Kaapse politiek

The South African Letters of Thomas Pringle

2021-02-23T08:58:46+00:00November 24th, 2011|

Thomas Pringle (1789–1834) word in hierdie land onthou as die ‘vader van die Engelse poësie’, as leier van die enigste Skotse Setlaarsparty in 1820, en as ‘n kampvergter vir die vryheid van die pers. In Kaapstad was hy onder andere, saam met sy vriend John Fairbairn, redakteur van die Kaap se eerste onafhanklike nuusblad, en het ‘n suksesvolle ‘klassieke en kommersiële akademie’ gestig, totdat dit alles tot ‘n einde gebring is deur die vyandigheid van die goewerneur, Lord Charles Somerset. Hy is terug na Engeland waar hy sekretaris van die Anti-Slavery Society was en is op 45 jarige ouderdom oorlede.

Sir Graham Bower’s Secret History of the Jameson Raid and the South African Crisis, 1895-1902

2021-02-23T09:07:52+00:00July 24th, 2002|

Graham Bower se Secret History gee verslag van sy insig tot die binnewerking van die Jameson-inval skandaal. Rhodes het sy plan om die Rhodesiese magte in die Transvaal in te stuur in vertroulikheid aan Bower vertel. Hoewel hy die sekretaris van die Britse Hoë Kommissaris was, het Bower gekies om stil te bly en die rol van sondebok te aanvaar.

The Garrett Papers

2021-03-28T12:06:26+00:00July 24th, 1984|

Edmund Garrett (1865-1907) was redakteur van die Cape Times tussen 1895 en 1899 - die kritieke jare van die Jameson-inval tot by die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Hy was 'n vurige imperialis en het hegte vriendskappe gesluit met Sir Alfred Milner, Goewerneur van die Kaap. Sy briewe aan sy neefs en niggies in Engeland gee 'n intieme en lewendige beeld van die lewe in Kaapstad in hierdie tyd.

Selections from the correspondence of Percy Alport Molteno 1892-1914

2021-10-29T07:50:19+00:00July 24th, 1981|

Percy Molteno (1861-1937) was 'n seun van sir John Molteno, eerste premier van die Kaapkolonie. Hy is opgelei as advokaat en trou met die dogter van sir Donald Currie, die skeepsmagnaat, en gaan werk vir sy skoonpa in Engeland. Hy bly hartstogtelik geïnteresseerd in die politieke lewe van die kolonie en voer 'n omvattende briefwisseling met verskeie vooraanstaande politici en sakelui. Tydens die Suid-Afrikaanse oorlog het hy die pro-Boere-beweging ondersteun en in 1906 die Britse parlement betree onder leiding van die liberale sir Henry Campbell-Bannerman.

Sir James Rose Innes: Selected Correspondence (1884-1902)

2022-07-18T15:45:10+00:00July 24th, 1972|

Sir James Rose Innes (1855-1942) was een van Suid-Afrika se leidende juriste. Hierdie volume handel oor Rose Innes se politieke loopbaan, aanvanklik as 'n lid van Cecil John Rhodes se eerste ministerie in 1890-1893. Die politieke verdelings deur die Jameson-inval meegebring het Rose Innes teensinnig in die kamp van die lojaliste gebring.

Selections from the Correspondence of J.X. Merriman Vol IV, 1905-1924

2022-07-18T15:36:23+00:00July 25th, 1969|

Hierdie laaste volume van Merriman se korrespondensie handel oor Uniewording, insluitend sy sienings oor die maak van die grondwet, en sy tydperk as premier van die Kaapkolonie. Merriman het na Uniewording in die Kaapse parlement aangebly en het 'n rol gespeel in gebeure voor en net na die Eerste Wêreldoorlog.

Selections from the Correspondence of J.X. Merriman, Vol III (1899-1904)

2021-10-28T21:24:55+00:00July 25th, 1966|

Hierdie derde volume van Selections from the Correspondence of J.X. Merriman dek die Anglo-Boereoorlog, insluitend Merriman se deelname aan die pro-Boer Schreiner-ministerie, en 'n tydperk as lid van die opposisie. In hierdie tyd het hy geveg teen die opheffing van die Kaapse grondwet en vir 'n regverdige bedeling vir die Kaapse rebelle. Die volume sluit af met sy deelname aan die SA Naturellesake-Kommissie en die verkiesing wat tot dr Jameson se premierskap gelei het.

Selections from the Correspondence of J.X. Merriman Vol II, 1890-1898

2021-10-28T21:21:30+00:00July 25th, 1963|

Hierdie tweede volume van Selections from the Correspondence of J.X. Merriman dek Rhodes se eerste premierskap, met Merriman as Koloniale Tesourier; die periode voor die Anglo-Boereoorlog, insluitende die Jameson-inval; en Merriman se breuk met Rhodes. Dit was tydens hierdie periode dat Merriman pro-Boer geword en 'n alliansie met die Afrikaner-Bond gesluit het.

Selections from the Correspondence of J.X. Merriman Vol I, 1870-1890

2021-10-28T21:15:06+00:00July 25th, 1960|

John X. Merriman, die seun van Aartsdeken Merriman, was een van die briljantste politici aan die Kaap. Sy lang politieke loopbaan het die belangrikste politieke gebeurtenisse van die laat-19e eeu en vroeë 20ste eeu oorspan, en het gekulmineer in sy premierskap net voor die totstandkoming van die Unie in 1910. Polities was Merriman liberaal; hy het nou saamgewerk met Rhodes toe laasgenoemde die eerste keer premier geword het maar het later sterk pro-Boer geword. Volume 1 handel oor die begin van sy loopbaan aan die Kaapse oosgrens, en die eerste jare van verantwoordelike regering. Hierdie teks handel ook oor die ekonomiese rewolusie na die ontdekking van diamante en goud

Go to Top