to be educated in Germany. Two previous attempts to erect a church in Emtumasi had had to be abandoned as a result of the war. This time, however, the Christians living nearby helped with enthusiasm, although it must be recorded that at first, at least, no assistance was forthcoming from Zibi and believers who had settled further off…..

Geredigeer deur F.R Baudert en T Keegan

Die vertaler, Friedrich Rudolf Baudert, stam uit ‘n familie van Morawiese sendelinge. Na sy opleiding aan die Natalse Universiteitskollege was hy ‘n wiskunde-onderwyser in Pietermaritzburg, en later was hy verbonde aan die Instituut vir Wiskundige Navorsing van die WNNR in Pretoria. Hierdie publikasie het gebaat by sy persoonlike kennis van die geskiedenis van die Morawiese sending en sy vaardigheid met Duits as eerste taal.

Dr. Timothy Keegan het aan die Universiteit van Kaapstad en die School of Oriental Studies van die Universiteit van Londen gestudeer. Hy is die skrywer van ‘n aantal boeke oor die landelike geskiedenis van die Hoëveld tydens die era van industrialisasie, asook van die Kaapkolonie in die negentiende eeu. Hy het baie bydraes gelewer vir Suid-Afrikaanse en oorsese akademiese publikasies.