Lady Anne Barnard het skynbaar vir die grootste deel van haar lewe ‘n dagboek bygehou. Sy het wel verskeie kere genoem dat sy in die gewoonte was om die oorspronklike inskrywings te vernietig terwyl sy “hersiene weergawes” geproduseer het. Hierdie publikasie bevat die “hersiene weergawe” van haar dagboeke van 1797 tot 1798, die sogenaamde “Journals”. Haar onhersiene “Diaries” van 1799-1800 is in twee ander volumes (Vol. II-29 en II-30) deur die VRV uitgegee.

Lady Anne was ook ‘n bekwame kunstenaar. Sommige van haar werke is opgeneem in haar gepubliseerde weergawes van lewe in die 18de en 19de eeue. Haar werke sluit olieverfskilderye en sketse in.

LADY ANNE SE VROEë GESKIEDENIS

Lady Anne Barnard is in 1750 in Skotland gebore as Anne Lindsay, die dogter van James Lindsay, die verarmde 5de graaf van Balcarres, en sy vrou Anne Dalrymple. Anne se ma was 40 jaar jonger as haar man, en sy het wrewelig gevoel dat sy gedwing was om met ‘n man te trou wat oud genoeg was om haar oupa te wees. Sy het hierdie ongelukkigheid op haar kinders uitgehaal, veral Anne.

Anne het grootgeword met ‘n hunkering na die goedkeuring wat haar ma nie aan haar gegee het nie en was beslis versigtig vir ‘n huwelik soos haar ma s’n.

Toe Anne in haar vroeë twintigs was, het sy na Londen gegaan om by haar weduwee suster, Margaret, te bly. Die twee susters het vir baie jare saamgebly. Hulle was gewilde persoonlikhede in hul tyd te danke aan Lady Margaret se skoonheid en die sjarme en interessante geselskap van Lady Anne, wat deur ‘n tydgenoot beskryf is as een van die mees fassinerende vrouens van haar tyd. Bekende literêre en politiese figure van hul dag het graag by die twee susters se huis bymekaar gekom.

Andrew Barnard
Lady Anne Barnard

Lady Anne Lindsay het nie ‘n tekort gehad aan mans wat in haar belanggestel het nie, maar sy is eers op die ouderdom van 43 getroud. Haar man, Andrew Barnard, die verarmde seun van die biskop van Limerick, het nie geld of konneksies gehad nie. Sy het steeds haar titel as die dogter van ‘n graaf gebruik, en het bekend gestaan as Lady Anne Barnard.

Anne het haar politiese konneksies gebruik om ‘n regeringsaanstelling vir haar man te verkry. In 1797 het die Barnards in die Kaap van Goeie Hoop aangekom saam met die nuwe goewerneur, Lord Macartney. Macartney se vrou het hom nie vergesel na die Kaap nie, en dus het Lady Anne as sy amptelike gasvrou opgetree. Hulle het die weermag offisiere en die Nederlandse koloniste sowel as besoekers aan die Kaap onthaal.

Hierdie publikasie bevat Lady Anne se hersiene joernale in drie volumes. Die oorspronklike dagboeke is geskryf in 1797-1798. Die “hersiening” is waarskynlik deur Lady Anne gedoen tussen 1815 en haar afsterwe in 1825, en was nie bedoel om gepubliseer te word nie. Dit is egter van onskatbare waarde vir die lig wat dit werp op “die interessante huishoudelike besonderhede van die lewe in Kaapstad”, wat handel oor sake wat manlike skrywers geïgnoreer het.

Haar plek in die samelewing, as vrou van die sekretaris van die eerste Britse goewerneur en laasgenoemde se amptelike gasvrou, het haar toegang verleen tot ‘n wye verskeidenheid van klasse en mense. Hoewel haar joernale gesensor is, verleen hulle ‘n unieke blik op die lewe aan die Kaap aan die einde van die 18de eeu.

Die eerste volume is ‘n beskrywing van die seereis aan boord die Sir Edward Hughes se vaart van Londen na Bombaai via die Kaap.

Die tweede volume dek die jaar en ‘n half waartydens die Barnards in die Kasteel gewoon het en later in die gerestoureerde kothuis wat hulle Paradise genoem het in die hedendaagse Nuwelandbos.

‘A View of Cape Town and Table Bay when descending from the Mountain’
Tafelberg vanuit Lady Anne se venster

Die derde volume van dagboeke is geskryf tydens die Barnards se reise na die binneland. Hierin sien ons die skryfster se vermoë om die minder verfynde aspekte van die Kaapse lewe te hanteer – sy het immers reeds Tafelberg uitgeklim! Hulle wa-trek het oor die steil passe van die Hottentots-Holland berge gereis en oor deur die Suid-Kaap in die rigting van Mosselbaai. Daarna het hulle deur die Breederiviervallei na Groenkloof (Mamre) gereis. Die dagboekinskrywings bevat waardevolle inligting, veral Lady Anne se indrukke oor die Genadendal sendingstasie en haar beskrywing van ontmoetings met verskeie trekboer gashere.

‘Our set off in the Wagon’
‘Fish dinner and sea scene – Waggons at the Mouth of the Breede River’

UITTREKSEL VANUIT DIE TEKS  

Wednesday, May 9th, 1798.

An admirable breakfast of a mutton chop of a particular kind (which I have before mentioned), being the side of the Sheep after the shoulder and leg is cut off, it is salted, peppered with crumbs of bread and parsley … nothing can be more Savoury … we had also very fine wild honey, the Gentlemen as I foresaw slept too long to think of shooting as we did not mean to stay longer here having seen the only thing worth looking at but to proceed on our route … One visit lies near my heart and I hope nothing will prevent our making it … Mr. Barnard has another which he wished me to pay to the Landrost of Swellendam who gave him a pressing invitation to  his House about 200 miles distant from the Cape, and a third to Jacob Van Rhenins [Reenens], these are our chief objects but we may chance to strike off from those as many other little plans according to what we hear of the face of the Country or manners of the people, my great wish is if we can to see  a  little  of  the  Real natives …  Hottentots,  caffres,  Boshemen  … the African Hollanders are not my pursuit, however it is possible that we may find them a better race the farther one pierces into the Country, and that nature though ruder may be more virtuous and liberal, round the Coast I do not much blame the people for being a little [niggardly] and anxious for gain, they live by what they can make of Strangers and by their Traffick with Ships and naturally adopt the follies and vices of those they must court … if I find them more to my mind as I travel on, I shall not conceal it, whenever a good quality is to be met with I am glad to open my eyes wide to it.

What I have endeavoured and shall endeavour to do is to give the topo­ graphical account of all I see cultivated for you mon cher ami Monsieur Dundas … Africa is your Masters Villa (George the 3rd) … You his Trusty Major domo have sent us with the excellent Stewart who at present keeps the House Book and with his eye over us to point out what the Vrow and the Maun should remark we are not likely to send you groundless representations.

One of the Slaves here seeing me take notice of one of his Children, pleased and flattered brought me seven more, one of the little ones she made me understand was dumb, l looked into its  mouth  and  saw evidently that the tongue was tacked down by a Ligament I have often seen cut. How I wished that I durst have set it a going with my Scissors but while I looked, the Child began to roar, and as it was a Girl I thought it was possible I might do more harm than good by giving liberty to an unruly member.

Jesting apart, I feared the locked Jaw which I have sometimes heard was…………..

Redigering deur A. M. Lewin Robinson  

Dr Antony Lewin Robinson was direkteur van die Suid-Afrikaanse Biblioteek van 1961-1981 en was verantwoordelik vir die aankope van sommige van die oorspronklike Lady Anne Barnard briewe vir die Biblioteek in 1948. Hy het oor die jare ‘n deeglike studie daarvan gemaak, wat uitgeloop het op die publikasie van The Letters of Lady Anne Barnard to Henry Dundas 1793-1803 in 1973.