VOC tydperk tot 1808

Beschryvinge van Kaap der Goede Hoope, met de zaaken daar toe behoorende, door François Valentyn, 1726. Dl. II.

2022-08-16T21:01:23+00:00July 24th, 1973|

This second part of Valentyn's travels continues with the account of his visit in 1702 and a later visit of 1714. It includes a lengthy account of the customs of the Khoi and their language, the fauna to be encountered and the early history of the settlement.

Dagboek van Adam Tas, 1705-1706

2022-09-04T10:46:24+00:00July 24th, 1970|

Adam Tas (1668-1722) was 'n vroeë Nederlandse vryburger wat in die distrik Stellenbosch geboer het. Hy is veral bekend vir sy rol in die protes van die vryburgers teen goewerneur Willem Adriaan van der Stel oor die korrupsie van VOC-amptenare en die misbruik van handelsmonopolieë. Hierdie dagboek, die werk van 'n innemende en joviale man, beskryf die gemaklike lewe van die opkomende Kaapse burgery en die drama wat gelei het tot die arrestasie van Tas as die belhamel van die ontevredenes.

Reize in de Binnen-Landen van Zuid-Africa. Gedaan in den Jaare 1803 door W.B.E. Paravicini di Capelli, Kapitein Aide de Camp, by den Gouverneur van de Caap de Goede Hoop

2022-07-18T15:31:48+00:00July 25th, 1965|

Paravicini di Capelli was 'n artillerie-kaptein tydens die bewind van die Bataafse Republiek en 'n aide-de-camp van die Kaapse goewerneur, Generaal Jan Willem Janssens. Hy het met die goewerneur na die binneland gereis en 'n amptelike sowel as 'n private joernaal gehou.

M.D. Teenstra – De vruchten mijner werkzaamheden, gedurende mijne reize over de Kaap de Goede Hoop, naar Java en terug, over St Helena, naar de Nederlanden, 1830

2021-02-23T08:44:46+00:00July 25th, 1943|

M.D. Teenstra was 'n Nederlandse hereboer wat die Kaap in 1825 besoek het. Tydens sy verblyf het hy vir 'n kuur na die Caledon-baddens gegaan en ook Genadendal en Kaap Agulhas besoek; hy het via Franschhoek en Stellenbosch na die Kaap teruggekeer. Sy waarnemings is skerp en volledig en hy het goed gebruik gemaak van die statistieke en ander amptelike inligting wat hy kon bekom. Sy redakteur beskou hom as een van die beste skrywers oor die Kaap uit daardie tyd.

Willem Stephanus van Ryneveld se Aanmerkingen over de verbetering van het vee aan de Kaap de Goede Hoop, 1804

2020-10-05T10:05:56+00:00July 25th, 1942|

Hierdie volume handel oor een van die belangrikste elemente in die Suid-Afrikaanse ekonomiese geskiedenis voor die ontdekking van diamante en goud. Dit is 'n vroeë studie van die industrie van lewende hawe aan die Kaap, veral die ontwikkeling van die merino-industrie. Die skrywer was 'n VOC-amptenaar wat in die Kolonie gebore is en wat guns van die Britse gesagvoerders ontvang het by hul besetting van die Kaap in 1795. Ondanks sy pro-Britse houding het die Bataafste regering sy breë kennis na waarde geskat en hom gevra om die landbou-potensiaal van die Kaap te ondersoek. Hierdie verslag is die resultaat daarvan.

Die Duminy Dagboeke [with English translation]

2024-08-01T13:03:42+00:00July 25th, 1938|

Die Duminy-dagboeke bestaan uit die dagboek van Johanna Margareta Duminy (1797), die joernaal van François Duminy oor sy besoek aan die Caledon Baddens en die Bok-rivier (9 November 1810 tot 4 Maart 1811), die joernaal van François Duminy se ekspedisie na Walvisbaai in 1893 en Sebastian Valentyn van Reenen se joernaal van dieselfde ekspedisie. Die tekste is in Engels vertaal, maar die lang inleiding is slegs in Afrikaans.

Die Joernaal van Dirk Gysbert van Reenen, 1803

2021-02-15T15:02:39+00:00July 25th, 1937|

Toe die Britse regering die Kaap Kolonie in 1803 teruggee aan Nederland, regeer die Bataafse Republiek vir drie jaar. Kort na sy aankoms in die Kaap in besluit die Goewerneur Janssens en sy kollega om op ‘n verkenningstog van die land te gaan. Hulle vra vir Dirk Gysbert van Reenen om hul te vergesel. Die doel van die reis was om die magsgebied van die Bataafse regering te inspekteer en om konflikte tussen die Hollandse burgers en die inheemse bevolking te besleg. Hierdie publikasie, gebaseer op die reisjoernale geskryf deur Van Reenen tydens bogenoemde reistog, is ‘n offisiële verslag wat feitlike inligting bevat.

Die Joernale van Hendrik Jacob Wikar [1779] ; Jacobus Coetse Jansz [1760] en Willem van Reenen [1791]

2021-02-15T14:17:34+00:00July 25th, 1934|

Hierdie volume bestaan uit joernale van onderskeie verkenningstogte na die Oranjerivier (Gariep): dié van Hendrik Jacob Wikar, wat in 1778 en 1779 die eerste gedokumenteerde Europeër word wat langs die Oranjerivier reis; Jacobus Coetsé Jansz, die eerste Europeër wat die rivier in 1760 oorsteek; en Willem van Reenen wat in 1791 die rivier oorsteek op soek na koper.

Journals of the expedition of the Honourable Ensign Olof Bergh [1682 and 1683] and Isaq Schrijver [1689]

2021-02-15T10:26:41+00:00July 25th, 1931|

Hierdie publikasie bevat twee joernale wat twee van Olof Bergh se reise soos onderneem in 1682 en 1683 langs die Weskus tot in Namakwaland beskryf. Ingesluit is die joernaal van Isaq Schrijver wat ooswaarts gereis het om met die Inqua Hottentote beeste te ruil. Sy reis deur die Groot Karoo vind plaas in 1689 en strek so ver as Camdeboo. Die teks van Bergh is parallel in Afrikaans en Engels, dié van Schrijver slegs in Engels.

Go to Top