Transvaal

The World’s Great Question. Olive Schreiner’s South African Letters 1889-1920

2020-08-04T21:12:52+00:00July 24th, 2014|

Hierdie volume bevat meer as 300 van Olive Schreiner se belangrikste briewe oor Suid-Afrikaanse mense, politiek en rasseverhoudinge. Hulle is dikwels profeties en kan nog steeds koue rillings by jou ruggraat laat afgaan. Uiters leesbaar en insigryk, openbaar haar briewe onderandere haar belangrikheid as een van die wêreld se beroemdste vroue, iemand van fundamentele belang in die Suid-Afrikaanse letterkunde en politiek in ‘n kritieke tyd van sy geskiedenis.

The war diary of Burgher Jack Lane 16 November 1899 to 27 February 1900

2021-01-23T10:25:44+00:00July 24th, 2001|

John (Jack) Moody Lane, gebore in Ulster, het sy fortuin in die Suid-Afrikaanse Republiek gaan soek, waar hy 'n winkelier in die dorpie Hartbeesfontein in die Wes-Transvaal geword het. Alhoewel hy burgerskap van die Republiek aanvaar het, het hy lojaal aan die Britse saak gebly, en hy was teensinnig om die wapen teen sy vaderland op te neem toe hy aan die begin van die oorlog opgekommandeer is. Gevolglik is hy aan die hoof van ammunisie geplaas in die hooflaer van Generaal Piet Cronjé. Lane het die aksie gesien by Magersfontein, buite Kimberley en ook by Paardeberg, waar hy gevange geneem en na St Helena gestuur is. Hy het deurgaans sy droë sin vir humor behou en het die lewe in die Boerekampe met 'n skerp en kritiese oog beskou.

The war memoirs of Commandant Ludwig Krause 1899-1900

2020-09-22T16:24:53+00:00July 24th, 1995|

In 1899 het Ludwig Krause sy regspraktyk in die Transvaal laat vaar om aan die kant van die Boere te gaan veg. Die memoirs van Krause word gekenmerk deur 'n helder styl en 'n beskrywende krag en die waarde daarvan word verhoog deur die skerp uitgesproke menings, nie alleen teen die Britse vyand nie, maar ook teen sommige van Kruger se ondersteuners,

Breaker Morant and the Bushveldt Carbineers

2022-08-08T09:20:18+00:00July 24th, 1987|

Drawing on a wide selection of sources, this volume seeks to investigate the controversies surrounding the execution of 'Breaker' Morant and his two Australian compatriots. It explores not only the murders associated with Morant, but looks at the context in which the Bushveldt Carbineers were recruited and operated. It remains one of the most scholarly works on the subject.

Maleo en Sekoekoeni

2022-07-17T19:53:38+00:00July 25th, 1957|

Dr Theodor Wangemann was 'n direkteur van die Berlynse Sendinggenootskap en het in 1866 na Suid-Afrika gekom om sendingstasies dwarsdeur die land te besoek. Hierdie werk, een van verskeie wat Wangemann geskryf het en 'n tipiese voorbeeld van die negentiende-eeuse Duitse sendingliteratuur, beskryf sendingwerk in die distrik Lydenburg in Noord-Transvaal

The Diary of Dr Andrew Smith, director of the ‘Expedition for exploring Central Africa’, 1834-6; Vol. I

2022-09-04T10:25:10+00:00July 25th, 1939|

Andrew Smith, 'n weermagdokter, het in 1820 na die Kaap gekom en tot 1837 daar gebly. Die ekspedisie na Sentraal- Suid-Afrika is onderneem om meer uit te vind oor die mense wat na die noorde gewoon het. Smith het Kuruman besoek en tot in Ndebele-gebied gereis, en het die Oori-, Mariqua- en Limpoporivier ondersoek. 'n Aantal sendelinge het aan die ekspedisie deelgeneem, onder andere Robert Moffat. Die eerste volume gaan tot by 9 Mei.

Go to Top