Slawerny

The South African Letters of Thomas Pringle

2021-02-23T08:58:46+00:00November 24th, 2011|

Thomas Pringle (1789–1834) word in hierdie land onthou as die ‘vader van die Engelse poësie’, as leier van die enigste Skotse Setlaarsparty in 1820, en as ‘n kampvergter vir die vryheid van die pers. In Kaapstad was hy onder andere, saam met sy vriend John Fairbairn, redakteur van die Kaap se eerste onafhanklike nuusblad, en het ‘n suksesvolle ‘klassieke en kommersiële akademie’ gestig, totdat dit alles tot ‘n einde gebring is deur die vyandigheid van die goewerneur, Lord Charles Somerset. Hy is terug na Engeland waar hy sekretaris van die Anti-Slavery Society was en is op 45 jarige ouderdom oorlede.

Trials of Slavery. Selected Documents Concerning Slaves from the Criminal Records of the Council of Justice at the Cape of Good Hope, 1705-1794

2021-10-29T16:38:45+00:00July 24th, 2005|

Trials of Slavery is ‘n versameling van 87 hofrekords uit die 18de eeu waarin slawe betrokke was. Die dokumente kom uit die argief van die Raad van Justisie aan die Kaap tydens die bewind van die VOC. Hierdie hofrekords bied ‘n blik op slawe as mense van vlees en bloed in stede van ‘n gesiglose en stom massa wat net as objekte van buitestanders se waarnemings geag is. Die transkripsie is in die oorspronklike Nederlands gepubliseer, met ‘n Engelse vertaling.

The Cape Diaries of Lady Anne Barnard 1799-1800; Vol. II

2022-07-17T20:25:10+00:00December 5th, 1999|

Hierdie tweede volume van die Cape diaries handel oor die jaar 1800 en is 'n voortsetting van Lady Anne se ryk en vermaaklike verslag oor die lewe aan die Kaap in die eerste jare van die Britse bewind. Wat die politiek betref, ontbloot die dagboeke die konflikte tussen senior amptenare, nie net in die burgerlike administrasie nie, maar ook tussen die leër en die vloot. Lady Anne se selfstandige denke word weerspieël in haar idees oor 'n verskeidenheid van sake, soos diereregte, binnenshuise versiering en landskap-ontwerp. Sy bied ook waardevolle insigte in die sosiale beperkings waaronder vroue in daardie tyd moes lewe.

The Cape Diaries of Lady Anne Barnard 1799-1800; Vol. I

2022-07-17T20:23:08+00:00July 24th, 1998|

Die Cape Diaries is die private en ongewysigde verslae waarop Lady Anne haar Joernale gebaseer het. Gevolglik bring hulle Lady Anne Anne se ongesensureerde beskouings oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, polities en sosiaal, tot uiting. Die dagboeke is nie alleen insiggewend nie maar ook vermaaklik as gevolg van haar briljante stilistiese vermoëns en haar klaarblyklike genot by die skryf daarvan.

The Cape Journals of Lady Anne Barnard 1797-1798

2022-07-17T20:28:16+00:00July 24th, 1993|

Die joernale van Lady Anne is 'n hersiene weergawe van haar oorspronklike dagboeke, saamgestel vir die aandag van naby familie en vriende. Die bedoeling was nooit dat dit gepubliseer moet word nie. Nogtans is dit van onskatbare waarde vir die lig wat gewerp word op 'the interesting domestic particulars of life in Cape Town', sake wat deur manlike skrywers geïgnoreer is. Verder het haar posisie in die samelewing, as eggenote van die sekretaris van die eerste Britse goewerneur aan die Kaap en laasgenoemde se amptelike gasvrou, haar toegang tot 'n wye verskeidenheid van sosiale klasse en mense verleen.

Briefwisseling van Hendrik Swellengrebel Jr. oor Kaapse Sake 1779-1792

2022-07-17T20:42:02+00:00July 24th, 1982|

Hendrik Swellengrebel Jr (1734-1803) was die seun van Hendrik Swellengrebel wat 'n paar jaar goewerneur aan die Kaap was en nog 'n aansienlike hoeveelheid eiendomme daar besit het. Die jonger Swellengrebel het 'n gemaklike lewe in Nederland gelei, maar het die Kaap in 1776-7 besoek en daarna 'n belangstelling in Kaapse aangeleenthede behou. Hy het betrokke geraak by die rebelse Kaapse Patriotte en het veel gedoen om die ekonomie van die gebied te bevorder. Sy briewe bevat baie inligting oor die sosiale geskiedenis van die Kaap tydens die laaste kwart van die 18e eeu.

Beschryvinge van Kaap der Goede Hoope, met de zaaken daar toe behoorende, door François Valentyn, 1726. Dl. II.

2022-08-16T21:01:23+00:00July 24th, 1973|

This second part of Valentyn's travels continues with the account of his visit in 1702 and a later visit of 1714. It includes a lengthy account of the customs of the Khoi and their language, the fauna to be encountered and the early history of the settlement.

Beschryvinge van Kaap der Goede Hoope, met de zaaken daar toe behoorende, door François Valentyn, 1726. Dl. I.

2022-09-04T10:52:41+00:00July 24th, 1971|

François Valentyn (1666-1727) is as 'n jong predikant na Nederlands-Oos-Indië gestuur. Hy het baie belang gestel in die natuurlewe wat hy in die Molukke en aan die Kaap waargeneem het. Oor 'n tydperk van byna 30 jaar het Valentyn die Kaap verskeie male besoek en die veranderinge opgemerk wat in hierdie tydperk in die jong kolonie plaasgevind het. Hy was 'n geesdriftige waarnemer van feite eerder as 'n ware wetenskaplike, en sy werk wemel van feitelike gegewens. Hierdie volume is die eerste volledig gepubliseerde Engelse vertaling van deel 5 van Valentyn se verslag van die Kaap.

M.D. Teenstra – De vruchten mijner werkzaamheden, gedurende mijne reize over de Kaap de Goede Hoop, naar Java en terug, over St Helena, naar de Nederlanden, 1830

2021-02-23T08:44:46+00:00July 25th, 1943|

M.D. Teenstra was 'n Nederlandse hereboer wat die Kaap in 1825 besoek het. Tydens sy verblyf het hy vir 'n kuur na die Caledon-baddens gegaan en ook Genadendal en Kaap Agulhas besoek; hy het via Franschhoek en Stellenbosch na die Kaap teruggekeer. Sy waarnemings is skerp en volledig en hy het goed gebruik gemaak van die statistieke en ander amptelike inligting wat hy kon bekom. Sy redakteur beskou hom as een van die beste skrywers oor die Kaap uit daardie tyd.

Go to Top