Lady Anne Barnard het skynbaar vir die grootste deel van haar lewe ‘n dagboek bygehou. Sy het wel verskeie kere genoem dat sy in die gewoonte was om die oorspronklike inskrywings te vernietig terwyl sy “hersiene weergawes” geproduseer het. Hierdie publikasie bevat die “hersiene weergawe” van haar dagboeke van 1797 tot 1798, die sogenaamde “Journals”. Haar onhersiene “Diaries” van 1799-1800 is in twee ander volumes (Vol. II-29 en II-30) deur die VRV uitgegee.
Lady Anne was ook ‘n bekwame kunstenaar. Sommige van haar werke is opgeneem in haar gepubliseerde weergawes van lewe in die 18de en 19de eeue. Haar werke sluit olieverfskilderye en sketse in.
LADY ANNE SE VROEë GESKIEDENIS
Lady Anne Barnard is in 1750 in Skotland gebore as Anne Lindsay, die dogter van James Lindsay, die verarmde 5de graaf van Balcarres, en sy vrou Anne Dalrymple. Anne se ma was 40 jaar jonger as haar man, en sy het wrewelig gevoel dat sy gedwing was om met ‘n man te trou wat oud genoeg was om haar oupa te wees. Sy het hierdie ongelukkigheid op haar kinders uitgehaal, veral Anne.
Anne het grootgeword met ‘n hunkering na die goedkeuring wat haar ma nie aan haar gegee het nie en was beslis versigtig vir ‘n huwelik soos haar ma s’n.
Toe Anne in haar vroeë twintigs was, het sy na Londen gegaan om by haar weduwee suster, Margaret, te bly. Die twee susters het vir baie jare saamgebly. Hulle was gewilde persoonlikhede in hul tyd te danke aan Lady Margaret se skoonheid en die sjarme en interessante geselskap van Lady Anne, wat deur ‘n tydgenoot beskryf is as een van die mees fassinerende vrouens van haar tyd. Bekende literêre en politiese figure van hul dag het graag by die twee susters se huis bymekaar gekom.
Andrew Barnard (Miniature deur Mev Mee, nee Anne Foldsone)
Lady Anne Barnard (Miniature deur Mrs Mee, nee Anne Foldsone)
Lady Anne Lindsay het nie ‘n tekort gehad aan mans wat in haar belanggestel het nie, maar sy is eers op die ouderdom van 43 getroud. Haar man, Andrew Barnard, die verarmde seun van die biskop van Limerick, het nie geld of konneksies gehad nie. Sy het steeds haar titel as die dogter van ‘n graaf gebruik, en het bekend gestaan as Lady Anne Barnard.
Anne het haar politiese konneksies gebruik om ‘n regeringsaanstelling vir haar man te verkry. In 1797 het die Barnards in die Kaap van Goeie Hoop aangekom saam met die nuwe goewerneur, Lord Macartney. Macartney se vrou het hom nie vergesel na die Kaap nie, en dus het Lady Anne as sy amptelike gasvrou opgetree. Hulle het die weermag offisiere en die Nederlandse koloniste sowel as besoekers aan die Kaap onthaal.
HIERDIE PUBLIKASIE
Teen 1800 het die Kaap aansienlik verander in vergelyking met 1799. Lady Anne se dagboek wys dat die ondoeltreffende nuwe goewerneur, sir George Yonge, deur lede van sy “hof” gemanipuleer was. Die politieke lewe van die kolonie was deurtrek met korrupsie, erger selfs as tydens die VOC regime.
Die administrasie van openbare sake is tot nuwe dieptes van ondoeltreffendheid gedompel aangesien die goewerneur besluit het om slegs een dag per week aan sy publieke verantwoordelikhede te spandeer. Sy uitspattigheid met openbare fondse het daartoe gelei dat die minister van buitelandse sake vir die kolonies opdrag gegee het dat geen buitengewone openbare uitgawes aangegaan mag word sonder die instemming van generaal Dundas en Andrew Barnard nie. Amptelike aanstellings en promosies wat hy gemaak het is ook deur die koloniale kantoor omgekeer.
Sir George Yonge (deur Mather Brown)
Lady Anne skenk minder aandag aan die inheemse bevolking in haar dagboek van hierdie tydperk. Sy behou egter haar belangstelling in die nood van die Khoi, en plaas druk op haar man om die administrasie te oortuig om hul werksomstandighede op die grens te verbeter. Sy skryf oor die besoek van ‘n Khoi-opperhoof waartydens die lof van die Khoi troepe besing is vir hul diens tydens die grens oorlog. Sy beskryf die aankoms van ‘n skeepsvrag vol slawe, vertel van ‘n gesprek tussen die vrouens van twee Britse amptenare rakende hulle houdings teenoor manlike slawe, en vertel van die vang en straf van ‘n groep slawe wat weggeloop het en die inwoners van die westelike distrikte geterroriseer het. Sy beskryf ook van die sosiale gebruike van die Damara asook die Xhosa se reaksie teenoor ‘n wit besoeker, Dr. Somerville.
Mulatto Meisies (Skets deur Lady Anne Barnard)
Hector, ‘n eenvoudige slaaf (Skets deur Lady Anne Barnard)
Die tweede volume van Cape Diaries brei verder uit op gebeurtenisse in 1800, en skets ‘n ryk en vermaaklike vertelling van die lewe aan die Kaap tydens die vroeë jare van Britse besetting. Die Diaries werp ook lig op die politieke worstelinge. Sy skryf oor die konflikte tussen senior amptenare, nie net in die staatsadministrasie nie, maar ook tussen die weermag en die vloot. Lady Anne was ‘n vrydenker wat kommentaar lewer op aspekte soos diere regte tot binnehuisversierings en tuin uitleg. Haar dagboeke lewer belangrike insigte tot die sosiale beperkinge wat op vrouens geplaas is in daardie tyd.
UITTREKSEL VANUIT DIE TEKS
“Mr B. told me that a very extraordinary circumstance was soon likely to appear before the world, as yet only whisperd, respecting Mr Hogan — more tricks — more deceits have been practised in order to get Cargos of Slaves landed here, the most beneficial of all merchandises I fancy — a couple of vessels have been pretended to have been taken by a privateer of Mr Hogans, to have been run on shore & burnt — it has been circulated that they were loaded with Slaves, but in reality these vessels were carried to Mosambique where the slaves were purchased there and put on board, they now come in the privateer as prizes, and it remains for the governor to grant permission or not for them to be landed, but Mr B. fears that his permission will not be refused, as Mr Hogan has taken care to secure that by some means which puts his Excellency in his power. Capt Campbell told Mr B. this day that he had requested the Fiscal to state to the governor the evidence & testymonys of various ships who were at Mosambique when all this was transacted which is now denyd as never having existed, that the whole is a deceit & so perfectly contrary to law that if the governor is disposed to let it pass, he is not — it is contrary to his duty to do so — that the Fiscal having before had to represent a matter of the same sort against Mr Hogan the Governor had evaded and finally hushed up the point, that he Capt Campbell was therefore determined :0 write to Mr B. a letter to be laid before the Governor, which woud force a :reply. He plainly and boldly asserted that Hogan made no scruple of admitting hat he had given a douceur, he did not say to who, but either the governor himself or Mr Blake must have had it — if Mr Hogans cause comes before a court of justice he will lose the original price of his slaves and pay a fine of three times their value, which will come heavy on his former gains — of this he fiscal gets a 3d, Capt Campbell a 3d and I believe the Government another – if his Excellency has pocketed any thing it will be difficult I think for him to keep it if Mr Hogan loses the whole, but Mr B says no, as he has fulfilld what vas the probable bargain by giving leave to land the Slaves.
I really can hardly think that Sir G. can have done so improper a thing as to accept money for an improper concession — I know that a man in necessity will go greater lengths than the same man in prosperity woud ever dream of going, but then it is when the necessity pinches, not when the pain is past. Sir George owes money, and he was in Holyrood house for debt, but he is now here, with 10 thousand pr an, our king and Governor & no claim or call on him to make him do a wrong thing. I rather fancy he has permitted Mr Blake to accept of some cloathd gratuity, couchd in terms to render it possible for him to accept and yet to fancy himself perfectly honest, & that it was a conscious sensibility that his desire to benefit his nieces husband had perhaps carried him imprudently far which tinged his poor old cheek with a blush when Mr B. mentiond Mr Hogan and his Slaves — Mr Hogan it seems talks so unfearingly of any chance of altercation or impediment in the matter that no one doubts his thinking — he privately says like Portia “Now Infidel I have thee on the Hip?”
Redigering deur Margaret Lenta en Basil Le Cordeur
MARGARET LENTA het in die Engelse Departement aan die Universiteit van Natal in Durban gewerk. Sy het belang gestel in agtiende eeuse prosa, veral geskryf deur vrouens, asook twintigste-eeuse Suid-Afrikaanse skryfwerke. Sy het grootgeword in die noorde van Engeland. Sy studeer aan die Universiteit van Manchester en gee klas in Nigerië en Kenia voor sy na Suid-Afrika kom. Na 1973 werk sy in die Engelse Departement aan die Universiteit van Natal in Durban waar sy later ‘n professor word. Haar belangstelling lê in agtiende-eeuse prosa, veral geskryf deur vrouens, asook twintigste-eeuse Suid-Afrikaanse skryfwerke. Sy het verskeie artikels gepubliseer in hierdie velde. Verder was sy ook medeskrywer, saam met MJ Daymond en JU Jacobs, van Momentum: On Recent South African Writing, redakteur van Olive Schreiner se Thoughts on South Africa asook redakteur van die joernaal Current Writing.
BASIL LE CORDEUR was tot met sy aftrede koning George V professor in geskiedenis aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy ook as hoof van die Departement Geskiedenis gedien het. Hy is die skrywer van verskeie boeke, navorsing stukke, en artikels oor die geskiedenis van die Kaap en Natal in die negentiende eeu. Hy is saam met Christopher Saunders die mede-redakteur van The Kitchingman Papers en The War of the Axe, 1847. Verder publiseer hy The Politics of Eastern Cape Separatism, 1820-54 en redigeer The Diary of Charles Lennox Stretch. As voormalige president van die Southern African Historical Society, hoofredakteur van die Brenthurst-reeks en hoofredakteur van die South African Historical Journal, het hy gevorder tot die werk aan ‘n sosiale en ekonomiese geskiedenis van die Britse leër aan die Kaap tydens die eerste helfte van die negentiende eeu.