-
Redigering en voorwoord deur Randolph VigneVolume:II-42 (2011)Print Status:In DrukThomas Pringle (1789–1834) word in hierdie land onthou as die ‘vader van die Engelse poësie’, as leier van die enigste Skotse Setlaarsparty in 1820, en as ‘n kampvergter vir die vryheid van die pers. In Kaapstad was hy onder andere, saam met sy vriend John Fairbairn, redakteur van die Kaap se eerste onafhanklike nuusblad, en het ‘n suksesvolle ‘klassieke...
-
Geredigeer deur Deryck Schreuder en Jeffrey Butler.Volume:II-33 (2002)Print Status:In DrukGraham Bower se Secret History gee verslag van sy insig tot die binnewerking van die Jameson-inval skandaal. Rhodes het sy plan om die Rhodesiese magte in die Transvaal in te stuur in vertroulikheid aan Bower vertel. Hoewel hy die sekretaris van die Britse Hoë Kommissaris was, het Bower gekies om stil te bly en die rol van sondebok te aanvaar.
-
Geredigeer met Inleiding deur Gerald ShawVolume:II-15 (1984)Print Status:In DrukEdmund Garrett (1865-1907) was redakteur van die Cape Times tussen 1895 en 1899 - die kritieke jare van die Jameson-inval tot by die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Hy was 'n vurige imperialis en het hegte vriendskappe gesluit met Sir Alfred Milner, Goewerneur van die Kaap. Sy briewe aan sy neefs en niggies in Engeland gee 'n intieme en lewendige beeld...
-
Geredigeer deur Lucy Bean en Elizabeth B. van Heyningen met 'n inleiding deur Elizabeth B. van HeyningenVolume:II-14 (1983)Print Status:In DrukJane Waterston (1843-1932) het die sendeling, dr James Stewart, na die Oos-Kaap vergesel toe hy prinsipaal by die Lovedale-Inrigting geword het. Daar het sy 'n inrigting vir meisies begin, maar haar eintlike begeerte was om as dokter onder vroue in die binneland van Afrika te werk.
-
Geredigeer deur Vivian SolomonVolume:II-12 (1981)Print Status:In DrukPercy Molteno (1861-1937) was 'n seun van sir John Molteno, eerste premier van die Kaapkolonie. Hy is opgelei as advokaat en trou met die dogter van sir Donald Currie, die skeepsmagnaat, en gaan werk vir sy skoonpa in Engeland. Hy bly hartstogtelik geïnteresseerd in die politieke lewe van die kolonie en voer 'n omvattende briefwisseling met verskeie vooraanstaande politici en...
-
Geredigeer deur Prof. Harrison M. WrightVolume:II-3 (1972)Print Status:Uit DrukSir James Rose Innes (1855-1942) was een van Suid-Afrika se leidende juriste. Hierdie volume handel oor Rose Innes se politieke loopbaan, aanvanklik as 'n lid van Cecil John Rhodes se eerste ministerie in 1890-1893. Die politieke verdelings deur die Jameson-inval meegebring het Rose Innes teensinnig in die kamp van die lojaliste gebring.
-
Onder redaksie van Phyllis LewsenVolume:I-50 (1969)Print Status:In DrukHierdie laaste volume van Merriman se korrespondensie handel oor Uniewording, insluitend sy sienings oor die maak van die grondwet, en sy tydperk as premier van die Kaapkolonie. Merriman het na Uniewording in die Kaapse parlement aangebly en het 'n rol gespeel in gebeure voor en net na die Eerste Wêreldoorlog.
-
Edited by Phyllis LewsenVolume:I-47 (1966)Print Status:In DrukHierdie derde volume van Selections from the Correspondence of J.X. Merriman dek die Anglo-Boereoorlog, insluitend Merriman se deelname aan die pro-Boer Schreiner-ministerie, en 'n tydperk as lid van die opposisie. In hierdie tyd het hy geveg teen die opheffing van die Kaapse grondwet en vir 'n regverdige bedeling vir die Kaapse rebelle. Die volume sluit af met sy deelname aan...
-
Geredigeer deur Phyllis LewsenVolume:I-44 (1963)Print Status:In DrukHierdie tweede volume van Selections from the Correspondence of J.X. Merriman dek Rhodes se eerste premierskap, met Merriman as Koloniale Tesourier; die periode voor die Anglo-Boereoorlog, insluitende die Jameson-inval; en Merriman se breuk met Rhodes. Dit was tydens hierdie periode dat Merriman pro-Boer geword en 'n alliansie met die Afrikaner-Bond gesluit het.
-
Geredigeer deur Phyllis LewsenVolume:I-41 (1960)Print Status:In DrukJohn X. Merriman, die seun van Aartsdeken Merriman, was een van die briljantste politici aan die Kaap. Sy lang politieke loopbaan het die belangrikste politieke gebeurtenisse van die laat-19e eeu en vroeë 20ste eeu oorspan, en het gekulmineer in sy premierskap net voor die totstandkoming van die Unie in 1910. Polities was Merriman liberaal; hy het nou saamgewerk met Rhodes...
-
Geredigeer deur J.W. Macquarrie.Volume:I-39 (1958)Print Status:In DrukSir Walter Stanford het vir baie jare in die Kaapkolonie se Departement van Naturellesake gedien. Toe hy in 1907 aftree, het hy sy herinneringe begin neerskryf. Hierdie eerste volume vertel van sy jeugjare, sy studie aan die Lovedale Kollege en sy werk in die Departement van Naturellesake gedurende die 1870's.
Ou Kaapse Politiekadmin2019-10-14T12:05:33+00:00