• The Journal of Gustav de Vylder, naturalist in South-Western Africa 1873-1875
    Vertaal uit die oorspronklike Sweeds en geredigeer deur Ione & Jalmar Rudner
    Volume:
    II-28 (1997)
    Print Status:
    In Druk
    Gustav de Vylder,'n Sweedse natuurkundige, het van 1873 tot 1875 deur Namibië gereis en insekte en ander natuur-historiese objekte vir instellings in sy vaderland versamel. Hy het sy reise 'n paar jaar voor die Duitse besetting onderneem, in 'n tyd toe Europese invloed nouliks merkbaar was. De Vylder se joernaal is die verslag van 'n avontuurlike reis, van persoonlike ontmoetings...
    Read More
  • Griqua Records, the Philippolis Captaincy, 1825-1861
    Oorspronklike Teks met 'n Engelse vertaling - Saamgestel, vertaal en geredigeer deur Karel Schoeman
    Volume:
    II-25 (1994)
    Print Status:
    In Druk
    Vroeg in die 19e eeu was daar vier klein, semi-onafhanklike Griekwa-staatjies in die Trans-Oranje, elk geregeer deur sy eie 'Kaptyn'. Hierdie volume bevat 'n versameling van amptelike en semi-amptelike dokumente rakende die Griekwa Kapteinskap in Philippolis van 1826 tot 1861, waarna dit oorgedra is na Griekwaland-Oos. Die dokumente gee 'n omvattende beeld van 'n swak-gedokumenteerde aspek van die geskiedenis van...
    Read More
  • Journal of Residence in Africa, 1842-1853, by Thomas Baines: Vol. II
    Onder redaksie van R.F. Kennedy
    Volume:
    I-45 (1964)
    Print Status:
    Uit Druk
    Vol. II handel oor die Vaalrivier-ekspedisie van 1850, toe Baines deur die Oranje-Vrystaat gereis het en in die Transvaal tot by Potchefstroom. Dit sluit af met die 8ste Grensoorlog van 1850 tot 1851.
    Read More
  • Die Dagboek van H.A.L. Hamelberg [in die Kaap en Oranje-Vrystaat], 1855-71
    Geredigeer met 'n Inleiding deur F.J. du T. Spies; met 'n opsomming in Engels deur N.G. Sabbagha
    Volume:
    I-33 (1952)
    Print Status:
    In Druk
    H.A.L. Hamelberg was 'n Hollander wat die Kaap in 1855 besoek het en ses maande daar gebly het. Vervolgens het hy gereis na Bloemfontein, waar hy ongeveer sewe jaar gebly het. Die joernaal bevat meer besonderhede oor die vroeëre as die latere gebeure.
    Read More