Inheemse bevolkings van Suider-Afrika

Indoda Ebisithanda (“The Man Who Loved Us”) – The Reverend James Laing among the amaXhosa, 1831-1836

2022-07-19T09:26:04+00:00April 13th, 2020|

The Reverend James Laing was one of the earliest missionaries of the Glasgow Missionary Society to arrive on the eastern frontier of South Africa in 1831. Like many other missionaries, he kept a daily journal until his death in 1872. This volume consists of the first six years of his journal, a tumultuous period on the Eastern Cape frontier. Laing was a private man who wrote considerably less about himself than about the amaXhosa whom he served, showing an insatiable interest in their language, genealogy, history, customs and social structure.

Isaac Williams Wauchope: Selected Writings 1874-1916

2020-09-22T13:43:51+00:00July 24th, 2008|

Isaac Williams Wauchope (1852-1917) was in die laat-19e en vroeg-20ste eeu 'n prominente lid van die Afrika-elite in die Ooskaap. Hy was predikant, politieke aktivis, historikus, digter en uiteindelik, die legendariese held in die Mendi-skeepsramp. Hierdie volume bevat, in Engels en in Xhosa, 'n keuse uit sy geskrifte wat 'n beeld gee van Wauchope se betekenisvolle en stormagtige lewe.

Words of Batswana: Letters to Mahoko a Becwana, 1883-1896

2022-07-17T20:18:43+00:00July 24th, 2006|

Words of Batswana bevat ‘n versameling briewe wat Batswana aan Mahoko a Becwana (News/Words of Batswana), ‘n Setswana-talige koerant wat tussen 1883 en 1896 deur sendelinge van die Londense Sendinggenootskap te Kuruman uitgegee is, geskryf het. Die meeste van die brief-skrywers was lidmate van gemeentes in die huidige provinsies Noord-Kaap en Noordwes.

The Journal of Gustav de Vylder, naturalist in South-Western Africa 1873-1875

2021-02-23T08:31:50+00:00July 24th, 1997|

Gustav de Vylder,'n Sweedse natuurkundige, het van 1873 tot 1875 deur Namibië gereis en insekte en ander natuur-historiese objekte vir instellings in sy vaderland versamel. Hy het sy reise 'n paar jaar voor die Duitse besetting onderneem, in 'n tyd toe Europese invloed nouliks merkbaar was. De Vylder se joernaal is die verslag van 'n avontuurlike reis, van persoonlike ontmoetings en toestande in 'n gebied wat toe as verafgeleë beskou is. Hy was 'n man van sy tyd, maar sommige van sy idees was uitdagend en sy tyd vooruit.

Norwegian missionaries in Natal and Zululand: selected correspondence (1844-1900)

2021-01-23T10:57:48+00:00July 24th, 1996|

Die Noorweegse Sendinggenootskap het hul eerste permanente sendingstasies noord van die Tugela in die 1840s gestig. Die Zoeloe Lutherse Kerk, wat ontstaan het uit bekerings in die 1860s, het in werklikheid eers na die verowering van Zoeloeland in 1879 ontwikkel. Die Noorweegse sendelinge was strategies geplaas om veranderinge in die Zoeloe kultuur en beskawing waar te neem, en hul briewe en verslae is 'n ryk en gedetailleerde historiese bron.

Griqua Records, the Philippolis Captaincy, 1825-1861

2020-08-29T19:04:44+00:00July 24th, 1994|

Vroeg in die 19e eeu was daar vier klein, semi-onafhanklike Griekwa-staatjies in die Trans-Oranje, elk geregeer deur sy eie 'Kaptyn'. Hierdie volume bevat 'n versameling van amptelike en semi-amptelike dokumente rakende die Griekwa Kapteinskap in Philippolis van 1826 tot 1861, waarna dit oorgedra is na Griekwaland-Oos. Die dokumente gee 'n omvattende beeld van 'n swak-gedokumenteerde aspek van die geskiedenis van die noordgrens van die Kaapkolonie.

Johan August Wahlberg: Travel Journals and from letters, South Africa, Namibia and Botswana, 1838-1856

2021-01-23T08:45:57+00:00July 24th, 1992|

Johan August Wahlberg (1810-1856), 'n Sweedse natuurkundige, het voor die middel van die 19e eeu deur groot dele van suidelike Afrika gereis, onder andere Natal en Namibië, om plante en diere te versamel en na Stockholm te neem. Sy reisjoernale is oor die algemeen bondig, maar sy weergawe van die mense wat hy ontmoet het, is meestal betroubaar en onbevooroordeeld.

Guillaume Chenu de Chalezac, the ‘French Boy’

2020-08-04T20:47:25+00:00July 24th, 1991|

Die 15-jarige 'Franse seun' was in 1687 op 'n skip wat aan die Ciskeise kus gestrand het, en het 'n jaar lank by 'n Xhosa-opperhoof ingewoon. Die wêreld van die Hugenote diaspora, die bloeiende handel op die Indiese Oseaan, die Kaap se sleutelposisie in die stryd om mag, en die ontluikende belangstelling van Nederland in 'Terra de Natal' vorm die sentrale elemente van hierdie ryk-geskakeerde vertelling, die eerste volledige Europese vertelling oor die lewenswyse van die Xhosa sedert die aanvang van kolonisasie.

The Commissions of W.C. Palgrave Special Emissary to South West Africa, 1876-1885

2021-01-08T21:01:06+00:00July 24th, 1990|

William Coates Palgrave (1833-1897) was vir 25 jaar aktief betrokke in Suidwes-Afrika (Namibië) en onderneem 5 opeenvolgende kommissies as Spesiale Kommissaris vir Hereroland en Namaland namens die Kaapse regering na hierdie land. Hierdie volume weerspieël lewe in 'n land wat op die randjie van kolonisasie was deur die offisiële joernale, notules en verslae wat tydens die kommissies opgestel is.

Go to Top