Olive Schreiner is in 1855 gebore by ‘n sendingstasie “Wittenbergen” in die hedendaagse Herschel Distrik van die Oos-Kaap, naby die grens van die Vrystaat en Lesotho. Haar pa, Gottlob, is ‘n werknemer van die Londen Sendinggenootskap, en kom saam met sy vrou in 1838 na Suid-Afrika. Al twaalf hul kinders is by die sendingstasie gebore. Beide maak hul kinders streng gelowig groot. Olive gaan bly as twaalf-jarige by haar broer in Cradock waar hy skoolhoof waar sy haar skoolloopbaan voltooi.

Schreiner werk as goewernante vir verskeie Boer families in die Cradock area in haar soeke na finansiële onafhanklikheid. Dit is veral hierdie ondervinding, volgens haar, wat haar idees oor “ras” en etnisiteit met betrekking tot Boere en swart mense beïnvloed.

Olive Schreiner se Suid-Afrika

Sy vertrek na Brittanje in 1881 om as verpleegster opleiding te ontvang maar verskeie ernstige bors infeksies en asma aanvalle bring haar studies tot ‘n einde. Haar boek The Story of an African Farm word in Londen in 1883 gepubliseer toe sy slegs agt-en-twintig jaar oud was. Die boek ontvang lofprysing en die grootskaalse publisiteit maak Schreiner ‘n bekend figuur asook finansieel onafhanklik. Terwyl sy in Engeland woon word sy aktief betrokke in politiese aktiwiteite. Sy sluit aan by sosialisties-georiënteerde organisasies, veral die wat hul bemoei met die regte van vroue.

Olive Schreiner

In 1889 keer sy terug na Suid-Afrika. Weens haar swak gesondheid spandeer sy meeste van haar leeftyd op geïsoleerde plekke. In die 23 jaar wat sy na haar terugkeer in Suid-Afrika bly, spandeer sy 18 daarvan op plase of in afgeleë dorpies soos Matjiesfontein, Hanover, en De Aar. Briewe is dus vir haar ‘n belangrike deel van kommunikasie met ander. Sy raak betrokke by Suid-Afrikaanse politiek. Sy ontmoet Rhodes en vir ‘n kort tydjie toon sy bewondering vir hom, maar bewondering en ondersteuning verander vinnig in opposisie. Die Schreiner gesin het hewige twis oor Britse imperialisme in Suid-Afrika, voor en tydens die Anglo-Boere oorlog van 1899-1902.

A page from Olive Schreiner’s letter to Fan Schreiner, 7 June 1920

The World’s Great Question bevat meer as 300 van Olive Schreiner se belangrikste briewe oor Suid-Afrikaanse mense, politiek en rasseverhoudinge. Hulle is dikwels profeties en kan nog steeds koue rillings by jou ruggraat laat afgaan. Uiters leesbaar en insigryk, openbaar haar briewe:

  • Schreiner se belangrikheid as een van die wêreld se beroemdste vroue, iemand van fundamentele belang in die Suid-Afrikaanse letterkunde en politiek in ‘n kritieke tyd van sy geskiedenis;
  • die ontwikkeling van haar kritiek op Cecil Rhodes, De Beers en die geweld van die noordwaartse uitbreiding van die British South Africa Company;
  • haar invloed op sleutelfigure in die politiek, onder andere John X. Merriman, James Rose Innes, ‘Onze Jan’ Hofmeyr, Jan Smuts, F.S. Malan en haar broer W.P. Schreiner;
  • haar hoë profiel in die vroue stemreg-beweging en haar vriendskap met Mary Sauer, Julia Solly, Jessie Rose-Innes, Caroline Murray en Anna Purcell;
  • die politieke konneksies tussen radikale blankes en die opkomende swart elite, onder andere Abdullah Abdurahman, John Dube, Mohandas Gandhi, John Tengo Jabavu, Sol Plaatje, Walter Rubusana, J.K. Soga, en RichardThema;
  • dat ‘ras’ en rassisme – ‘the world’s great question’ – vir haar die allerbelangrikste kwessie geword het.

UITTREKSEL VANUIT DIE TEKS

9 April 1909. Letter to Abdullah Abdurahman from ‘Eastbergholt’, Tamboer’s Kloof Road, Gardens, Cape Town. (Schreiner UCT).

Private

Dear Dr Abdurahman

It was a great pleasure to me to meet you & your wife248 yesterday & I trust that our brief acquaintance may ripen into sincere friendship.

It is a strange thing that you remind me so much [in] voice, manner, appearance & character of FS Malan! I much hope I shall some day be able to bring Malan fully into line with us. He is almost the only leading man who does seem capable of seeing our question from the wide moral & human side.

I am sending you a little paper I wrote during the war. The last page will show you that even then I was thinking of & as far as I could working for our cause.

As soon as the Union Parliament meets I mean to gather together a body of white women, & make an appeal to be heard at the bar of the house, – to petition for extended rights to the native & the doing away of the colour bar on the ground that having no vote our voice has not been heard in the drafting of the constitution. If they refuse us I will print the speech I intended to make.

I think your paper first rate. Please return the enclosed paper251 at once, as it is the only copy I have, & I need it.

Yours very sincerely
Olive Schreiner

Geredigeer deur Liz Stanley and Andrea Salter

Liz Stanley is professor in Sosiologie aan die Universiteit van Edinburgh. Sy is die skrywer van Olive Schreiner’s Social Theory, Mourning Becomes..Post/Memory, Commemoration and the Concentration Camps of the South African War, en nog twaalf boeke. Sy is besoekende professor aan die Universiteite van Johannesburg en Pretoria en is ‘n voormalige “Hugh Le May Fellow” aan die Rhodes Universiteit. Sy is besig met navorsing oor Schreiner se oorblywende manuskripte sowel as haar briewe en ‘n boek daaroor is oppad. Haar huidige navorsing handel oor “Whites Writing Whiteness”

Andrea Salter is Navorsingsgenoot aan die Universiteit van Edinburgh en beklee ook ‘n navorsingspos aan die Universiteit van Cambridge. Saam met Liz Stanley het sy die briewe van Olive Schreiner aanlyn gepubliseer (www.oliveschreiner.org) en sy werk nou aan die “Whites Writing Whiteness”-projek. Sy het verder oor die Britse maatskaplike navorsingsorganisasie Mass Observation gepubliseer, oor Olive Schreiner se briewe en politieke belangstellings, en in die breë oor die analise van ‘lewensdokumente’ en die narratiewe, argivale en digitale metodologieë wat daaraan verbonde is. Andrea doen op die oomblik navorsing oor die rol van briewe in organisatoriese, institusionele en sake-omgewings.