The Journal of Gustav de Vylder, naturalist in South-Western Africa 1873-1875
Gustav de Vylder,'n Sweedse natuurkundige, het van 1873 tot 1875 deur Namibië gereis en insekte en ander natuur-historiese objekte vir instellings in sy vaderland versamel. Hy het sy reise 'n paar jaar voor die Duitse besetting onderneem, in 'n tyd toe Europese invloed nouliks merkbaar was. De Vylder se joernaal is die verslag van 'n avontuurlike reis, van persoonlike ontmoetings en toestande in 'n gebied wat toe as verafgeleë beskou is. Hy was 'n man van sy tyd, maar sommige van sy idees was uitdagend en sy tyd vooruit.