-
Indoda Ebisithanda ("The Man Who Loved Us") - The Reverend James Laing among the amaXhosa, 1831-1836Edited by Sandra Rowoldt ShellVolume:III-1 (2019)Print Status:In Druk (eBoek beskikbaar)The Reverend James Laing was one of the earliest missionaries of the Glasgow Missionary Society to arrive on the eastern frontier of South Africa in 1831. Like many other missionaries, he kept a daily journal until his death in 1872. This volume consists of the first six years of his journal, a tumultuous period on the Eastern Cape frontier. Laing...
-
Redigering en vertaling deur Jeff Opland en Abner Nyamende met inleiding en notas deur Jeff OplandVolume:II-39 (2008)Print Status:In DrukIsaac Williams Wauchope (1852-1917) was in die laat-19e en vroeg-20ste eeu 'n prominente lid van die Afrika-elite in die Ooskaap. Hy was predikant, politieke aktivis, historikus, digter en uiteindelik, die legendariese held in die Mendi-skeepsramp. Hierdie volume bevat, in Engels en in Xhosa, 'n keuse uit sy geskrifte wat 'n beeld gee van Wauchope se betekenisvolle en stormagtige lewe.
-
Vertaal en geredigeer deur Part T. Mgadla en Stephen C. VolzVolume:II-37 (2006)Print Status:In DrukWords of Batswana bevat ‘n versameling briewe wat Batswana aan Mahoko a Becwana (News/Words of Batswana), ‘n Setswana-talige koerant wat tussen 1883 en 1896 deur sendelinge van die Londense Sendinggenootskap te Kuruman uitgegee is, geskryf het. Die meeste van die brief-skrywers was lidmate van gemeentes in die huidige provinsies Noord-Kaap en Noordwes.
-
Vertaal uit die oorspronklike Sweeds en geredigeer deur Ione & Jalmar RudnerVolume:II-28 (1997)Print Status:In DrukGustav de Vylder,'n Sweedse natuurkundige, het van 1873 tot 1875 deur Namibië gereis en insekte en ander natuur-historiese objekte vir instellings in sy vaderland versamel. Hy het sy reise 'n paar jaar voor die Duitse besetting onderneem, in 'n tyd toe Europese invloed nouliks merkbaar was. De Vylder se joernaal is die verslag van 'n avontuurlike reis, van persoonlike ontmoetings...
-
Geredigeer deur Frederick HaleVolume:II-27 (1996)Print Status:In DrukDie Noorweegse Sendinggenootskap het hul eerste permanente sendingstasies noord van die Tugela in die 1840s gestig. Die Zoeloe Lutherse Kerk, wat ontstaan het uit bekerings in die 1860s, het in werklikheid eers na die verowering van Zoeloeland in 1879 ontwikkel. Die Noorweegse sendelinge was strategies geplaas om veranderinge in die Zoeloe kultuur en beskawing waar te neem, en hul briewe...
-
Oorspronklike Teks met 'n Engelse vertaling - Saamgestel, vertaal en geredigeer deur Karel SchoemanVolume:II-25 (1994)Print Status:In DrukVroeg in die 19e eeu was daar vier klein, semi-onafhanklike Griekwa-staatjies in die Trans-Oranje, elk geregeer deur sy eie 'Kaptyn'. Hierdie volume bevat 'n versameling van amptelike en semi-amptelike dokumente rakende die Griekwa Kapteinskap in Philippolis van 1826 tot 1861, waarna dit oorgedra is na Griekwaland-Oos. Die dokumente gee 'n omvattende beeld van 'n swak-gedokumenteerde aspek van die geskiedenis van...
-
Geredigeer met inleiding deur Chris Hummel en Adrian CraigVolume:II-23 (1992)Print Status:In DrukJohan August Wahlberg (1810-1856), 'n Sweedse natuurkundige, het voor die middel van die 19e eeu deur groot dele van suidelike Afrika gereis, onder andere Natal en Namibië, om plante en diere te versamel en na Stockholm te neem. Sy reisjoernale is oor die algemeen bondig, maar sy weergawe van die mense wat hy ontmoet het, is meestal betroubaar en onbevooroordeeld.
-
Geredigeer deur Randolph VigneVolume:II-22 (1991)Print Status:In DrukDie 15-jarige 'Franse seun' was in 1687 op 'n skip wat aan die Ciskeise kus gestrand het, en het 'n jaar lank by 'n Xhosa-opperhoof ingewoon. Die wêreld van die Hugenote diaspora, die bloeiende handel op die Indiese Oseaan, die Kaap se sleutelposisie in die stryd om mag, en die ontluikende belangstelling van Nederland in 'Terra de Natal' vorm die...
-
Redigering en voorwoord deur E.L.P. Stals.Volume:II-21 (1990)Print Status:In DrukWilliam Coates Palgrave (1833-1897) was vir 25 jaar aktief betrokke in Suidwes-Afrika (Namibië) en onderneem 5 opeenvolgende kommissies as Spesiale Kommissaris vir Hereroland en Namaland namens die Kaapse regering na hierdie land. Hierdie volume weerspieël lewe in 'n land wat op die randjie van kolonisasie was deur die offisiële joernale, notules en verslae wat tydens die kommissies opgestel is.
-
Geredigeer met 'n inleiding deur Chris HummelVolume:II-19 (1988)Print Status:In DrukHierdie volume gee 'n gedetailleerde verslag deur Majoor John North Crealock (1837-1895) van die oorlogvoering teen die Xhosas in die laaste fase van die grensoorlog van 1877-8. Crealock was eiewys en onbekwaam, maar sy joernaal gee tog 'n sobere weergawe van die militêre situasie.
-
Geredigeer deur Emeritus Prof. V.S. Forbes en vertaal uit Sweeds deur J and I RudnerVolume:II-17 (1986)Print Status:In DrukCarl Peter Thunberg, 'n Sweed en dissipel van die beroemde botanikus, Linnaeus, was die eerste gegradueerde wat uitgebreid in die Kaapse binneland gereis het. Hy het drie joernale geskryf - oor sy twee reise na die Oos-Kaap tot by die Sondagsrivier en sy reis na die Roggeveld.
-
Geredigeer deur Lucy Bean en Elizabeth B. van Heyningen met 'n inleiding deur Elizabeth B. van HeyningenVolume:II-14 (1983)Print Status:In DrukJane Waterston (1843-1932) het die sendeling, dr James Stewart, na die Oos-Kaap vergesel toe hy prinsipaal by die Lovedale-Inrigting geword het. Daar het sy 'n inrigting vir meisies begin, maar haar eintlike begeerte was om as dokter onder vroue in die binneland van Afrika te werk.
-
Introduction and notes by Edna and Frank BradlowVolume:II-10 (1979)Print Status:Out of printWilliam Somerville, an Edinburgh doctor, accompanied the invading forces of Major-General Craig when the British took the Cape in 1795. He remained at the Cape for some years, accompanying Major-General Dundas to the eastern districts during the height of conflict on the frontier. Subsequently he accompanied an expedition to the Orange River. On both occasions he recorded the cultures...
-
Inleiding en notas deur A.M. Lewin RobinsonVolume:II-9 (1978)Print Status:In DrukDie "Cape Monthly Magazine" was die bekendste van die 19e-eeuse Kaapse tydskrifte. Met Professor Roderick Noble van die South African College en Alfred Whaley Cole as redakteurs, het dit bydraes van leidende Kaapse intellektuele ontvang. Hierdie keuse uit die bydraes handel oor reise en historiese herinneringe, en sluit artikels in deur dr W.G. Atherstone, Charles Brownlee en Robert Godlonton.
-
Geredigeer en ingelei deur Prof. Vernon S. Forbes. Vertaal uit die Sweeds deur J. en I. Rudner.Volume:II-7 (1976)Print Status:Uit Druk (Sageband Herdruk en eBoek beskikbaar)Hierdie tweede volume van Sparrman se reise doen verslag van sy besoek aan die Oos-Kaap, insluitende 'n verblyf by Agter Bruintjies Hoogte. Dit bevat kommentaar oor die gebruike van die Khoi van die oostelike distrikte en oor plaaslike flora en fauna.
-
Geredigeer en ingelei deur Prof. Vernon S. Forbes. Vertaal uit die Sweeds deur J. en I. Rudner.Volume:II-6 (1975)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Anders Sparrman (1748-1820), 'n jong Sweedse dokter, is van belang vir sy reise na dele van die Kaap wat min mense destyds geken het. Hierdie eerste volume handel oor sy reis verby Mosselbaai en deur die Langkloof.
-
Geredigeer deur I. SchaperaVolume:II-5 (1974)Print Status:Uit DrukHierdie volume van Livingstone se geskrifte, geskryf voor sy reise, handel hoofsaaklik oor Suid-Afrikaanse sendeling-kwessies en rasse-aangeleenthede; dit bevat ook kommentaar oor handelaars. Sy bittere vooroordeel teenoor die Boere word geopenbaar, en ook sy botsings met ander sendelinge; nogtans is sy insigte in plaaslike samelewings insiggewend.
-
Edited by Dr. E. H. Raidt with English Translation by Maj. R. Raven-HartVolume:II-4 (1973)Print Status:Out of printThis second part of Valentyn's travels continues with the account of his visit in 1702 and a later visit of 1714. It includes a lengthy account of the customs of the Khoi and their language, the fauna to be encountered and the early history of the settlement.
-
Geredigeer deur Vernon S. ForbesVolume:I-49 (1968)Print Status:In PrintHierdie tweede volume deur Thompson dek 'n reis na die woongebiede van die Boesmans, die Korannas en die Namakwas, in die Roggeveld en Namakwaland. Die deel sluit af met 'observations on the present condition of the Dutch and English inhabitants' en 'n bespreking van die ekonomiese potensiaal van die Kaapkolonie.
-
Geredigeer deur Vernon S. ForbesVolume:I-48 (1967)Print Status:Uit DrukGeorge Thompson het in 1818 in die Kaap aangekom en het 'n suksesvolle handelaar geword. Hy het met 'n Nederlandse vrou getrou en het vroeg in die 19e eeu wyd in suidelike Afrika gereis. Baie van sy reise was om sy sakebelange onder die 1820-setlaars in die Ooskaap uit te brei. Hy het ook tot by Kuruman gereis en vandaar...
-
Uitgegee en toegelig met inleiding, voetnote, sketskaarte en verkorte weergawe in Engels deur W.J. de KockVolume:I-46 (1965)Print Status:Uit DrukParavicini di Capelli was 'n artillerie-kaptein tydens die bewind van die Bataafse Republiek en 'n aide-de-camp van die Kaapse goewerneur, Generaal Jan Willem Janssens. Hy het met die goewerneur na die binneland gereis en 'n amptelike sowel as 'n private joernaal gehou.
-
Onder redaksie van J.W. Macquarrie.Volume:I-43 (1962)Print Status:In DrukStanford se tweede volume handel oor sy lewe as hoofmagistraat in Pondoland tot met anneksasie; die impak van die Anglo-Boereoorlog; die stigting van Ndabeni, Kaapstad se eerste lokasie; en die Naturellesake-Kommissie van 1904.
-
Geredigeer deur B.A. TindallVolume:I-40 (1959)Print Status:In DrukJoseph Tindall, 'n Wesleyaanse sendeling, het in Suidwes-Afrika gewerk, aanvanklik onder die mense van Jonker Afrikaner in Damaraland. Sy joernaal bevat baie inligting oor plaaslike gebruike en botsings tussen Damara-groepe. Die teks bevat nie die gebruiklike historiese inleiding nie.
-
Geredigeer deur J.W. Macquarrie.Volume:I-39 (1958)Print Status:In DrukSir Walter Stanford het vir baie jare in die Kaapkolonie se Departement van Naturellesake gedien. Toe hy in 1907 aftree, het hy sy herinneringe begin neerskryf. Hierdie eerste volume vertel van sy jeugjare, sy studie aan die Lovedale Kollege en sy werk in die Departement van Naturellesake gedurende die 1870's.
-
In Afrikaans vertaal uit die oorspronklike Duits deur J.F.W. Grosskopf en geredigeer deur G.P.J. Trümpelmann; met 'n Engelse opsomming deur A. RavenscroftVolume:I-38 (1957)Print Status:In DrukDr Theodor Wangemann was 'n direkteur van die Berlynse Sendinggenootskap en het in 1866 na Suid-Afrika gekom om sendingstasies dwarsdeur die land te besoek. Hierdie werk, een van verskeie wat Wangemann geskryf het en 'n tipiese voorbeeld van die negentiende-eeuse Duitse sendingliteratuur, beskryf sendingwerk in die distrik Lydenburg in Noord-Transvaal
-
Geredigeer deur D.H. Varley en H.M. MatthewVolume:I-37 (1957 vir 1956)Print Status:In DrukAartsdeken Merriman is in 1848 deur Biskop Robert Gray as Aartsdeken aangestel. Sy opdrag was om die Kerk in die Oos-Kaap uit te brei deur nuwe gemeentes te stig en kerke in die klein statjies te bou. Sy taak was 'to awaken religious instincts long dormant through lack of opportunity' en 'to preach to barbarous people the saving grace of...
-
Uitgesoek, geredigeer en van verklarings voorsien deur Percival R. KirbyVolume:I-36 (1955)Print Status:In DrukAndrew Smith, 'n Britse dokter, het in 1832 na Natal gereis, oënskynlik om wetenskaplike redes, maar dit is byna seker dat hy op bevel van bo gehandel het. Die teks sluit 'n verslag van sy besoek aan Dingaan in en notas oor die verskillende stamme wat hy teengekom het; dokumentasie van die Cape Town Merchants uit 1835 en ook enkele...
-
Geredigeer deur P. SertonVolume:I-35 (1954)Print Status:Uit DrukGerald McKiernan was an American trader, operating in South West Africa in the last decade before German colonial rule. The manuscript consists of a narrative of 5 years' travel in Africa, from 1875 to 1879, and a diary which he kept from 1877 to 1879. The author travelled widely, probably reaching well into Angola.
-
Saamgestel en geredigeer deur Percival R. KirbyVolume:I-34 (1953)Print Status:In DrukHierdie volume sluit aan by The Wreck of the Grosvenor, in 1927 deur die VRV gepubliseer. Dit bevat verskeie verslae van die stranding; die joernaal van William Hubberly, 'n oorlewende van die stranding; asook Nederlandse materiaal oor die gebeurtenis. Die volume sluit af met 'n volle lys van die skip se bemanning en passasiers.
-
Onder redaksie van D.J. KotzéVolume:I-31 (1951 for 1950)Print Status:Uit DrukAangesien daar baie sendelinge in die Kaapkolonie was, het die Amerikaners aanvanklik op die Matebele in Transvaal gekonsentreer, en ook op Natal. Hul aankoms het saamgeval met die Groot Trek en die uitbreiding van die Boerebevolking na die noorde en die ooste; hulle was dus in 'n goeie posisie om ontwikkelings in die Voortrekker-samelewing waar te neem asook die impak...
-
Geredigeer deur Una LongVolume:I-27 (1946)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Jeremiah Goldswain se joernale, foneties geskryf in sy middel-Engelse dialek, het die belangstelling van taalkundiges sowel as historici gewek. Goldswain, 'n saer van Buckinghamshire, het in 1820 na die Oos-Kaap gekom. Die eerste deel van sy joernaal beskryf die aanvanklike probleme van die setlaars op die grens.
-
Uit die Duits vertaal deur G.V. Marais en J. Hoge; hersien en geredigeer deur H.J. MandelbroteVolume:I-25 (1944)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)In hierdie derde volume van Mentzel se weergawe van die lewe aan die Kaap skryf hy oor sy reis na die binneland, na Stellenbosch en Swellendam. Hy lewer kommentaar oor landbou en wynbou sowel as oor jag. Die laaste hoofstukke handel oor die Khoi.
-
Geredigeer deur A. Gordon-BrownVolume:I-22 (1941)Print Status:Uit Druk'n Ongewone verslag, uit die perspektief van 'n gewone soldaat, van die militêre lewe op die Oosgrens. Adams het die verslag in 1884 geskryf, veertig jaar na sy diens in Suid-Afrika. Die redakteur merk op dat 'His improbable tales have proved substantially true on investigation'. Hy het diens gedoen tydens die "War of the Axe", sowel as tydens die...
-
Geredigeer deur Percival R. KirbyVolume:I-21 (1940)Print Status:Herdruk en eBook beskikbaarDie tweede volume van Smith se dagboek begin met die beskrywing van die sosiale lewe van die Barolong. Die geselskap het deur die noordelike Kaap tot in Mafikeng gereis en vandaar na Mosega. Vervolgens het hulle ooswaarts getrek en daarna na Kaapstad teruggekeer, via Mzilikazi, vir wie hulle die tweede keer besoek het. Die dagboek bevat uitgebreide inligting oor...
-
Geredigeer deur Percival R. KirbyVolume:I-20 (1939)Print Status:Herdruk en eBoek beskikbaarAndrew Smith, 'n weermagdokter, het in 1820 na die Kaap gekom en tot 1837 daar gebly. Die ekspedisie na Sentraal- Suid-Afrika is onderneem om meer uit te vind oor die mense wat na die noorde gewoon het. Smith het Kuruman besoek en tot in Ndebele-gebied gereis, en het die Oori-, Mariqua- en Limpoporivier ondersoek. 'n Aantal sendelinge het aan die...
-
Uitgegee deur wyle prof. dr. W. Blommaert en prof. J.A. Wiid. Met 'n Engelse vertaling deur J.L.M. Franken en Ian M. MurrayVolume:I-18 (1937)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Toe die Britse regering die Kaap Kolonie in 1803 teruggee aan Nederland, regeer die Bataafse Republiek vir drie jaar. Kort na sy aankoms in die Kaap in besluit die Goewerneur Janssens en sy kollega om op ‘n verkenningstog van die land te gaan. Hulle vra vir Dirk Gysbert van Reenen om hul te vergesel. Die doel van die reis was...
-
Geredigeer, met voetnote en 'n biografiese skets deur Louis HerrmanVolume:I-17 (1936)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)In hierdie tweede uitgawe beskryf Isaacs sy tweede reis (1830 – 1832) na Natal en die Zoeloe koninkryk waar Dingaan nou geregeer. Isaacs beskryf die vroeë Europese nedersetting asook die gebruike en kultuur van die Zoeloes.
-
Geredigeer, met voetnote en 'n biografiese skets deur Louis HerrmanVolume:I-16 (1935)Print Status:Uit Druk (Sageband Herdruk en eBoek beskikbaar)Isaacs se joernaal is een van die eerste verslae deur 'n Europeër oor Natal en die koninkryk van die Zoeloes. Die eerste volume begin in 1825, toe Isaacs vir die eerste keer Natal besoek, en die grootste gedeelte van die teks bestaan uit 'n uitvoerige beskrywing van Tsjaka, sy samelewing en kultuur
-
Vertalings deur A.W. van der Horst en Dr E.E. Mossop - onder redaksie van Dr E.E. MossopVolume:I-15 (1935)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Hierdie volume bestaan uit joernale van onderskeie verkenningstogte na die Oranjerivier (Gariep): dié van Hendrik Jacob Wikar, wat in 1778 en 1779 die eerste gedokumenteerde Europeër word wat langs die Oranjerivier reis; Jacobus Coetsé Jansz, die eerste Europeër wat die rivier in 1760 oorsteek; en Willem van Reenen wat in 1791 die rivier oorsteek op soek na koper.
-
Die oorspronklike Teks, met Engelse vertalings deur I. Schapera en B. Farrington - onder redaksie van I SchaperaVolume:I-14 (1933)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Die drie verslae wat in hierdie publikasie weergegee word, is van die mees gevierde van die vroeë beskrywings van die plaaslike Khoisan gemeenskappe. Dapper , Ten Rhyne , en Grevenbroek , gee ‘n redelike nuttige en vol verslag van die stam-verdelings, fisieke eienskappe, kleredrag, wapens, en die algemene leefstyl van hierdie inboorlinge.
-
Getranskribeer en in Engels vertaal, geredigeer met 'n voorwoord en voetnotas deur dr E.E. MossopVolume:I-12 (1931)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Hierdie publikasie bevat twee joernale wat twee van Olof Bergh se reise soos onderneem in 1682 en 1683 langs die Weskus tot in Namakwaland beskryf. Ingesluit is die joernaal van Isaq Schrijver wat ooswaarts gereis het om met die Inqua Hottentote beeste te ruil. Sy reis deur die Groot Karoo vind plaas in 1689 en strek so ver as Camdeboo....
-
Uit die oorspronklike Duits vertaal deur Anne Plumptre. London, 1812-15Volume:I-11 (1928-30)Print Status:Uit DrukIn hierdie tweede volume reis Lichtenstein via Graaff Reinet en die Karoo terug na die Kaap. Vervolgens keer hy terug na die distrik Swellendam. Sy laaste reis voer hom na Kuruman, waar hy die Koranna en die Betsjoeana ontmoet
-
Saamgestel uit die oorspronklike dokumente in die Regeringsargief, Windhoek. Inleiding deur Gustav Voigts en gepubliseer in samewerking met die SWA Wetenskaplike Vereniging.Volume:I-9 (1929)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Hierdie volume bestaan uit ‘n versameling briewe, eerder as ‘n dagboek, wat die bedrywighede van die Nama kaptein Hendrik Witbooi dokumenteer (1884-1905). Hy het in die huidige Namibië oorlog gevoer teen die Herero stamme en later ook teen die Duitse magte. Hy word erken as ‘n uitstekende guerrilla leier
-
'n Verhaal van die stranding deur John Hynes, 'n oorlewende, geskryf deur George Carter in 1791 en 'n letterlike vertaling van die joernaal van Jacob van Reenen oor die soektog na die wrak en enige oorlewendes deur Kapt. Edward Riou 1792.Volume:I-8 (1927)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Die publikasie handel oor die verhaal van die stranding van die Grosvenor aan die kus van 'Kaffrarië' in 1782, gebaseer op die oorvertelling van John Hynes, een van die oorlewendes, asook die Joernaal deur Jacob van Reenen, geskryf tydens 'n soektog na die skeepswrak en enige oorlewendes.
-
Geredigeer deur Sir George E. CoryVolume:I-7 (1926)Print Status:Uit Druk (Sagteband Herdruk en eBoek beskikbaar)Owen gee beskrywings van die lewe in Dingaan se stat, insluitend 'n verslag van die dood van Retief en sy metgeselle, waarvan hy die enigste blanke getuie was. Vir die eerste maal is sy dagboek hier volledig gepubliseer (uitsluitend die Betsjoeanaland-gedeelte).
Inheemse bevolkings van Suider-Afrikaadmin2019-10-14T11:56:05+00:00