Tweede Vryheidsoorlog

F.S. Malan – ‘n Oud Joernalis Kyk Terug – A Former Jounalist Looks Back

2026-01-05T12:59:26+00:00June 5th, 2023|

Francois Stephanus Malan was redakteur van Ons Land, leier van die Afrikanerbond, twee maal waarnemende eerste minister van Suid-Afrika, minister van onderwys, myne en nywerheid, asook verskeie ander portefeuljes in die vroeë Unie-regering. Hy is beskryf as die laaste Kaapse liberaal — die man wat die langste in die parlement geveg het om die Kaap se nie-rassige stemreg te behou en dit na die ander provinsies uit te brei. Hierdie bundel, F.S. Malan: ’n Voormalige joernalis kyk terug, bied ’n toeganklike en persoonlike weergawe van sy opvoeding en sy loopbaan as joernalis en politikus. Dit dek die tydperk vanaf die 1880’s tot die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910. Dit was ’n tyd waarin ’n duidelike Afrikaner-identiteit in die Kaapkolonie begin vorm aanneem het, veral onder die invloed van die Jameson-inval en die Suid-Afrikaanse Oorlog. Beide hierdie gebeure het ’n groot invloed gehad op sy houding teenoor Britse bewind en kulturele oorheersing aan die Kaap, veral toe hy tydens die oorlog tronkstraf moes uitdien omdat hy ’n Britse generaal belaster het.

The World’s Great Question. Olive Schreiner’s South African Letters 1889-1920

2020-08-04T21:12:52+00:00July 24th, 2014|

Hierdie volume bevat meer as 300 van Olive Schreiner se belangrikste briewe oor Suid-Afrikaanse mense, politiek en rasseverhoudinge. Hulle is dikwels profeties en kan nog steeds koue rillings by jou ruggraat laat afgaan. Uiters leesbaar en insigryk, openbaar haar briewe onderandere haar belangrikheid as een van die wêreld se beroemdste vroue, iemand van fundamentele belang in die Suid-Afrikaanse letterkunde en politiek in ‘n kritieke tyd van sy geskiedenis.

Sir Graham Bower’s Secret History of the Jameson Raid and the South African Crisis, 1895-1902

2021-02-23T09:07:52+00:00July 24th, 2002|

Graham Bower se Secret History gee verslag van sy insig tot die binnewerking van die Jameson-inval skandaal. Rhodes het sy plan om die Rhodesiese magte in die Transvaal in te stuur in vertroulikheid aan Bower vertel. Hoewel hy die sekretaris van die Britse Hoë Kommissaris was, het Bower gekies om stil te bly en die rol van sondebok te aanvaar.

The war diary of Burgher Jack Lane 16 November 1899 to 27 February 1900

2021-01-23T10:25:44+00:00July 24th, 2001|

John (Jack) Moody Lane, gebore in Ulster, het sy fortuin in die Suid-Afrikaanse Republiek gaan soek, waar hy 'n winkelier in die dorpie Hartbeesfontein in die Wes-Transvaal geword het. Alhoewel hy burgerskap van die Republiek aanvaar het, het hy lojaal aan die Britse saak gebly, en hy was teensinnig om die wapen teen sy vaderland op te neem toe hy aan die begin van die oorlog opgekommandeer is. Gevolglik is hy aan die hoof van ammunisie geplaas in die hooflaer van Generaal Piet Cronjé. Lane het die aksie gesien by Magersfontein, buite Kimberley en ook by Paardeberg, waar hy gevange geneem en na St Helena gestuur is. Hy het deurgaans sy droë sin vir humor behou en het die lewe in die Boerekampe met 'n skerp en kritiese oog beskou.

A Canadian mounted rifleman at war, 189-1902. The reminiscences of A.E. Hilder

2021-02-22T21:51:14+00:00July 24th, 2000|

Met die uitbreek van die Suid Afrikaanse Oorlog het Albert Hilder hom vrywillig in Kanada vir diens aangemeld. Sy beskrywings is een van die min verslae oor Kanadese betrokkenheid in die oorlog, soos gesien vanuit die perspektief van berede infanterie. Geen ander beskrywings oor hierdie eenhede bestaan nie, ten spyte van die feit dat meer as 50% van alle Kanadese soldate wat in die oorlog diens gedoen het, uit hulle geledere gekom het.

The war memoirs of Commandant Ludwig Krause 1899-1900

2020-09-22T16:24:53+00:00July 24th, 1995|

In 1899 het Ludwig Krause sy regspraktyk in die Transvaal laat vaar om aan die kant van die Boere te gaan veg. Die memoirs van Krause word gekenmerk deur 'n helder styl en 'n beskrywende krag en die waarde daarvan word verhoog deur die skerp uitgesproke menings, nie alleen teen die Britse vyand nie, maar ook teen sommige van Kruger se ondersteuners,

Breaker Morant and the Bushveldt Carbineers

2022-08-08T09:20:18+00:00July 24th, 1987|

Drawing on a wide selection of sources, this volume seeks to investigate the controversies surrounding the execution of 'Breaker' Morant and his two Australian compatriots. It explores not only the murders associated with Morant, but looks at the context in which the Bushveldt Carbineers were recruited and operated. It remains one of the most scholarly works on the subject.

Go to Top