Gustav de Vylder was ‘n Sweedse natuurkundige wat tussen 1873 en 1875 deur Namibië gereis het om insekte en ander natuurgeskiedenis voorwerpe te versamel vir verskeie instellings in sy vaderland. Sy reistogte vind plaas ‘n paar jaar voor Duitse besetting, dus was daar min Europese invloed sigbaar. De Vylder se dagboek vertel van avontuurlustige reise, persoonlike ontmoetings, en die toestande van ‘n gebied wat toe as afgeleë beskou is. Hoewel hy ‘n man van sy era was, was sommige van sy idees uitdagend en voor sy tyd.

Uitspanning van Ossewaens by !Onanis

De Vylder is in 1827 in Swede gebore. Sy pa was ‘n Belg wat met ‘n Sweedse vrou getrou terwyl hy by ‘n Sweedse gesin in diens was om hul Frans te verbeter. De Vylder moes op die ouderdom van twaalf skool verlaat weens finansiële redes na sy pa se afsterwe. Sy ma het hom verskeie tale geleer, en hy was dus aangestel as ‘n privaatonderwyser in ‘n welgestelde gesin se huis. Hy het hom later as landmeter bekwaam en was ‘n tyd lank besig met kartering en landmeting. Hy vind dat hy egter min tyd het vir sy hoof belangstelling: natuurwetenskappe, en veral entomologie.

Van 1844 tot 1871 illustreer en graveer hy wetenskaplike werke vir uitgewers in Stockholm. Hy was egter ‘n man van vele talente. Hy was ‘n opgeleide fotograaf en het liedjies geskryf, waarvan ten minste een bekend was. Verder het hy gedigte, ‘n roman, geïllustreerde kinderboeke en verskeie dramas uitgegee. Met finansiële hulp van die Sweedse regering het hy twee reise (1871-1875 en 1879-1887) na die Kaap en Duitse Suidwes-Afrika (hedendaagse Namibië) onderneem waartydens hy natuurgeskiedenis specimen versamel het vir Sweedse museums.

Gustaf de Vylder met sy aangenome San seuntjie, Joseph

Hy was veral gretig om die Ngami-meer tydens sy tweede reis na die Kaap te besoek, maar ‘n gebrek aan fondse het hom verhinder om noordwaarts te reis, en hy het agt jaar aan die Kaap gebly. Hy het aansienlike versamelings van insekte gemaak en ook in hierdie tyd gedigte en ligte literêre werke geskryf.

De Vylder was ‘n vriendelike en behulpsame man wat baie vriende gehad het. Tog het hy in sy dagboeke gereeld ander gekritiseer en was hy veral neerhalend teenoor die Engelse. Hy het ook ‘n wrok teen die Sweedse wetenskaplike gemeenskap gehad weens hul gebrek aan ondersteuning, wat moontlik gespruit het uit sy gebrek aan ‘n formele wetenskaplike opvoeding. Hy was egter ‘n ingeligte, oplettende en noukeurige versamelaar.

The church at Port Nolloth, 4 Apr 1873 (Drawing by de Vylder)
Berge by Anenous, Klein Namaqualand. 10 Apr 1873 (Tekening deur de Vylder)

Tydens sy eerste reis na die Kaap, besoek De Vylder ook Suidwes-Afrika (Namibië) via Port Nolloth. Hy reis na die binneland na Otjimbingwe en verder noordwaarts, oos van die Etosha panne na Ondangwa, die middelpunt van handel in Ovamboland. Van sy hoofkwartiere in Omaruru verken hy die sentrale noordelike gebied van die kolonie terwyl hy voortdurend dagboek hou. In die somer van 1875 keer hy en sy aangenome San seun, Joseph, terug Swede toe.

De Vylder’s journey from Port Nolloth northward

Hierdie volume bevat ‘n Engelse vertaling van drie van De Vylder se dagboeke wat hy geskryf het tydens sy eerste besoek aan die Kaap en Suidwes-Afrika vanaf Maart 1873 tot September 1875.

UITTREKSEL UIT DIE TEKS

‘The first inhabitants were people who were small in stature and from whom I would imagine the Bushmen descended. If they had really been the original inhabitants of these areas, they would at first have used weapons of stone. They drilled holes through the centres of flat round stones into which they inserted wooden handles. These were their clubs. In time they learnt probably from immigrating tribes, to work meteoric iron, which occurs here plentifully, into weapons. These weapons, especially the arrows they poisoned with the juice of the milk-bush [Euphorbia sp.] mixed with the mush of a crushed larva that I think is a kind of butterfly larva. Only today I discovered a real poisonous milk-bush; it is a kind of succulent that grows on the mountain slopes, always in a cup-shaped form. The stems are star-shaped. in section and the protruding edges are densely covered with curved thorns. I am going to try to get some seeds of this succulent as I have not seen this kind in any hothouse at home. The Bushmen mix this poison in a piece of ostrich egg-shell and place the arrow-heads in it for some days. It is thought that the poison penetrates mainly into the sinews with which the iron heads off arrows are fastened to the shafts. This poison certainly works only very slowly and often it does not cause death if the arrow strikes in such a way that it can be cut out immediately; Proof of this was when in Ondonga I carelessly rammed such an arrow through my hand, but immediately squeezed out the blood very thoroughly; after which the wound healed without trouble.

The Bushmen are small, not black but only grey-brown as if they are heavily sunburnt. They have strongly developed instincts of the savage but are otherwise not very intelligent. They cannot count further than to ten and this only on their fingers. A Bushman who is in the service of Mr Bergvall in our company; that is, among the servants, cannot learn to count lack hair on the chin and body; One differentiates between wild and tame Bushmen. The wild ones are now found only in the Kalahari Desert, as far as I know. The tame ones are not very reliable because their wild nature often reveals itself. They run away and then become dangerous highwaymen because of their cunning, speed, and bloodthirstiness. Their language consists of a lot of smacking with the tongue against the palate. Three of these sounds occur in the Bergdamara and Namaqua languages. 1 assume that they got them from the Bushmen)’

Vertaal uit die oorspronklike Sweeds en geredigeer deur Ione & Jalmar Rudner

Jalmar Rudner, Sweedse argitek en stadsbeplanner, het dertig jaar vir die Kaapse stadsraad gewerk en met sy uittrede as argeoloog by die National Monuments Council. Ione Rudner (MA Natal) het ongeveer 29 jaar by die Suid-Afrikaanse museum gewerk en was later redakteur in beheer van publikasies. In hul vrye tyd het die egpaar vir 13 jaar die departement van argeologie bestuur, verskeie ekspedisies onderneem, navorsing gedoen en breedvoerig gepubliseer. Hulle het hulle toegespits op historiese studies, veral om die vertellings van vroeë Sweedse reisigers in suidelike Afrika te vertaal en te redigeer – dit sluit in die hersiening van Sparrman en Thunberg se reise vir die Van Riebeeck Vereniging, albei geredigeer deur Vernon S. Forbes.