John Xavier Merriman ca 1904
John X. Merriman, seun van aartsdeken Merriman, was een van die mees briljante politici van die Kaap. Sy politiese loopbaan strek oor meeste van die belangrike politieke gebeure van die laat 19de en vroeë 20ste eeu en bereik ‘n hoogtepunt toe hy dien as eerste minister net voor Uniewording in 1910. Merriman was aanvanklik ‘n liberaal en werk nou saam met Rhodes toe laasgenoemde premier word, maar word daarna pro-Boer.
The Selections From The Correspondence of J. X. Merriman is in vier volumes gepubliseer:
VRS I-41 dek 1870-90. Dit handel oor Merriman se vroeë lewe aan die oostelike grens van die Kaap en die eerste jare van verantwoordelike regering vanaf 1872. Ekonomies dek hierdie tydperk ook die ontdekking van diamante en goud, bekend as die minerale revolusie.
VRS I-44 dek 1890-98. Dit sluit sy tyd as Tesourier-Generaal van Rhodes se kabinet in, sy uitval met Rhodes, asook die tydperk voor die Suid-Afrikaanse oorlog.
VRS I-47 dek 1899-1905. Dit sluit in die Suid-Afrikaanse oorlog, Merriman se tyd in die Pro-Boer Schreiner se kabinet asook die tyd wat hy as opposisie dien. Gedurende hierdie tyd het hy geveg teen die opskorting van die Kaapse grondwet en vir ‘n billike ooreenkoms vir Kaapse rebelle. Dit word afgesluit met sy deelname aan die South African Native Affairs Commission en die verkiesing wat dr Jameson aan die bewind gebring het as premier.
VRS I-50 dek 1906-1924. Dit handel oor die totstandkoming van die Unie, sy siening oor grondwetgewing en sy tyd as premier van die Kaapkolonie. Merriman het ná die Unie in die parlement gebly en deelgeneem aan geleenthede voor en net na die Eerste Wêreldoorlog.
‘n Kort opsomming van die persoonlike lewe en politiese loopbaan van John X. Merriman verskyn op die bladsy, Selections from the Correspondence of J.X. Merriman Volume I, 1870-1890, op hierdie webtuiste.
Hierdie volume, die derde van Selections from the Correspondence of John X. Merriman, fokus op die Anglo-Boere oorlog. Merriman ag die oorlog as “onregverdig en onregverdigbaar”. Hy het gepoog op die oorlog te keer, in te kort en die gevolge te versag. Sy dubbele rol (as politiese deelnemer en waarnemer) en dubbele reaksie (as Suid-Afrikaner en Engelsman) gee diepte, omvang en teenwoordigheid aan hierdie briewe en dagboekinskrywings wat die kompleksiteit van sy ervaring weerspieël.
In 1900 het sulke aweregse sieninge tot persoonlike ongewild en politiese uitsluiting gelei. Dus was dit ‘n teken van Merriman se moed en getrouheid, asook sy vertroue dat hy vir Vryheid, die belangrikste erfenis van ‘n Engelsman, geveg het.
W.P. Schreiner
In 1898 word William Philip Schreiner die eerste minister van die Kaap kolonie; hy stel sy lewenslange politiese bondgenote, Merriman en J.W. Sauer, aan in sy kabinet. Schreiner en sy kabinet verkies onderhandeling eerder as vyandige gedrag, tot die ontsteltenis van die goewerneur en hoë kommissaris, Alfred Milner, wat oorlog aangemoedig het. Op voorstel van Merriman en die hoofregter, sir John Henry de Villiers, het Schreiner ‘n onsuksesvolle konferensie tussen president Kruger en die hoë kommissaris gereël om die omstrede Uitlander-stemregkwessie op te los.
J.W. Sauer
Alfred Milner
Merriman het herhaaldelik probeer om die dreigende oorlog tussen die Britte en Transvaal af te weer. Hy is deur die Kaapse owerhede in huisarres op sy plaas geplaas weens sy teenkanting teen die oorlog. Na oorlog in Oktober 1899 verklaar is, het Merriman nie net die beleid van die oorlog teengestaan nie, maar was hy ook uitgesproke teen die oordrewe krygswet en die poging van die imperialiste om die Kaapse grondwet op te skort nie, wat die persoonlike regte en die voorregte van Parlement geaffekteer het.
Die Schreiner-regering het in 1900 geval, hoofsaaklik as gevolg van sy party se teenkanting teen die verbeuring van stemreg van die Kaapse Afrikaners wat die wapen teen die Britte aangeneem het. Merriman en Sauer het na Londen gereis om by die Britse regering te pleit, maar hulle is ‘Pro-Boer’ genoem en het toestemming geweier om hul saak in die Laerhuis te stel. Volgens Davenport het hulle “probeer om ‘n middelgrond tussen anneksasie en onafhanklikheid te vind as ‘n basis vir onderhandelinge om die oorlog te beëindig”.
Britse troepe gaan aan wal in Durban om per trein na die oorlogsfront te gaan
Omdat hiper-nasionalistiese gevoelens hoogty gevier het na die Boereoorlog, het politici wat teen die oorlog gekant was in die daaropvolgende jare verkiesings verliese gely, en het selfs Merriman vroeg in 1904 sy setel in die parlement vir ‘n kort tydperk in die parlement. Later in 1904 neem hy leiding van die nuwe South African Party van sy vriend en bondgenoot James Molteno oor. Tesame met Molteno en Sauer, lei hy die opposisie teen die daaropvolgende uitsluitlik-Britse regering van Leander Starr Jameson in die aanloop tot die deurslaggewende nasionale verkiesings van Januarie 1908.
UITTREKSEL UIT DIE TEKS
J.X. Merriman to L. Courtney, London
Cape Town, October 17, 1901
My dear Mr. Courtney,
I have read as you asked me to do, the article of Sir Edward Grey upon the causes of the South African war. As the article in question is mainly an highly laudatory review, and an amplification of a work of Mr. Cook on the same subject, [The Rights and Wrongs of the Transvaal War], one naturally feels inclined to ask what are Mr. Cook’s special qualifications for giving a fair and impartial opinion on a subject of so much complexity. He has never lived in South Africa, he has never seen a Boer and he is a totally unacquainted at first hand with the fiscal, the political or the economic problems of the communities upon whose ‘race’, ‘ideals’, and ‘ political ambitions’ he sets forth to instruct the world. Yet Sir E. Grey in his attempt to reconcile the hopelessly divergent policies of sound Liberalism, and aggressive Imperialism, bids us take Mr. Cook as our guide and philosopher in South African matters. He tells us at the same time to look beyond what he calls ‘small and isolated events’ to the great ‘forces’ which brought about so terrible a catastrophe – a doctrine, I need scarcely say, which if . . . imported into criminal jurisprudence, would be of no little comfort to the criminal classes. Mr. Cook is an able, and I am sure a high minded man, but he was the editor of a party newspaper, [The Daily News] that was until the outbreak of the war under the influence of the faction connected with South Africa, who were determined to seek in war a revenge for the ludicrous fiasco known as the Jameson Raid. Upon the doings of this party, and their share in the business, it would be well for Sir Edward Grey before he handles the matter again, to consult the account given by Mr. Dormer in his book Vengeance as a Policy in South Africa; recollecting that Mr. Dormer writes, not as the scribes, like Mr. Cook, but as one having a first-hand personal knowledge of the men and affairs that he undertakes to deal with.
Sir Edward Grey is a statesman of some repute who pins his faith upon, and justifies his views by those of Mr. Cook. The misfortune is that both of them proceed upon the a priori rather than the historical method. They evolve a Boer out of their own inner consciousness, they fit him with ‘ideals’, and ‘ambitions’ and then proceed to construct from their own theory the whole cause of the deplorable tragedy that is going on before our eyes. If history and facts do not suit, so much the worse for history and facts. ‘Perish the Colonies,’ as Brissot said, ‘but let us keep our principles’. It is just the deductive method that has been the curse of British Colonial administration. Some clever fellow in Downing Street thinks that he knows people’s business beter than they do themselves, and trouble follows. The good old-fashioned Liberal policy of ‘laissez faire laissez aller‘ preserved…. [….]
Redakteur
Na ‘n uitmuntende loopbaan, tree Phyllis Lewsen aan die einde van 1981 af as medeprofessor in geskiedenis en navorser oor Kaapse parlementêre geskiedenis aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy publiseer ook John X. Merriman se biografie.