President M.T. Steyn is een van die groot helde van die geskiedenis van die Afrikaner. Hy was ‘n leier in die guerrilla-oorlog van 1899-1902 teen Brittanje en was heftig teen oorgawe gekant. In 1902 is hy deur ‘n neuromuskuldre siekte getref, waardeur hy nie aan die onderhandelinge wat die oorlog beeindig het, kon deelneem nie.

In 1902 het hy na Europa vertrek vir mediese behandeling, en na sy gedeeltelike herstel het hy na Suid-Afrika teruggekeer. Alhoewel hy nie in staat was om volledig betrokke te wees by die na-oorlogse politieke gebeure nie, het hy (nog maar in sy veertigerjare) ‘n ‘senior staatsman’ geword wat deur leidende Suid-Afrikaanse politici geraadpleeg is oor sake soos die skepping van ‘n Afrikanernasie, selfregering vir die Transvaal en die Oranjerivier-Kolonie, en die totstandkoming van die Unie.

President Steyn in Europa in 1903 om te herstel

Onder ander omstandighede kon hy moontlik’n veel groter rol in Suid-Arika gespeel het, selfs miskien die gang van die gebeure verander het. Terselfdertyd, in die onstuimige, multikulturele Suid-Afrika van vandag, 101 jaar na die dood van Steyn, is baie van sy idees nie maar aanvaarbaar nie, want, soos sy tydgenote, J.C. Smuts en J.X. Merriman, kon hy hom nie indink in ‘n samelewing waarin swart mans (afgesien van vroue) die reg tot politieke gelykheid het nie. Tog is hierdie volume vandag nog steeds relevant, aangesien dit, onder andere, bydra tot ons begrip van politieke rassisme; van net soveel waarde is ook wat hy ons meedeel oor die skepping van ‘n nuwe land.

Marthinus Theunis Steyn speel ‘n prominente rol in twee vroeëre publikasies van die Van Riebeeck-Vereniging (VRV), naamlik Die Konvensie Dagboek van F.S. Malan (Vol I-32 1951) en Selections from the Correspondence of John X. Merriman, Vol 4 (Vol I-50 1969). Maar in albei gevalle is dit wat hy gesê of geskryf het, in die teks ingevoeg en het dit slegs ‘n onderdeel gevorm van die groter verhale waarvan dit ‘n deel uitmaak. Die agtergrond tot sy woorde ontbreek dus in hierdie volumes, wat dit moeilik maak vir lesers om te begryp hoe en waarom hy die menings gehad het wat uitgespreek is.

Hy het vir ‘n kort tydjie na die politieke lewe teruggekeer as vise-voorsitter van die Nasionale Konvensie in Durban, waar besluit moes word oor die bepalings van Uniewording. Sy vasberadenheid om ‘n sterk Afrikaner-identiteit te handhaaf, tesame met sy wyse raad en grootmoedigheid, het ‘n groot indruk op die ander deelnemers gemaak, insluitende ou vyande soos dr L.S. Jameson. Ongelukkig was sy gesondheid te swak om’n bydrae tot die nuwe Unie te maak. Die briewe in hierdie volume is ‘n buitengewone rekord van sy moed en intelligensie.

Afgevaardiges by die Nasionale Kovensie, Durban 1908
Generaal Christiaan de Wet hou ‘n toespraak tydens President Steyn se begrafnis 1916

Die leemte word in hierdie volume gevul; vir die eerste keer word ‘n uitgebreide seleksie van sy briewe tussen 1904 en 1910 gepubliseer. Daardeur kan lesers sy ontwikkeling volg van die man wat in die bra onvriendelike 1911-uitgawe van die Encyclopaedia Britannica beskryf is as ‘the most irreconcilable of the Boer leaders’ tot die man wat geloof is as ‘distinguished for his statesmanlike and conciliatory attitude’.

UITTREKSEL UIT DIE TEKS

  1. VPA, A90, Band 8, M.T. Steyn – Jaap de Villiers

Onzerust, Bloemfontein, Maart 1, 1907.

Waarde Jaap

Dank vir jou brief. Ik verstaat die zake en moeilykheid nou beter. Ik voel ok ver jou, maar jy weet wat ik van jou denk, daar is genog herzens in jou kop om op te maak voor gebrek van ondervinding of training. Jy zal nooit weet of jy het een sukses zal maak of nie totdat jy geprobeer het. My raad is nou wat ek aan jou naamgenoot zou gege[e] het als ik daar was en veilig was, trap vas. Vat mynweze, skrik nie voor de kapitalisten, want jy kan hulle al te lekker ry met die Sinese, terwille van julle positie in die oo’e van die Britse regeering en als troon en King ketting voor die magnaten moet jullie nie op de Sinese inge[e] nie. Als jy die positie van Hoofd van Mynweze vat zal ek de wenk ge[e] dat jy dan v.d. Merwe julle vroeger Myn Commissaris, als jou eerste luitenant vat; dit is ma[a]r een blote wenk, want ik ken hem nie goed genoeg ni. Alleen weet ik dat hy goed in di oorlog was. Hy het ok ondervinding in di zake. Van Solomon skryf iemand my uit di Kaap “I am glad S. is not to be premier. He is generally more dangerous to his friends than to his enemies”. Ik noem geen naam, jy zal wel kan gis wie de skrywer is, dus treur jullie nie dood ni als hy nie wil aanneem nie. Stel dan de Wet aan. De Wet is knap en die gevoel van verantwoordelikheid zal hom mak maak. Alleen een ding is noodig dat hy goed zal trek met zyn maters in de Ministerie. Onder wie ze beheer zal opvoeding en onderwys kom? Ek hoop die van Smuts en jullie moet nie in de zaak iets voorstel zonder dat ons malkaar verstaan nie. Ik het met Malan ok er oor gespreek en hy is met my eens dat ons malkaar goed moet verstaan, maar ek weet julle het moeilykheid genog, daarom kan die ding een beekie wag. Ik zal miskien een van die dage daar oer iets ze. Ik kan jou ze ik verstaat julle moeilikheid en ik voel ver julle, maar ik is nie bang nie, want ik ken julle. Trap vas en hou jullie lyf renosters. Julli zal nou van alles beschuldig word wat onder de zon is. Pasop net voor eeretitels, dit zal meer breek dan iets anders.

Hartelyke groete van ons alle.

Jou vriend

M.T. Steyn.