-
Edited by Edward HudsonVolume:III-6 (2024)Print Status:In Druk (eBoek beskikbaar)Hierdie bundel van Le Vaillant se 'Travels' gaan voort met die vertelling van sy reis wat in Volume 1 begin is. Dit strek vanaf sy aankoms by Kok se Kraal op die oewer van die Groot Visrivier, waar hy kamp opgeslaan het en van 12 Oktober tot 4 Desember 1782 gebly het. Hierdie verblyf van twee maande was die langste...
-
Translated with an Introduction and Notes by D.J. CulpinVolume:III-3 (2023)Print Status:In Print (eBook available)In 1780 the young Francois Vaillant set out from Holland for the Cape to collect specimens of birds and animals. His account of his travels, which was published widely during the revolutionary period, became an influential piece of writing about South Africa, popular throughout Europe and reflected many Enlightenment attitudes.I t was the first highly critical account of Dutch colonialism...
-
Indoda Ebisithanda ("The Man Who Loved Us") - The Reverend James Laing among the amaXhosa, 1831-1836Edited by Sandra Rowoldt ShellVolume:III-1 (2019)Print Status:In Druk (eBoek beskikbaar)The Reverend James Laing was one of the earliest missionaries of the Glasgow Missionary Society to arrive on the eastern frontier of South Africa in 1831. Like many other missionaries, he kept a daily journal until his death in 1872. This volume consists of the first six years of his journal, a tumultuous period on the Eastern Cape frontier. Laing...
-
Vertaal deur Thea Toussaint van Hove en Michael Wilson. Redigering en voorwoord deur Hazel Crampton, Jeff Peires en Carl Vernon.Volume:II-44 (2013)Print Status:In DrukTeen 1752 het die Nederlandse kolonie aan die Kaap nie verder as Mosselbaai gestrek nie. Die Beutler-ekspedisie beplan en toegerus is deur goewerneur Rijk Tulbagh en het opdrag gekry om ‘n deeglike kennis op te doen van die onbekende binneland. Die leser word nie alleen ingelig oor die flora en fauna van die gebied nie, maar ook oor die mense...
-
Redigering en voorwoord deur Randolph VigneVolume:II-42 (2011)Print Status:In DrukThomas Pringle (1789–1834) word in hierdie land onthou as die ‘vader van die Engelse poësie’, as leier van die enigste Skotse Setlaarsparty in 1820, en as ‘n kampvergter vir die vryheid van die pers. In Kaapstad was hy onder andere, saam met sy vriend John Fairbairn, redakteur van die Kaap se eerste onafhanklike nuusblad, en het ‘n suksesvolle ‘klassieke...
-
Redigering en vertaling deur Jeff Opland en Abner Nyamende met inleiding en notas deur Jeff OplandVolume:II-39 (2008)Print Status:In DrukIsaac Williams Wauchope (1852-1917) was in die laat-19e en vroeg-20ste eeu 'n prominente lid van die Afrika-elite in die Ooskaap. Hy was predikant, politieke aktivis, historikus, digter en uiteindelik, die legendariese held in die Mendi-skeepsramp. Hierdie volume bevat, in Engels en in Xhosa, 'n keuse uit sy geskrifte wat 'n beeld gee van Wauchope se betekenisvolle en stormagtige lewe.
-
Redigering en vertaling deur Ian Glenn in samewerking met Catherine Lauga du Plessis en Ian FarlamVolume:II-38 (2007)Print Status:In DrukIn 1780 het ‘n toe nog jong Francois Vaillant uit Nederland na die Kaap vertrek om voorbeelde van voëls en diere te versamel. Sy verslag oor sy reis is wyd gepubliseer en dit het ‘n invloedryke en gewilde publikasie oor Suid-Afrika dwarsdeur Europa geword. Dit het baie standpunte van die ‘Era van Verligting’ weerspieël en was die eerste verslag met...
-
Uit Duits vertaal deur F.R. Baudert en geredigeer deur T. KeeganVolume:II-35 (2004)Print Status:In DrukDie vier tekste wat in hierdie publikasie opgeneem is, handel oor die minder bekende sendingwerk van die Morawiese Sendinggenootskap in die Oos-Kaap sedert die aanvang daarvan in 1828 tot 1928.
-
Geredigeer deur Randolph VigneVolume:II-22 (1991)Print Status:In DrukDie 15-jarige 'Franse seun' was in 1687 op 'n skip wat aan die Ciskeise kus gestrand het, en het 'n jaar lank by 'n Xhosa-opperhoof ingewoon. Die wêreld van die Hugenote diaspora, die bloeiende handel op die Indiese Oseaan, die Kaap se sleutelposisie in die stryd om mag, en die ontluikende belangstelling van Nederland in 'Terra de Natal' vorm die...
-
Geredigeer met 'n inleiding deur Chris HummelVolume:II-19 (1988)Print Status:In DrukHierdie volume gee 'n gedetailleerde verslag deur Majoor John North Crealock (1837-1895) van die oorlogvoering teen die Xhosas in die laaste fase van die grensoorlog van 1877-8. Crealock was eiewys en onbekwaam, maar sy joernaal gee tog 'n sobere weergawe van die militêre situasie.
-
Geredigeer deur Emeritus Prof. V.S. Forbes en vertaal uit Sweeds deur J and I RudnerVolume:II-17 (1986)Print Status:In DrukCarl Peter Thunberg, 'n Sweed en dissipel van die beroemde botanikus, Linnaeus, was die eerste gegradueerde wat uitgebreid in die Kaapse binneland gereis het. Hy het drie joernale geskryf - oor sy twee reise na die Oos-Kaap tot by die Sondagsrivier en sy reis na die Roggeveld.
-
Geredigeer deur Lucy Bean en Elizabeth B. van Heyningen met 'n inleiding deur Elizabeth B. van HeyningenVolume:II-14 (1983)Print Status:In DrukJane Waterston (1843-1932) het die sendeling, dr James Stewart, na die Oos-Kaap vergesel toe hy prinsipaal by die Lovedale-Inrigting geword het. Daar het sy 'n inrigting vir meisies begin, maar haar eintlike begeerte was om as dokter onder vroue in die binneland van Afrika te werk.
-
Introduction and notes by Edna and Frank BradlowVolume:II-10 (1979)Print Status:Out of printWilliam Somerville, an Edinburgh doctor, accompanied the invading forces of Major-General Craig when the British took the Cape in 1795. He remained at the Cape for some years, accompanying Major-General Dundas to the eastern districts during the height of conflict on the frontier. Subsequently he accompanied an expedition to the Orange River. On both occasions he recorded the cultures...
-
Geredigeer en ingelei deur Prof. Vernon S. Forbes. Vertaal uit die Sweeds deur J. en I. Rudner.Volume:II-7 (1976)Print Status:Uit Druk (Sageband Herdruk en eBoek beskikbaar)Hierdie tweede volume van Sparrman se reise doen verslag van sy besoek aan die Oos-Kaap, insluitende 'n verblyf by Agter Bruintjies Hoogte. Dit bevat kommentaar oor die gebruike van die Khoi van die oostelike distrikte en oor plaaslike flora en fauna.
-
Geredigeer en ingelei deur Prof. Vernon S. Forbes. Vertaal uit die Sweeds deur J. en I. Rudner.Volume:II-6 (1975)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Anders Sparrman (1748-1820), 'n jong Sweedse dokter, is van belang vir sy reise na dele van die Kaap wat min mense destyds geken het. Hierdie eerste volume handel oor sy reis verby Mosselbaai en deur die Langkloof.
-
Uitgegee en toegelig deur Prof. P. Serton, Dr. W.J. de Kock, Maj. R. Raven-Hart. Onder eindredaksie van Dr. E.H. Raidt. Inleiding deur Prof. P. Serton. Engelse vertaling deur Maj. R. Raven-Hart .Volume:II-2 (1971)Print Status:Uit DrukFrançois Valentyn (1666-1727) is as 'n jong predikant na Nederlands-Oos-Indië gestuur. Hy het baie belang gestel in die natuurlewe wat hy in die Molukke en aan die Kaap waargeneem het. Oor 'n tydperk van byna 30 jaar het Valentyn die Kaap verskeie male besoek en die veranderinge opgemerk wat in hierdie tydperk in die jong kolonie plaasgevind het. Hy was...
-
Uitgegee en toegelig met inleiding, voetnote, sketskaarte en verkorte weergawe in Engels deur W.J. de KockVolume:I-46 (1965)Print Status:Uit DrukParavicini di Capelli was 'n artillerie-kaptein tydens die bewind van die Bataafse Republiek en 'n aide-de-camp van die Kaapse goewerneur, Generaal Jan Willem Janssens. Hy het met die goewerneur na die binneland gereis en 'n amptelike sowel as 'n private joernaal gehou.
-
Geredigeer deur D.H. Varley en H.M. MatthewVolume:I-37 (1957 vir 1956)Print Status:In DrukAartsdeken Merriman is in 1848 deur Biskop Robert Gray as Aartsdeken aangestel. Sy opdrag was om die Kerk in die Oos-Kaap uit te brei deur nuwe gemeentes te stig en kerke in die klein statjies te bou. Sy taak was 'to awaken religious instincts long dormant through lack of opportunity' en 'to preach to barbarous people the saving grace of...
-
Saamgestel en geredigeer deur Percival R. KirbyVolume:I-34 (1953)Print Status:In DrukHierdie volume sluit aan by The Wreck of the Grosvenor, in 1927 deur die VRV gepubliseer. Dit bevat verskeie verslae van die stranding; die joernaal van William Hubberly, 'n oorlewende van die stranding; asook Nederlandse materiaal oor die gebeurtenis. Die volume sluit af met 'n volle lys van die skip se bemanning en passasiers.
-
Geredigeer deur Margaret Hermina ListerVolume:I-30 (1949)Print Status:Uit DrukAndrew Geddes Bain is veral bekend as bouer van Kaapse paaie en passe. Sy dagboeke, van 1826 tot in die 1840s, was werkjoernale sowel as verslae van sy ervarings en beskrywings van die mense wat hy tydens sy werk ontmoet het. Hierdie volume sluit die kroniek in van sy reis in 1826 na die Noordkaap.
-
Geredigeer deur Una LongVolume:I-29 (1949 for 1948)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)In die tweede volume van sy joernaal beskryf Goldswain die toenemende spanning tussen wit en swart op die grens, sy ervarings as 'n handelaar, asook sy verhouding met sy eie familie, insluitende hul mediese behandeling. Sy joernaal is met 'n bekoorlike, naïewe openhartigheid geskryf.
-
Geredigeer deur Una LongVolume:I-27 (1946)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Jeremiah Goldswain se joernale, foneties geskryf in sy middel-Engelse dialek, het die belangstelling van taalkundiges sowel as historici gewek. Goldswain, 'n saer van Buckinghamshire, het in 1820 na die Oos-Kaap gekom. Die eerste deel van sy joernaal beskryf die aanvanklike probleme van die setlaars op die grens.
-
Geredigeer deur A.F. HattersleyVolume:I-26 (1945)Print Status:Uit DrukNadat hy twee keer na Australië geëmigreer het, waar hy ervaring opgedoen het in skaapboerdery, het Dobie in 1862 na Natal geëmigreer met die doel om skaapboerdery hier te vestig. Hy het min sukses behaal en het in 1866 na Suid-Amerika verhuis. Sy dagboek beskryf sy pogings tot skaapboerdery en ander ervarings in Natal.
-
Geredigeer deur A. Gordon-BrownVolume:I-22 (1941)Print Status:Uit Druk'n Ongewone verslag, uit die perspektief van 'n gewone soldaat, van die militêre lewe op die Oosgrens. Adams het die verslag in 1884 geskryf, veertig jaar na sy diens in Suid-Afrika. Die redakteur merk op dat 'His improbable tales have proved substantially true on investigation'. Hy het diens gedoen tydens die "War of the Axe", sowel as tydens die...
-
Uitgegee deur wyle prof. dr. W. Blommaert en prof. J.A. Wiid. Met 'n Engelse vertaling deur J.L.M. Franken en Ian M. MurrayVolume:I-18 (1937)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Toe die Britse regering die Kaap Kolonie in 1803 teruggee aan Nederland, regeer die Bataafse Republiek vir drie jaar. Kort na sy aankoms in die Kaap in besluit die Goewerneur Janssens en sy kollega om op ‘n verkenningstog van die land te gaan. Hulle vra vir Dirk Gysbert van Reenen om hul te vergesel. Die doel van die reis was...
-
Uit die oorspronklike Duits vertaal deur Anne Plumptre. London, 1812-15Volume:I-11 (1928-30)Print Status:Uit DrukIn hierdie tweede volume reis Lichtenstein via Graaff Reinet en die Karoo terug na die Kaap. Vervolgens keer hy terug na die distrik Swellendam. Sy laaste reis voer hom na Kuruman, waar hy die Koranna en die Betsjoeana ontmoet
Ooskaapadmin2019-10-14T12:01:44+00:00