VOC tydperk tot 1808

Francois le Vaillant: Travels into the interior of Africa via the Cape of Good Hope. Vol II

2022-03-17T19:57:37+00:00November 14th, 2021|

Hierdie bundel van Le Vaillant se 'Travels' gaan voort met die vertelling van sy reis wat in Volume 1 begin is. Dit strek vanaf sy aankoms by Kok se Kraal op die oewer van die Groot Visrivier, waar hy kamp opgeslaan het en van 12 Oktober tot 4 Desember 1782 gebly het. Hierdie verblyf van twee maande was die langste tyd wat Le Vaillant gedurende die hele reis op een plek gebly het.

Francois le Vaillant: Travels into the interior of Africa via the Cape of Good Hope. Vol II

2026-01-05T13:07:50+00:00August 20th, 2021|

In 1780 the young Francois Vaillant set out from Holland for the Cape to collect specimens of birds and animals. His account of his travels, which was published widely during the revolutionary period, became an influential piece of writing about South Africa, popular throughout Europe and reflected many Enlightenment attitudes.I t was the first highly critical account of Dutch colonialism and the brutality of settler expansion.

Hendrik Swellengrebel in Afrika: Journalen van Drie Reizen in 1776-1777

2022-07-19T09:58:24+00:00June 25th, 2018|

In het laatste kwart van de Achttiende eeuw verkenden verscheidene reizigers het binnenland van zuideljjk Afrika en zij schreven over de mensen daar en het beleid van de VOC. Hendrik Swellengrebel Jr, zoon van een voormalige Gouverneur, die in studeerde en leefde in Nederland, bezocht in 1776-1777 verschillende delen van de Kaapkolonie en het land van de Xhosa. Zijn reisverslagen en de tekeningen die Johannes Schumacher in zijn opdracht maakte, geven een nieuwe kijk op de Kaap.

Francois le Vaillant: Travels into the interior of Africa via the Cape of Good Hope. Vol I

2020-08-18T20:02:33+00:00July 24th, 2007|

In 1780 het ‘n toe nog jong Francois Vaillant uit Nederland na die Kaap vertrek om voorbeelde van voëls en diere te versamel. Sy verslag oor sy reis is wyd gepubliseer en dit het ‘n invloedryke en gewilde publikasie oor Suid-Afrika dwarsdeur Europa geword. Dit het baie standpunte van die ‘Era van Verligting’ weerspieël en was die eerste verslag met sterk kritiek op Nederlandse kolonialisme.

Hendrik Cloete, Groot Constantia en die VOC, 1788-1799

2022-07-17T20:20:54+00:00July 24th, 2003|

Hendrik Cloete, die eienaar van Groot Constantia sedert 1778, het die herehuis vergroot en die beroemde Constantiawyn verbeter en bemark. Hierdie volume, wat die korrespondensie tussen Cloete en Hendrik Swellengrebel jr. bevat, handel oor Cloete se pogings om ‘n vergunning van die Vereenigde Oostindische Compagnie te verkry om sy wyn vryelik te verhandel en bemark.

The Garrett Papers

2021-03-28T12:06:26+00:00July 24th, 1984|

Edmund Garrett (1865-1907) was redakteur van die Cape Times tussen 1895 en 1899 - die kritieke jare van die Jameson-inval tot by die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Hy was 'n vurige imperialis en het hegte vriendskappe gesluit met Sir Alfred Milner, Goewerneur van die Kaap. Sy briewe aan sy neefs en niggies in Engeland gee 'n intieme en lewendige beeld van die lewe in Kaapstad in hierdie tyd.

Briefwisseling van Hendrik Swellengrebel Jr. oor Kaapse Sake 1779-1792

2022-07-17T20:42:02+00:00July 24th, 1982|

Hendrik Swellengrebel Jr (1734-1803) was die seun van Hendrik Swellengrebel wat 'n paar jaar goewerneur aan die Kaap was en nog 'n aansienlike hoeveelheid eiendomme daar besit het. Die jonger Swellengrebel het 'n gemaklike lewe in Nederland gelei, maar het die Kaap in 1776-7 besoek en daarna 'n belangstelling in Kaapse aangeleenthede behou. Hy het betrokke geraak by die rebelse Kaapse Patriotte en het veel gedoen om die ekonomie van die gebied te bevorder. Sy briewe bevat baie inligting oor die sosiale geskiedenis van die Kaap tydens die laaste kwart van die 18e eeu.

Go to Top