-
Geredigeer en met 'n Inleiding deur Peter AlexanderVolume:II-40 (2009)Print Status:In DrukAlan Paton was 'n geesdriftige briefskrywer wie se briewe byna soos 'n reeks vurige gesprekke is. Die briewe laat blyk sy talent vir vriendskap, sy lewendige persoonlikheid en sy prinsipiële betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse samelewing. Hierdie versameling van 350 briewe wat nie voorheen gepubliseer is nie, maak 'n belangrike deel van sy geskrifte uit.
-
Geredigeer deur Frederick HaleVolume:II-27 (1996)Print Status:In DrukDie Noorweegse Sendinggenootskap het hul eerste permanente sendingstasies noord van die Tugela in die 1840s gestig. Die Zoeloe Lutherse Kerk, wat ontstaan het uit bekerings in die 1860s, het in werklikheid eers na die verowering van Zoeloeland in 1879 ontwikkel. Die Noorweegse sendelinge was strategies geplaas om veranderinge in die Zoeloe kultuur en beskawing waar te neem, en hul briewe...
-
Geredigeer met inleiding deur Chris Hummel en Adrian CraigVolume:II-23 (1992)Print Status:In DrukJohan August Wahlberg (1810-1856), 'n Sweedse natuurkundige, het voor die middel van die 19e eeu deur groot dele van suidelike Afrika gereis, onder andere Natal en Namibië, om plante en diere te versamel en na Stockholm te neem. Sy reisjoernale is oor die algemeen bondig, maar sy weergawe van die mense wat hy ontmoet het, is meestal betroubaar en onbevooroordeeld.
-
Geredigeer deur Lucy Bean en Elizabeth B. van Heyningen met 'n inleiding deur Elizabeth B. van HeyningenVolume:II-14 (1983)Print Status:In DrukJane Waterston (1843-1932) het die sendeling, dr James Stewart, na die Oos-Kaap vergesel toe hy prinsipaal by die Lovedale-Inrigting geword het. Daar het sy 'n inrigting vir meisies begin, maar haar eintlike begeerte was om as dokter onder vroue in die binneland van Afrika te werk.
-
Uitgesoek, geredigeer en van verklarings voorsien deur Percival R. KirbyVolume:I-36 (1955)Print Status:In DrukAndrew Smith, 'n Britse dokter, het in 1832 na Natal gereis, oënskynlik om wetenskaplike redes, maar dit is byna seker dat hy op bevel van bo gehandel het. Die teks sluit 'n verslag van sy besoek aan Dingaan in en notas oor die verskillende stamme wat hy teengekom het; dokumentasie van die Cape Town Merchants uit 1835 en ook enkele...
-
Onder redaksie van D.J. KotzéVolume:I-31 (1951 for 1950)Print Status:Uit DrukAangesien daar baie sendelinge in die Kaapkolonie was, het die Amerikaners aanvanklik op die Matebele in Transvaal gekonsentreer, en ook op Natal. Hul aankoms het saamgeval met die Groot Trek en die uitbreiding van die Boerebevolking na die noorde en die ooste; hulle was dus in 'n goeie posisie om ontwikkelings in die Voortrekker-samelewing waar te neem asook die impak...
-
Geredigeer deur Margaret Hermina ListerVolume:I-30 (1949)Print Status:Uit DrukAndrew Geddes Bain is veral bekend as bouer van Kaapse paaie en passe. Sy dagboeke, van 1826 tot in die 1840s, was werkjoernale sowel as verslae van sy ervarings en beskrywings van die mense wat hy tydens sy werk ontmoet het. Hierdie volume sluit die kroniek in van sy reis in 1826 na die Noordkaap.
-
Geredigeer deur A.F. HattersleyVolume:I-26 (1945)Print Status:Uit DrukNadat hy twee keer na Australië geëmigreer het, waar hy ervaring opgedoen het in skaapboerdery, het Dobie in 1862 na Natal geëmigreer met die doel om skaapboerdery hier te vestig. Hy het min sukses behaal en het in 1866 na Suid-Amerika verhuis. Sy dagboek beskryf sy pogings tot skaapboerdery en ander ervarings in Natal.
-
Geredigeer, met voetnote en 'n biografiese skets deur Louis HerrmanVolume:I-17 (1936)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)In hierdie tweede uitgawe beskryf Isaacs sy tweede reis (1830 – 1832) na Natal en die Zoeloe koninkryk waar Dingaan nou geregeer. Isaacs beskryf die vroeë Europese nedersetting asook die gebruike en kultuur van die Zoeloes.
-
Geredigeer, met voetnote en 'n biografiese skets deur Louis HerrmanVolume:I-16 (1935)Print Status:Uit Druk (Sageband Herdruk en eBoek beskikbaar)Isaacs se joernaal is een van die eerste verslae deur 'n Europeër oor Natal en die koninkryk van die Zoeloes. Die eerste volume begin in 1825, toe Isaacs vir die eerste keer Natal besoek, en die grootste gedeelte van die teks bestaan uit 'n uitvoerige beskrywing van Tsjaka, sy samelewing en kultuur
-
Geredigeer deur Sir George E. CoryVolume:I-7 (1926)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Owen gee beskrywings van die lewe in Dingaan se stat, insluitend 'n verslag van die dood van Retief en sy metgeselle, waarvan hy die enigste blanke getuie was. Vir die eerste maal is sy dagboek hier volledig gepubliseer (uitsluitend die Betsjoeanaland-gedeelte).
-
Beskrywings en briewe deur 'n verskeidenheid skrywers oor die Kaap en Natal (1695-1710). Voorwoord deur C. Graham BothaVolume:I-5 (1922)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Beskrywings van, en briewe oor, die Kaap en Natal tussen 1695 en 1715 deur 'n verskeidenheid van skrywers.
KwaZulu-Nataladmin2019-10-14T11:49:04+00:00