Inheemse bevolkings van Suider-Afrika

Letters of the American Missionaries, 1835-1838

2022-07-18T15:12:12+00:00July 25th, 1950|

Aangesien daar baie sendelinge in die Kaapkolonie was, het die Amerikaners aanvanklik op die Matebele in Transvaal gekonsentreer, en ook op Natal. Hul aankoms het saamgeval met die Groot Trek en die uitbreiding van die Boerebevolking na die noorde en die ooste; hulle was dus in 'n goeie posisie om ontwikkelings in die Voortrekker-samelewing waar te neem asook die impak daarvan op inheemse samelewings.

The Chronicle of Jeremiah Goldswain, Albany Settler of 1820: Vol. I

2020-10-06T09:06:46+00:00October 20th, 1946|

Jeremiah Goldswain se joernale, foneties geskryf in sy middel-Engelse dialek, het die belangstelling van taalkundiges sowel as historici gewek. Goldswain, 'n saer van Buckinghamshire, het in 1820 na die Oos-Kaap gekom. Die eerste deel van sy joernaal beskryf die aanvanklike probleme van die setlaars op die grens.

The Narrative of Private Buck Adams, 7th (Princess Royal’s) Dragoon Guards on the Eastern Frontier of the Cape of Good Hope, 1843-1848

2022-09-04T10:30:49+00:00July 25th, 1941|

'n Ongewone verslag, uit die perspektief van 'n gewone soldaat, van die militêre lewe op die Oosgrens. Adams het die verslag in 1884 geskryf, veertig jaar na sy diens in Suid-Afrika. Die redakteur merk op dat 'His improbable tales have proved substantially true on investigation'. Hy het diens gedoen tydens die "War of the Axe", sowel as tydens die skermutseling by Zwart Koppies in die Oranje-Vrystaat.

The Diary of Dr Andrew Smith, director of the ‘Expedition for exploring Central Africa’, 1834-6; Vol. II

2022-09-04T10:26:54+00:00July 25th, 1940|

Die tweede volume van Smith se dagboek begin met die beskrywing van die sosiale lewe van die Barolong. Die geselskap het deur die noordelike Kaap tot in Mafikeng gereis en vandaar na Mosega. Vervolgens het hulle ooswaarts getrek en daarna na Kaapstad teruggekeer, via Mzilikazi, vir wie hulle die tweede keer besoek het. Die dagboek bevat uitgebreide inligting oor wilde diere sowel as gewoontes van die inboorlinge wat hulle ontmoet het.

The Diary of Dr Andrew Smith, director of the ‘Expedition for exploring Central Africa’, 1834-6; Vol. I

2022-09-04T10:25:10+00:00July 25th, 1939|

Andrew Smith, 'n weermagdokter, het in 1820 na die Kaap gekom en tot 1837 daar gebly. Die ekspedisie na Sentraal- Suid-Afrika is onderneem om meer uit te vind oor die mense wat na die noorde gewoon het. Smith het Kuruman besoek en tot in Ndebele-gebied gereis, en het die Oori-, Mariqua- en Limpoporivier ondersoek. 'n Aantal sendelinge het aan die ekspedisie deelgeneem, onder andere Robert Moffat. Die eerste volume gaan tot by 9 Mei.

Die Joernaal van Dirk Gysbert van Reenen, 1803

2021-02-15T15:02:39+00:00July 25th, 1937|

Toe die Britse regering die Kaap Kolonie in 1803 teruggee aan Nederland, regeer die Bataafse Republiek vir drie jaar. Kort na sy aankoms in die Kaap in besluit die Goewerneur Janssens en sy kollega om op ‘n verkenningstog van die land te gaan. Hulle vra vir Dirk Gysbert van Reenen om hul te vergesel. Die doel van die reis was om die magsgebied van die Bataafse regering te inspekteer en om konflikte tussen die Hollandse burgers en die inheemse bevolking te besleg. Hierdie publikasie, gebaseer op die reisjoernale geskryf deur Van Reenen tydens bogenoemde reistog, is ‘n offisiële verslag wat feitlike inligting bevat.

Die Joernale van Hendrik Jacob Wikar [1779] ; Jacobus Coetse Jansz [1760] en Willem van Reenen [1791]

2021-02-15T14:17:34+00:00July 25th, 1934|

Hierdie volume bestaan uit joernale van onderskeie verkenningstogte na die Oranjerivier (Gariep): dié van Hendrik Jacob Wikar, wat in 1778 en 1779 die eerste gedokumenteerde Europeër word wat langs die Oranjerivier reis; Jacobus Coetsé Jansz, die eerste Europeër wat die rivier in 1760 oorsteek; en Willem van Reenen wat in 1791 die rivier oorsteek op soek na koper.

Go to Top