• Words of Batswana: Letters to Mahoko a Becwana, 1883-1896
    Vertaal en geredigeer deur Part T. Mgadla en Stephen C. Volz
    Volume:
    II-37 (2006)
    Print Status:
    In Druk
    Words of Batswana bevat ‘n versameling briewe wat Batswana aan Mahoko a Becwana (News/Words of Batswana), ‘n Setswana-talige koerant wat tussen 1883 en 1896 deur sendelinge van die Londense Sendinggenootskap te Kuruman uitgegee is, geskryf het. Die meeste van die brief-skrywers was lidmate van gemeentes in die huidige provinsies Noord-Kaap en Noordwes.
    Read More
  • The Journal of Gustav de Vylder, naturalist in South-Western Africa 1873-1875
    Vertaal uit die oorspronklike Sweeds en geredigeer deur Ione & Jalmar Rudner
    Volume:
    II-28 (1997)
    Print Status:
    In Druk
    Gustav de Vylder,'n Sweedse natuurkundige, het van 1873 tot 1875 deur Namibië gereis en insekte en ander natuur-historiese objekte vir instellings in sy vaderland versamel. Hy het sy reise 'n paar jaar voor die Duitse besetting onderneem, in 'n tyd toe Europese invloed nouliks merkbaar was. De Vylder se joernaal is die verslag van 'n avontuurlike reis, van persoonlike ontmoetings...
    Read More
  • Johan August Wahlberg: Travel Journals and from letters, South Africa, Namibia and Botswana, 1838-1856
    Geredigeer met inleiding deur Chris Hummel en Adrian Craig
    Volume:
    II-23 (1992)
    Print Status:
    In Druk
    Johan August Wahlberg (1810-1856), 'n Sweedse natuurkundige, het voor die middel van die 19e eeu deur groot dele van suidelike Afrika gereis, onder andere Natal en Namibië, om plante en diere te versamel en na Stockholm te neem. Sy reisjoernale is oor die algemeen bondig, maar sy weergawe van die mense wat hy ontmoet het, is meestal betroubaar en onbevooroordeeld.
    Read More
  • The Commissions of W.C. Palgrave Special Emissary to South West Africa, 1876-1885
    Redigering en voorwoord deur E.L.P. Stals.
    Volume:
    II-21 (1990)
    Print Status:
    In Druk
    William Coates Palgrave (1833-1897) was vir 25 jaar aktief betrokke in Suidwes-Afrika (Namibië) en onderneem 5 opeenvolgende kommissies as Spesiale Kommissaris vir Hereroland en Namaland namens die Kaapse regering na hierdie land. Hierdie volume weerspieël lewe in 'n land wat op die randjie van kolonisasie was deur die offisiële joernale, notules en verslae wat tydens die kommissies opgestel is.
    Read More
  • Travels and Adventures in Southern Africa by George Thompson, 1823-24; Vol. II
    Geredigeer deur Vernon S. Forbes
    Volume:
    I-49 (1968)
    Print Status:
    In Print
    Hierdie tweede volume deur Thompson dek 'n reis na die woongebiede van die Boesmans, die Korannas en die Namakwas, in die Roggeveld en Namakwaland. Die deel sluit af met 'observations on the present condition of the Dutch and English inhabitants' en 'n bespreking van die ekonomiese potensiaal van die Kaapkolonie.
    Read More
  • Travels and Adventures in South Africa by George Thompson, 1823-24; Vol. I
    Geredigeer deur Vernon S. Forbes
    Volume:
    I-48 (1967)
    Print Status:
    Uit Druk
    George Thompson het in 1818 in die Kaap aangekom en het 'n suksesvolle handelaar geword. Hy het met 'n Nederlandse vrou getrou en het vroeg in die 19e eeu wyd in suidelike Afrika gereis. Baie van sy reise was om sy sakebelange onder die 1820-setlaars in die Ooskaap uit te brei. Hy het ook tot by Kuruman gereis en vandaar...
    Read More
  • The Journal of Joseph Tindall, missionary in South-West Africa, 1839-55
    Geredigeer deur B.A. Tindall
    Volume:
    I-40 (1959)
    Print Status:
    In Druk
    Joseph Tindall, 'n Wesleyaanse sendeling, het in Suidwes-Afrika gewerk, aanvanklik onder die mense van Jonker Afrikaner in Damaraland. Sy joernaal bevat baie inligting oor plaaslike gebruike en botsings tussen Damara-groepe. Die teks bevat nie die gebruiklike historiese inleiding nie.
    Read More
  • The Narrative and Journal of Gerald McKiernan in South-West Africa during the years 1847-70
    Geredigeer deur P. Serton
    Volume:
    I-35 (1954)
    Print Status:
    Uit Druk
    Gerald McKiernan was an American trader, operating in South West Africa in the last decade before German colonial rule. The manuscript consists of a narrative of 5 years' travel in Africa, from 1875 to 1879, and a diary which he kept from 1877 to 1879. The author travelled widely, probably reaching well into Angola.
    Read More
  • Journals of Andrew Geddes Bain, trader, explorer, soldier, road engineer and geologist
    Geredigeer deur Margaret Hermina Lister
    Volume:
    I-30 (1949)
    Print Status:
    Uit Druk
    Andrew Geddes Bain is veral bekend as bouer van Kaapse paaie en passe. Sy dagboeke, van 1826 tot in die 1840s, was werkjoernale sowel as verslae van sy ervarings en beskrywings van die mense wat hy tydens sy werk ontmoet het. Hierdie volume sluit die kroniek in van sy reis in 1826 na die Noordkaap.
    Read More
  • Die Joernaal van Carel F. Brink tydens Hendrik Hop se reis na Namaqualand [1761-2] en die Joernaal van die reis van Johannes T Rhenius [1724]
    Transcribed, translated and edited by E.E. Mossop
    Volume:
    I-28 (1947)
    Print Status:
    Uit Druk
    Hendrik Hop was 'n Stellenbosse boer wat 'n pioniersreis na Namakwaland gelei het. Die verslag van die reis is geskryf deur die Kaapse landmeter en kaartemaker, Carel Brink. Saam met hierdie verslag is die kort joernaal opgeneem van die handelsreis van Johannes Rhenius van Berlyn, wat byna 40 jaar voor die reis van Hop plaasgevind het. Van besonder belang hier...
    Read More
  • Die Duminy Dagboeke [with English translation]
    Edited by Prof. J.L.M. Franken
    Volume:
    I-19 (1938)
    Print Status:
    Herdruk en eBook beskikbaar
    Die Duminy-dagboeke bestaan uit die dagboek van Johanna Margareta Duminy (1797), die joernaal van François Duminy oor sy besoek aan die Caledon Baddens en die Bok-rivier (9 November 1810 tot 4 Maart 1811), die joernaal van François Duminy se ekspedisie na Walvisbaai in 1893 en Sebastian Valentyn van Reenen se joernaal van dieselfde ekspedisie. Die tekste is in...
    Read More
  • Die Joernale van Hendrik Jacob Wikar [1779] ; Jacobus Coetse Jansz [1760] en Willem van Reenen [1791]
    Vertalings deur A.W. van der Horst en Dr E.E. Mossop - onder redaksie van Dr E.E. Mossop
    Volume:
    I-15 (1935)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Hierdie volume bestaan uit joernale van onderskeie verkenningstogte na die Oranjerivier (Gariep): dié van Hendrik Jacob Wikar, wat in 1778 en 1779 die eerste gedokumenteerde Europeër word wat langs die Oranjerivier reis; Jacobus Coetsé Jansz, die eerste Europeër wat die rivier in 1760 oorsteek; en Willem van Reenen wat in 1791 die rivier oorsteek op soek na koper.
    Read More
  • Die Dagboek van Hendrik Witbooi, Kaptein van die Witbooi-Hottentotte, 1884-1905
    Saamgestel uit die oorspronklike dokumente in die Regeringsargief, Windhoek. Inleiding deur Gustav Voigts en gepubliseer in samewerking met die SWA Wetenskaplike Vereniging.
    Volume:
    I-9 (1929)
    Print Status:
    Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)
    Hierdie volume bestaan uit ‘n versameling briewe, eerder as ‘n dagboek, wat die bedrywighede van die Nama kaptein Hendrik Witbooi dokumenteer (1884-1905). Hy het in die huidige Namibië oorlog gevoer teen die Herero stamme en later ook teen die Duitse magte. Hy word erken as ‘n uitstekende guerrilla leier
    Read More